Jeremia 13:1-27

13  Só het Jehovah vir my gesê: “Gaan, en jy moet vir jou ’n linnegordel aanskaf en dit om jou heupe bind, maar jy moet dit nie in water laat kom nie.”  Toe het ek die gordel ooreenkomstig die woord van Jehovah aangeskaf en dit om my heupe gebind.  En die woord van Jehovah het ’n tweede keer tot my gekom en gesê:  “Neem die gordel wat jy aangeskaf het, wat om jou heupe is, en staan op, gaan na die Eufraat+ en steek dit daar in ’n kloof van die krans weg.”  Toe het ek gegaan en dit by die Eufraat weggesteek, net soos Jehovah my beveel het.  Maar na verloop van baie dae het Jehovah vir my gesê: “Staan op, gaan na die Eufraat en neem daarvandaan die gordel wat ek jou beveel het om daar weg te steek.”  Gevolglik het ek na die Eufraat gegaan en gegrawe en die gordel geneem uit die plek waarin ek dit weggesteek het, en kyk! die gordel was bederf; dit was vir niks geskik nie.  Toe het die woord van Jehovah tot my gekom en gesê:  “Só het Jehovah gesê: ‘Net so sal ek die trots van Juda+ en die oorvloedige trots van Jerusalem verderf. 10  Hierdie slegte volk wat weier om my woorde te gehoorsaam,+ wat in die wederstrewigheid van hulle hart wandel+ en wat voortdurend agter ander gode aan loop om hulle te dien en om hulle voor hulle neer te buig,+ sal ook net soos hierdie gordel word wat vir niks geskik is nie.’ 11  ‘Want soos ’n gordel aan die heupe van ’n man kleef, so het ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda aan my laat kleef’,+ is die woord van Jehovah, ‘om vir my ’n volk+ en ’n naam+ en ’n lof en iets pragtigs te word; maar hulle was nie gehoorsaam nie.’+ 12  “En jy moet vir hulle hierdie woord sê: ‘Só het Jehovah, die God van Israel, gesê: “Elke groot kruik is iets wat met wyn gevul word.”’+ En hulle sal beslis vir jou sê: ‘Weet ons nie met sekerheid dat elke groot kruik iets is wat met wyn gevul word nie?’ 13  En jy moet vir hulle sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Kyk, ek vul al die inwoners van hierdie land en die konings wat vir Dawid+ op sy troon sit en die priesters en die profete en al die inwoners van Jerusalem met dronkenskap.+ 14  En ek sal hulle te pletter slaan, die een teen die ander, die vaders sowel as die kinders, terselfdertyd”,+ is die woord van Jehovah. “Ek sal geen medelye betoon of jammer voel nie, en ek sal nie so barmhartig wees dat ek hulle nie sal verdelg nie.”’+ 15  “HOOR en luister. Moenie hoogmoedig wees nie,+ want Jehovah het gespreek.+ 16  Gee eer aan Jehovah julle God,+ voordat hy dit laat donker word+ en voordat julle voete op die berge in die skemer teen mekaar stamp.+ En julle sal beslis op die lig hoop,+ en hy sal dit diep skaduwee maak;+ hy sal dit in dik donkerheid verander.+ 17  En as julle nie daarna luister nie,+ sal my siel in skuilplekke huil weens die trots en gewis trane stort; en my oog sal van trane stroom,+ omdat die kudde+ van Jehovah gevange weggevoer is. 18  “Sê vir die koning en vir die dame:+ ‘Gaan sit op ’n laer plek,+ want julle pragtige kroon sal beslis van julle kop afkom.’+ 19  Die stede van die suide is toegesluit, sodat niemand hulle oopmaak nie. Die hele Juda is in ballingskap weggevoer. Dit is heeltemal in ballingskap weggevoer.+ 20  “Slaan jou oë op en aanskou dié wat uit die noorde kom.+ Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige kleinvee?+ 21  Wat sal jy sê wanneer die aandag op jou gerig word,+ terwyl jy hulle in die begin as vertroude vriende aan jou sy geleer het?+ Sal geboortepyne jou nie aangryp soos dié van ’n vrou wat geboorte gee nie?+ 22  En wanneer jy in jou hart sal sê:+ ‘Waarom het hierdie dinge my oorgekom?’+—weens die oorvloed van jou oortredings is die slippe van jou kleed as bedekking weggeneem;+ jou hakskene is gewelddadig behandel. 23  “Kan ’n Kussiet+ sy vel verander? of ’n luiperd sy vlekke?+ Dan sou julle ook in staat wees om goed te doen, julle wat geleer is om kwaad te doen.+ 24  Daarom sal ek hulle verstrooi+ soos stoppels wat in die wind uit die wildernis verbywaai.+ 25  Dit is jou lot, die deel wat ek vir jou afgemeet het”,+ is die woord van Jehovah, “omdat jy my vergeet het+ en jou vertroue in leuens bly stel.+ 26  En ek sal ook die slippe van jou kleed oor jou gesig optel, en jou oneer sal beslis gesien word,+ 27  jou dade van egbreuk+ en jou gerunnik,+ jou losbandigheid in prostitusie. Op die heuwels, in die veld het ek jou walglike dinge gesien.+ Wee jou, o Jerusalem! Jy kan nie rein wees nie+—ná hoe lank nog?”+

Voetnote