Jeremia 10:1-25

10  Hoor die woord wat Jehovah teen julle gespreek het, o huis van Israel.  Só het Jehovah gesê: “Moenie die weg van die nasies leer nie,+ en moenie deur die tekens van die hemel met verskrikking vervul word omdat die nasies daardeur met verskrikking vervul word nie.+  Want die gebruike van die volke+ is net ’n asemstoot, want dit is niks anders nie as ’n boom+ uit die woud wat afgekap is, die handewerk van die vakman met die snywerktuig.+  Met silwer en goud maak hulle dit mooi.+ Met spykers en hamers slaan hulle dit vas, sodat nie een waggel nie.+  Hulle is soos ’n voëlverskrikker in ’n komkommerland en kan nie praat nie.+ Hulle word vir seker gedra, want hulle kan geen tree gee nie.+ Moenie vir hulle bang wees nie, want hulle kan niks rampspoedigs doen nie en, wat meer is, hulle kan niks goeds doen nie.”+  Daar is hoegenaamd niemand soos u nie, o Jehovah.+ U is groot, en u naam is groot in mag.+  Wie sou u nie vrees nie,+ o Koning van die nasies,+ want dit kom u toe; want onder al die wyses van die nasies en onder al hulle koningskappe is daar hoegenaamd niemand soos u nie.+  En hulle is terselfdertyd redeloos en dwaas.+ ’n Boom is niks anders as ’n vermaning van nietighede nie.+  Silwer wat tot plate uitgeslaan is, word selfs uit Tarsis gebring,+ en goud uit Ufas,+ die werk van ’n vakman en van die hande van ’n metaalwerker; hulle klere is blou weefgaring en purperrooigekleurde wol. Dit alles is die werk van vaardiges.+ 10  Maar Jehovah is waarlik God.+ Hy is die lewende God+ en die Koning tot onbepaalde tyd.+ Weens sy verontwaardiging sal die aarde bewe,+ en geen nasie sal onder sy veroordeling staande bly nie.+ 11  Só sal julle vir hulle sê: “Dit is die gode+ wat nie die hemel en die aarde gemaak het nie wat van die aarde af en onder hierdie hemel uit sal vergaan.”+ 12  Hy is die Maker van die aarde deur sy krag,+ die Een wat die vrugbare land stewig gevestig het deur sy wysheid+ en die Een wat die hemel uitgespan het deur sy verstand.+ 13  Wanneer hy sy stem laat hoor, laat hy waters in die hemel druis,+ en hy laat dampe van die einde van die aarde af opstyg.+ Hy het selfs sluise vir die reën gemaak,+ en hy bring die wind uit sy skatkamers te voorskyn.+ 14  Elke mens het hom so redeloos gedra dat hy niks weet nie.+ Elke metaalwerker sal hom beslis skaam vir die gesnede beeld;+ want sy gegote beeld is ’n leuen,+ en daar is geen gees in hulle nie.+ 15  Hulle is nietigheid, ’n bespotlike maaksel.+ In die tyd dat daar aandag aan hulle geskenk word, sal hulle vergaan.+ 16  Die Deel van Jakob+ is nie soos hierdie dinge nie, want hy is die Formeerder van alles,+ en Israel is die staf van sy erfdeel.+ Jehovah van die leërs is sy naam.+ 17  Tel jou pak van die grond af op,+ o vrou wat in benoudheid woon.+ 18  Want só het Jehovah gesê: “Kyk, ek slinger by hierdie geleentheid die bewoners van die aarde weg,+ en ek sal hulle in benoudheid bring, sodat hulle kan uitvind.”+ 19  Wee my weens my breuk!+ My wond het ongeneeslik geword. En ek het gesê: “Waarlik, dit is my siekte, en ek sal dit dra.+ 20  My tent is geplunder, en al my tenttoue is in twee gebreek.+ My kinders het van my af weggegaan, en hulle is nie meer daar nie.+ Daar is niemand meer wat my tent uitspan of my tentdoeke oprig nie. 21  Want die herders het hulle redeloos gedra,+ en hulle het selfs Jehovah nie gesoek nie.+ Daarom het hulle nie met insig opgetree nie, en al hulle kuddes in die weivelde is verstrooi.”+ 22  Luister! ’n Berig! Kyk, dit het gekom, asook ’n groot gestamp uit die land van die noorde,+ om die stede van Juda ’n verlate woesteny te maak, die lêplek van jakkalse.+ 23  Ek weet goed, o Jehovah, dat aan die mens sy weg nie behoort nie. Dit behoort nie aan die mens wat loop om sy voetstappe te rig nie.+ 24  Wys my tereg, o Jehovah, maar volgens reg;+ nie in u toorn nie,+ sodat u my nie tot niks maak nie.+ 25  Stort u woede uit oor die nasies+ wat u geïgnoreer het+ en oor die families wat nie eens u naam aangeroep het nie.+ Want hulle het Jakob verteer.+ Ja, hulle het hom verteer, en hulle is daarop uit om hom uit te roei;+ en sy woonplek het hulle verwoes.+

Voetnote