Jakobus 5:1-20

5  Kom nou, julle rykes,+ huil en weeklaag oor julle ellendes wat oor julle kom.+  Julle rykdom het verrot, en julle boklere is deur motte gevreet.+  Julle goud en silwer het weggeroes, en hulle roes sal as ’n getuienis teen julle wees en sal julle vlesige dele verteer. Julle het iets soos vuur+ in die laaste dae+ opgegaar.+  Kyk! Die loon wat die werkers toekom wat julle lande geoes het maar wat deur julle teruggehou word,+ hou aan om uit te roep,+ en die hulpkrete+ van dié wat oes, het tot in die ore+ van Jehovah van die leërs gekom.  Julle het in weelde op die aarde gelewe en het julle aan sinsgenot oorgegee.+ Julle het julle harte vet gevoer op die slagdag.+  Julle het die regverdige veroordeel, julle het hom vermoor. Staan hy julle nie teë nie?+  Beoefen dan geduld, broers, tot die teenwoordigheid+ van die Here. Kyk! Die boer wag vir die kosbare vrug van die aarde en beoefen geduld ten opsigte daarvan totdat hy die vroeë reën en die laat reën kry.+  Julle moet ook geduld beoefen;+ maak julle harte standvastig, want die teenwoordigheid van die Here het naby gekom.+  Moenie teen mekaar sug nie, broers, sodat julle nie geoordeel word nie.+ Kyk! Die Regter staan voor die deur.+ 10  Broers, neem die profete,+ wat in die naam van Jehovah gespreek het,+ as ’n voorbeeld+ van die lyding van kwaad+ en die beoefening van geduld.+ 11  Kyk! Ons noem dié wat volhard het gelukkig.+ Julle het gehoor van die volharding van Job+ en het gesien hoe Jehovah dit laat afloop het,+ dat Jehovah baie teer in geneentheid en barmhartig is.+ 12  Maar bo alles, my broers, hou op om te sweer, ja, hetsy by die hemel of by die aarde of enige ander eed.+ Maar laat julle Ja, Ja beteken, en julle Nee, Nee, sodat julle nie onder ’n oordeel val nie.+ 13  Ly iemand onder julle kwaad? Laat hom aanhou bid.+ Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing.+ 14  Is iemand onder julle siek?+ Laat hom die ouer manne van die gemeente na hom toe roep,+ en laat hulle oor hom bid en hom in die naam van Jehovah met olie salf.+ 15  En die gebed van geloof sal die een wat ongesteld is, gesond maak,+ en Jehovah sal hom oprig.+ Ook as hy sondes gepleeg het, sal dit hom vergewe word.+ 16  Bely+ dus julle sondes openlik aan mekaar en bid vir mekaar, sodat julle genees kan word.+ Die smeking van ’n regverdige het groot krag wanneer dit aan die werk is.+ 17  Eliʹa was ’n mens met gevoelens soos ons s’n,+ en tog het hy in gebed gebid dat dit nie moet reën nie;+ en dit het drie jaar en ses maande lank nie in die land gereën nie. 18  En hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die land het sy vrug voortgebring.+ 19  My broers, as iemand onder julle deur misleiding van die waarheid afgebring word en ’n ander laat hom terugdraai,+ 20  weet dan dat hy wat ’n sondaar van die dwaling+ van sy weg laat terugdraai, sy siel van die dood sal red+ en ’n menigte sondes sal bedek.+

Voetnote