Jeremia 11:1-23

11  Die woord wat van Jehovah tot Jeremia gekom en gesê het:  “HOOR die woorde van hierdie verbond! “En jy moet dit tot die manne van Juda en tot die inwoners van Jerusalem spreek,+  en jy moet vir hulle sê: ‘Só het Jehovah, die God van Israel, gesê: “Vervloek is die man wat nie luister na die woorde van hierdie verbond nie,+  wat ek julle voorvaders beveel het op die dag toe ek hulle uit Egipteland,+ uit die ystersmeltoond,+ uitgelei het, toe ek gesê het: ‘Gehoorsaam my stem, en julle moet die dinge doen volgens alles wat ek julle beveel;+ en julle sal beslis my volk word en ek sal julle God word,+  om die eed gestand te doen wat ek vir julle voorvaders gesweer het,+ om aan hulle die land te gee wat oorloop van melk en heuning,+ soos dit vandag is.’”’” En ek het geantwoord en gesê: “Amen, o Jehovah.”  En Jehovah het vir my gesê: “Roep al hierdie woorde uit in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem+ en sê: ‘Hoor die woorde van hierdie verbond, en julle moet dit doen.+  Want ek het julle voorvaders plegtig vermaan op die dag toe ek hulle uit Egipteland laat optrek het+ en tot vandag toe, ja, vroeg opgestaan en vermaan en gesê: “Gehoorsaam my stem.”+  Tog het hulle nie geluister of gehoor gegee nie,+ maar hulle het elkeen in die wederstrewigheid van sy slegte hart bly wandel;+ en daarom het ek al die woorde van hierdie verbond wat ek hulle beveel het om te doen, maar wat hulle nie gedoen het nie, oor hulle gebring.’”  Verder het Jehovah vir my gesê: “’n Sameswering is onder die manne van Juda en onder die inwoners van Jerusalem ontdek.+ 10  Hulle het teruggekeer tot die oortredings van hulle voorvaders,+ die eerstes, wat geweier het om my woorde te gehoorsaam, maar wat agter ander gode aan geloop het om hulle te dien.+ Die huis van Israel en die huis van Juda het my verbond verbreek wat ek met hulle voorvaders gesluit het.+ 11  Daarom, só het Jehovah gesê: ‘Kyk, ek bring oor hulle rampspoed+ waaraan hulle nie sal kan ontkom nie;+ en hulle sal beslis tot my om hulp roep, maar ek sal nie na hulle luister nie.+ 12  En die stede van Juda en die inwoners van Jerusalem sal om hulp moet gaan roep tot die gode vir wie hulle offerrook laat opgaan,+ maar wat vir hulle gewis geen redding in die tyd van hulle rampspoed sal bring nie.+ 13  Want jou gode het net soveel soos jou stede geword, o Juda;+ en net soveel altare as die strate van Jerusalem het julle vir die skandelike ding opgerig,+ altare om vir Baäl offerrook te laat opgaan.’+ 14  “En wat jou betref, moenie vir hierdie volk bid nie, en moenie vir hulle ’n smekende geroep of ’n gebed opstuur nie,+ want ek sal nie luister in die tyd dat hulle tot my roep oor hulle rampspoed nie.+ 15  “Wat het my geliefde in my huis te doen,+ dat baie van hulle hierdie saak, die bose plan,+ sou uitvoer?+ En sal hulle dit met heilige vleis by jou laat verbygaan,+ wanneer jou rampspoed kom? Sal jy jou in dié tyd verheug?+ 16  ‘’n Blaarryke olyfboom, mooi van vrug en van vorm’, is die naam wat Jehovah jou gegee het.+ By die geluid van die groot geraas het hy ’n vuur daarteen aangesteek, en hulle het sy takke gebreek.+ 17  “En Jehovah van die leërs, die Een wat jou geplant het,+ het rampspoed teen jou gespreek weens die slegtheid van die huis van Israel+ en die huis van Juda wat hulle bedryf het om my aanstoot te gee deur vir Baäl offerrook te laat opgaan.”+ 18  En Jehovah het my ingelig sodat ek dit weet. Toe het u my hulle handelinge laat sien.+ 19  En ek was soos ’n ramlam, ’n troeteldier, wat gelei word om geslag te word,+ en ek het nie geweet dat hulle planne teen my beraam het nie:+ “Laat ons die boom met sy voedsel verwoes, en laat ons hom uit die land van die lewendes uitroei,+ sodat sy naam nie meer onthou sal word nie.” 20  Maar Jehovah van die leërs oordeel met regverdigheid;+ hy ondersoek die niere en die hart.+ Laat my tog u wraak op hulle sien, want aan u het ek my regsaak geopenbaar.+ 21  Daarom, só het Jehovah gesê teen die manne van Aʹnatot+ wat jou siel soek en sê: “Jy moenie in die naam van Jehovah profeteer nie,+ sodat jy nie deur ons hand sterf nie”; 22  daarom, só het Jehovah van die leërs gesê: “Kyk, ek rig my aandag op hulle. Die jong manne sal deur die swaard sterf.+ Hulle seuns en hulle dogters sal deur die hongersnood sterf.+ 23  En daar sal nie eens ’n oorblyfsel vir hulle wees nie, want ek sal rampspoed oor die manne van Aʹnatot+ bring, die jaar dat daar aandag aan hulle geskenk word.”+

Voetnote