Jakobus 2:1-26

2  My broers, julle hou nie by die geloof van ons Here Jesus Christus, ons heerlikheid,+ met voortrekkery nie,+ of hoe?  Want as ’n man met goue ringe aan sy vingers en in pragtige klere in julle vergadering inkom,+ maar daar ook ’n arme in vuil klere inkom,+  en julle die een wat die pragtige klere dra, gunstig aansien+ en sê: “Kom sit u hier op ’n goeie plek”, en julle vir die arme sê: “Bly jy staan”, of: “Gaan sit daar onder my voetbank”,  het julle klasseverskille onder julle+ en het julle regters geword+ wat goddelose beslissings gee,+ nie waar nie?  Luister, my geliefde broers. God het diegene wat arm is+ ten opsigte van die wêreld, uitgekies om ryk+ in geloof en erfgename van die koninkryk te wees wat hy beloof het aan dié wat hom liefhet,+ nie waar nie?  Maar julle het die arme oneer aangedoen. Dit is die rykes wat julle onderdruk+ en julle voor geregshowe sleep,+ nie waar nie?  Hulle laster+ die voortreflike naam wat oor julle uitgeroep is,+ nie waar nie?  As julle dan nou voortdurend die koninklike wet+ volbring ooreenkomstig die Skrifgedeelte: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself”,+ doen julle heel goed.  Maar as julle aanhou om sommige voor te trek,+ bedryf julle ’n sonde, want julle word deur die wet as oortreders tereggewys.+ 10  Want wie die hele Wet onderhou maar in een punt ’n misstap begaan, hy het ’n oortreder van hulle almal geword.+ 11  Want hy wat gesê het: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie”,+ het ook gesê: “Jy mag nie moord pleeg nie.”+ As jy nou nie egbreuk pleeg nie maar wel moord, het jy ’n oortreder van die wet geword. 12  Hou aan om só te spreek en hou aan om só te doen soos diegene wat deur die wet van ’n vry volk geoordeel gaan word.+ 13  Want wie nie barmhartigheid beoefen nie, sal sy oordeel sonder barmhartigheid kry.+ Barmhartigheid verbly hom triomfantlik oor die oordeel. 14  Watter nut het dit, my broers, as iemand sê dat hy geloof het,+ maar hy het nie werke nie?+ Daardie geloof kan hom tog nie red nie, of hoe?+ 15  As ’n broer of ’n suster in ’n naakte toestand is en die nodige voedsel vir die dag kortkom+ 16  en een van julle nogtans vir hulle sê: “Gaan in vrede, bly warm en goed gevoed”, maar julle gee hulle nie die nodige vir hulle liggaam nie, watter nut het dit?+ 17  So is ook geloof, as dit nie werke het nie,+ op sigself dood. 18  Nietemin sal iemand sê: “Jy het geloof, en ek het werke. Toon my jou geloof sonder die werke, en ek sal jou my geloof deur my werke toon.”+ 19  Jy glo dat daar een God is?+ Jy doen heel goed. En tog glo die demone en sidder.+ 20  Maar wil jy weet, o leë mens, dat geloof sonder werke onaktief is? 21  Is Abraham, ons vader,+ nie regverdig verklaar deur werke nadat hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?+ 22  Jy sien dat sy geloof met sy werke saamgewerk het en dat sy geloof deur sy werke tot volmaaktheid gebring is,+ 23  en die Skrifgedeelte is vervul wat sê: “Abraham het geloof in Jehovah gestel, en dit is hom as regverdigheid toegereken”,+ en hy is “Jehovah se vriend”+ genoem. 24  Julle sien dat ’n mens regverdig verklaar sal word+ deur werke+ en nie deur geloof alleen nie.+ 25  Is Ragab,+ die hoer, nie ook net so deur werke regverdig verklaar nadat sy die boodskappers gasvry ontvang en hulle met ’n ander pad weggestuur het nie?+ 26  Ja, soos die liggaam sonder gees dood is,+ so is ook geloof sonder werke dood.+

Voetnote