Jeremia 14:1-22

14  Dít het as die woord van Jehovah tot Jeremia gekom oor die droogtes:+  Juda het begin treur,+ en sy poorte het verval.+ Hulle het tot die grond toe terneergedruk geraak,+ en selfs die geskreeu van Jerusalem het opgegaan.+  En hulle vooraanstaandes het hulle onbeduidendes gestuur om water te gaan haal.+ Hulle het by die vore gekom. Hulle het geen water gevind nie.+ Hulle het met hulle houers leeg teruggekeer. Hulle is beskaamd gemaak+ en teleurgestel, en hulle het hulle kop bedek.+  Weens die grond wat verbrokkel het omdat daar geen stortreën op die land geval het nie,+ het die landbouers beskaamd gestaan; hulle het hulle kop bedek.+  Want selfs die takbokooi in die veld het geboorte gegee, maar het haar lam verlaat, omdat daar geen jong gras was nie.  En die sebras+ het op die kaal heuwels bly staan; hulle het die wind opgesnuif soos die jakkalse; hulle oë het ingegee, omdat daar geen plantegroei is nie.+  Tree op ter wille van u naam,+ o Jehovah, al getuig ons eie oortredings teen ons; want ons dade van ontrouheid het baie geword;+ teen ú het ons gesondig.+  O die hoop van Israel,+ sy Redder+ in die tyd van benoudheid,+ waarom word u soos ’n inwonende vreemdeling in die land, en soos ’n reisiger wat uitgedraai het om te oornag?+  Waarom word u soos ’n man wat verstom is, soos ’n sterk man wat nie kan red nie?+ Tog is u in ons midde,+ o Jehovah, en oor ons is u naam uitgeroep.+ Moet ons nie in die steek laat nie. 10  Só het Jehovah oor hierdie volk gesê: “So was hulle lief om rond te dwaal;+ hulle het hulle voete nie bedwing nie.+ Daarom het Jehovah geen behae in hulle gehad nie.+ Nou sal hy aan hulle oortreding dink en aan hulle sondes aandag skenk.”+ 11  En Jehovah het vir my gesê: “Moenie vir hierdie volk ten goede bid nie.+ 12  Wanneer hulle vas, luister ek nie na hulle smekende geroep nie;+ en wanneer hulle die heelbrandoffer en die graanoffer bring, het ek geen behae in hulle nie;+ want deur die swaard en deur die hongersnood en deur die pes maak ek ’n einde aan hulle.”+ 13  Hierop het ek gesê: “Ag, o Soewereine Heer Jehovah! Kyk, die profete sê vir hulle: ‘Julle sal geen swaard sien nie, en geen hongersnood sal oor julle kom nie, maar ware vrede sal ek julle in hierdie plek gee.’”+ 14  En Jehovah het vir my gesê: “Die profete profeteer leuens in my naam.+ Ek het hulle nie gestuur nie, en ook het ek hulle nie beveel of met hulle gepraat nie.+ ’n Valse visioen en waarsêery en iets van geen waarde+ en die bedrog van hulle hart spreek hulle profeties tot julle.+ 15  Daarom, só het Jehovah oor die profete gesê wat in my naam profeteer en wat ek nie gestuur het nie en wat sê dat daar geen swaard of hongersnood in die land sal kom nie: ‘Deur die swaard en deur die hongersnood sal dié profete aan hulle einde kom.+ 16  En die volk vir wie hulle profeteer, sal weggeworpenes in die strate van Jerusalem word weens die hongersnood en die swaard, sonder dat iemand hulle begrawe—hulle, hulle vrouens en hulle seuns en hulle dogters.+ En ek sal hulle rampspoed oor hulle uitstort.’+ 17  “En jy moet hierdie woord vir hulle sê: ‘Laat my oë nag en dag van trane stroom en laat hulle nie ophou nie,+ want met ’n groot ineenstorting is die maagdelike dogter van my volk gebreek,+ met ’n ongeneeslike wond.+ 18  As ek uitgaan in die veld, kyk, dié wat deur die swaard omgebring is!+ En as ek in die stad inkom, kyk, die kwale weens die hongersnood!+ Want die profeet sowel as die priester het rondgetrek in ’n land wat hulle nie geken het nie.’”+ 19  Het u Juda heeltemal verwerp,+ of het u siel selfs Sion verafsku?+ Waarom het u ons geslaan, sodat daar geen genesing vir ons is nie?+ Daar is op vrede gehoop, maar niks goeds het gekom nie; en op ’n tyd van genesing, en kyk! verskrikking!+ 20  Ons erken, o Jehovah, ons goddeloosheid, die oortreding van ons voorvaders,+ want ons het teen u gesondig.+ 21  Moet ons nie minag nie, ter wille van u naam;+ moenie u glorieryke troon verag nie.+ Onthou tog; moenie u verbond met ons verbreek nie.+ 22  Is daar onder die nietige afgode+ van die nasies een wat reën kan laat neerstort, of kan die hemel oorvloedige reënbuie gee?+ Is dit nie u nie, o Jehovah ons God?+ En ons hoop op u, want u het al hierdie dinge gedoen.+

Voetnote