Jakobus 3:1-18

3  Nie baie van julle moet onderrigters word nie,+ my broers, aangesien julle weet dat ons ’n swaarder oordeel sal ontvang.+  Want ons almal struikel dikwels.+ As iemand in woord nie struikel nie,+ is hy ’n volmaakte man,+ in staat om ook sy hele liggaam in toom te hou.  As ons tooms+ in die bekke van perde sit sodat hulle ons sal gehoorsaam,+ beheer ons ook hulle hele liggaam.  Kyk! Selfs bote, hoewel hulle so groot is en deur sterk winde voortgedryf word, word deur ’n baie klein roer gestuur+ net waarheen die stuurman wil.  So ook is die tong ’n klein lid, en tog praat hy baie groot.+ Kyk! Wat ’n klein vuurtjie is nodig om so ’n groot bos aan die brand te steek!  Wel, die tong is ’n vuur.+ Die tong maak ’n wêreld van onregverdigheid onder ons lede uit, want dit bevlek die hele liggaam+ en steek die wiel van die natuurlike lewe aan die brand en dit word deur Gehenʹna aan die brand gesteek.  Want elke soort wilde dier sowel as voël en kruipende dier en seedier word getem en is al getem deur die mensdom.+  Maar die tong kan geen mens tem nie. Dit is ’n onbedwingbare skadelike ding, vol dodelike gif.+  Daarmee loof ons Jehovah,+ ja, die Vader,+ en tog vervloek+ ons daarmee mense wat “na die gelykenis van God”+ in aansyn gekom het. 10  Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking voort. Dit is nie gepas, my broers, dat hierdie dinge so aanhou gebeur nie.+ 11  ’n Fontein+ laat tog nie die soete en die bittere uit dieselfde oog uitborrel nie, of hoe? 12  My broers, ’n vyeboom kan tog nie olywe voortbring of ’n wingerdstok vye nie, of hoe?+ Net so min kan sout water soet water voortbring. 13  Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie gedrag sy werke toon+ met ’n sagmoedigheid wat by wysheid behoort. 14  Maar as julle bittere jaloesie+ en twisgierigheid+ in julle hart het, moet julle nie grootpraat+ en lieg teen die waarheid nie.+ 15  Dít is nie die wysheid wat van bo neerdaal nie,+ maar is die aardse,+ dierlike, demoniese.+ 16  Want waar daar jaloesie+ en twisgierigheid is, daar is wanorde en allerhande veragtelike dinge.+ 17  Maar die wysheid+ van bo is allereers kuis,+ dan vredeliewend,+ redelik,+ bereid om te gehoorsaam, vol barmhartigheid en goeie vrugte,+ maak nie partydige onderskeid nie,+ is nie huigelagtig nie.+ 18  En die saad van die vrug+ van regverdigheid+ word onder vreedsame+ toestande gesaai vir diegene wat vrede maak.+

Voetnote