Jeremia 12:1-17

12  U is regverdig,+ o Jehovah, wanneer ek my klag by u indien, ja, wanneer ek selfs oor regsake met u praat. Waarom is dit dat die weg van die goddeloses op sukses uitgeloop het,+ dat almal wat verraderlik optree, die onbesorgdes is?  U het hulle geplant; hulle het ook wortelgeskiet. Hulle bly vooruitgaan; hulle het ook vrugte voortgebring. U is naby in hulle mond, maar ver van hulle niere.+  En u, o Jehovah, ken my goed;+ u sien my, en u het my hart ondersoek wat in eenheid met u is.+ Sonder hulle af soos skape wat geslag gaan word,+ en sit hulle opsy vir die dag van slagting.  Hoe lank moet die land verdor+ en die plante van die hele veld verdroog?+ Weens die slegtheid van dié wat daarin woon, is die diere en die voëls weggevee.+ Want hulle het gesê: “Hy sien nie ons toekoms nie.”  Omdat jy saam met voetgangers gehardloop en hulle jou moeg gemaak het—hoe kan jy dan ’n wedloop teen perde hardloop?+ En is jy vol vertroue in die land van vrede?+ Hoe sal jy dan in die trotse ruigtes langs die Jordaan optree?+  Want selfs jou broers en die huisgesin van jou vader, selfs hulle het verraderlik met jou gehandel.+ Selfs hulle het jou hard agternageroep. Moenie geloof in hulle stel net omdat hulle goeie dinge vir jou sê nie.+  “Ek het my huis verlaat;+ ek het my erfdeel verstoot;+ ek het die geliefde van my siel in die palm van haar vyande gegee.+  My erfdeel het vir my soos ’n leeu in die woud geword. Hy het sy stem selfs teen my verhef. Daarom het ek hom gehaat.+  My erfdeel+ is vir my soos ’n veelkleurige roofvoël; die roofvoëls is rondom teen hom.+ Kom, versamel julle, al die wilde diere van die veld; bring hulle om te eet.+ 10  Baie herders+ het my wingerd verwoes;+ hulle het my deel vertrap.+ Hulle het my begeerlike+ deel in die wildernis van ’n verlate woesteny verander. 11  Dit is ’n verlate woesteny gemaak;+ dit het verdor; dit lê vir my woes.+ Die hele land is verwoes, omdat daar niemand is wat dit ter harte geneem het nie.+ 12  Op al die gebaande weë deur die wildernis het die plunderaars gekom. Want die swaard wat aan Jehovah behoort, verslind van die een end van die land tot die ander end van die land.+ Daar is geen vrede vir enige vlees nie. 13  Hulle het koring gesaai, maar dorings geoes.+ Hulle het hulle siek gewerk; hulle sal geen voordeel bring nie.+ En hulle sal hulle beslis skaam oor julle opbrengste weens die brandende toorn van Jehovah.” 14  Só het Jehovah gesê teen al my slegte bure,+ wat die erfbesitting aantas wat ek my volk, ja, Israel, laat besit het:+ “Kyk, ek ruk hulle uit hulle land uit;+ en die huis van Juda sal ek uit hulle midde wegruk.+ 15  En nadat ek hulle uitgeruk het, sal ek hulle beslis weer barmhartig wees+ en hulle terugbring, elkeen na sy erfbesitting en elkeen na sy land.”+ 16  “En as hulle vir seker die weë van my volk leer deur by my naam te sweer:+ ‘So waar as Jehovah lewe!’ soos hulle my volk geleer het om by Baäl te sweer,+ sal hulle ook onder my volk opgebou word.+ 17  Maar as hulle nie gehoorsaam is nie, dan sal ek dié nasie uitruk, dit uitruk en vernietig”,+ is die woord van Jehovah.

Voetnote