Jeremia 1:1-19

1  Die woorde van Jeremia,+ die seun van Hilkiʹa, een van die priesters wat in Aʹnatot+ in die land van Benjamin+ was;  tot wie die woord van Jehovah gekom het in die dae van Josiʹa,+ die seun van Amon,+ die koning van Juda, in die dertiende jaar van sy regering.+  En dit het steeds gekom in die dae van Joʹjakim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, tot die einde van die elfde jaar van Sedekiʹa,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, totdat Jerusalem in die vyfde maand in ballingskap gegaan het.+  En die woord van Jehovah het tot my gekom en gesê:  “Voordat ek jou in die moederskoot gevorm het,+ het ek jou geken,+ en voordat jy uit die moederskoot voortgekom het, het ek jou geheilig.+ ’n Profeet vir die nasies het ek jou gemaak.”  Maar ek het gesê: “Ag, o Soewereine Heer Jehovah! Kyk, ek weet nie hoe ek moet praat nie,+ want ek is nog maar net ’n seun.”+  En Jehovah het vir my gesê: “Moenie sê: ‘Ek is nog maar net ’n seun’ nie. Maar na almal na wie toe ek jou sal stuur, moet jy gaan; en alles wat ek jou sal beveel, moet jy spreek.+  Moenie bang wees vir hulle aangesigte nie,+ want ‘ek is met jou om jou te verlos’,+ is die woord van Jehovah.”  Daarop het Jehovah sy hand uitgesteek en my mond daarmee aangeraak.+ Toe het Jehovah vir my gesê: “Kyk, ek het my woorde in jou mond gelê.+ 10  Kyk, ek het jou vandag oor die nasies en oor die koninkryke aangestel,+ om uit te ruk en af te breek en te vernietig en om te gooi,+ om te bou en te plant.”+ 11  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê: “Wat sien jy, Jeremia?” Toe het ek gesê: “Ek sien ’n loot van ’n amandelboom.” 12  En Jehovah het vir my gesê: “Jy het goed gesien, want ek bly wakker ten opsigte van my woord om dit uit te voer.”+ 13  En die woord van Jehovah het vir die tweede keer tot my gekom en gesê: “Wat sien jy?” Toe het ek gesê: “Ek sien ’n wyebekkookpot wat aangeblaas word, en sy opening is weg van die noorde af.” 14  Hierop het Jehovah vir my gesê: “Vanuit die noorde sal die rampspoed oor al die inwoners van die land losgelaat word.+ 15  Want ‘kyk, ek roep al die families van die koninkryke van die noorde’, is die woord van Jehovah;+ ‘en hulle sal beslis kom en elkeen sy troon neersit by die ingang van die poorte van Jerusalem+ en teen al sy mure rondom en teen al die stede van Juda.+ 16  En ek sal my oordele oor hulle uitspreek weens al hulle slegtheid,+ deurdat hulle my verlaat het+ en voortdurend vir ander gode offerrook laat opgaan+ en hulle voor die werke van hulle eie hande neerbuig.’+ 17  “En wat jou betref, jy moet jou heupe omgord,+ en jy moet opstaan en vir hulle alles sê wat ek jou beveel. Moenie weens hulle met verskrikking vervul word nie,+ sodat ek jou nie voor hulle met verskrikking vervul nie. 18  Maar wat my betref, kyk, ek het jou vandag ’n versterkte stad en ’n ysterpilaar en kopermure+ teen die hele land gemaak,+ teenoor die konings van Juda, teenoor sy vorste, teenoor sy priesters en teenoor die volk van die land.+ 19  En hulle sal vir seker teen jou veg, maar hulle sal nie die oorhand oor jou kry nie,+ want ‘ek is met jou’,+ is die woord van Jehovah, ‘om jou te verlos’.”+

Voetnote