Jakobus 4:1-17

4  Uit watter bron kom daar oorloë en uit watter bron kom daar bakleiery onder julle? Kom dit nie uit hierdie bron nie,+ naamlik uit julle begeertes na sinsgenot wat ’n stryd in julle lede voer?+  Julle begeer, en tog het julle nie. Julle hou aan om moord te pleeg+ en hebsugtig te begeer,+ en tog kan julle nie verkry nie. Julle hou aan om te baklei+ en oorlog te voer. Julle het nie omdat julle nie vra nie.  Julle vra, en tog ontvang julle nie, want julle vra met ’n verkeerde doel,+ om dit aan julle begeertes na sinsgenot te bestee.+  Egbreeksters,+ weet julle nie dat die vriendskap met die wêreld vyandskap met God is nie?+ Elkeen dan wat ’n vriend+ van die wêreld wil wees, maak homself ’n vyand van God.+  Of meen julle dat die Skrifgedeelte verniet sê: “Dit is met ’n neiging tot afguns dat die gees+ wat hom in ons gevestig het, bly verlang”?  Die onverdiende goedhartigheid wat hy gee, is egter groter.+ Daarom sê dit: “God staan die hoogmoediges teë,+ maar hy gee onverdiende goedhartigheid aan die nederiges.”+  Onderwerp julle+ dan aan God; maar staan die Duiwel teë,+ en hy sal van julle af wegvlug.+  Kom nader aan God, en hy sal nader aan julle kom.+ Reinig julle hande, julle sondaars,+ en suiwer julle harte,+ julle besluiteloses.+  Gee toe aan ellende en treur en huil.+ Laat julle gelag in verdriet verander word en julle vreugde in terneergedruktheid.+ 10  Verneder julle in die oë van Jehovah,+ en hy sal julle verhef.+ 11  Hou op om teen mekaar te praat, broers.+ Hy wat teen ’n broer praat of sy broer oordeel,+ praat teen die wet en oordeel die wet. As jy nou die wet oordeel, is jy nie ’n dader van die wet nie, maar ’n regter.+ 12  Een is wetgewer en regter,+ hy wat kan red en vernietig.+ Maar jy, wie is jy om jou naaste te oordeel?+ 13  Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié stad reis en ’n jaar daar deurbring, en ons sal sake doen en wins maak”,+ 14  terwyl julle nie weet wat julle lewe môre sal wees nie.+ Want julle is ’n mis wat vir ’n klein rukkie verskyn en dan verdwyn.+ 15  Julle behoort eerder te sê: “As Jehovah wil,+ sal ons lewe en ook dit of dat doen.”+ 16  Maar nou beroem julle julle op julle aanmatigende grootpratery.+ Al sulke geroem is goddeloos. 17  As iemand dan weet hoe om te doen wat reg is en dit tog nie doen nie,+ is dit vir hom ’n sonde.+

Voetnote