Jeremia 15:1-21

15  En Jehovah het vir my gesê: “Al het Moses+ en Samuel+ voor my gestaan, sou my siel hom nie tot hierdie volk geneig het nie.+ Hulle sou voor my aangesig weggestuur word, sodat hulle sou weggaan.+  En as hulle vir jou sê: ‘Waarheen moet ons gaan?’ dan moet jy vir hulle sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Wie vir die dodelike plaag bestem is, na die dodelike plaag! En wie vir die swaard is, na die swaard! En wie vir die hongersnood is, na die hongersnood!+ En wie vir die gevangenskap is, na die gevangenskap!”’+  “‘En ek sal vier families oor hulle aanstel’,+ is die woord van Jehovah, ‘die swaard om dood te maak, en die honde om weg te sleep, en die voëls van die hemel+ en die diere van die aarde om te eet en te vernietig.  En ek sal hulle ’n voorwerp van bewing maak vir al die koninkryke van die aarde+ weens Manasʹse, die seun van Hiskiʹa, die koning van Juda, oor wat hy in Jerusalem gedoen het.+  Want wie sal medelye met jou hê, o Jerusalem, en wie sal met jou simpatiseer,+ en wie sal uitdraai om na jou welstand te vra?’  “‘Jy het my verstoot’,+ is die woord van Jehovah. ‘Jy hou aan om agteruit te loop.+ En ek sal my hand teen jou uitsteek en jou verdelg.+ Ek het moeg geword om spyt te voel.+  En ek sal hulle met ’n vurk uitwan+ in die poorte van die land. Ek sal hulle beslis van kinders beroof.+ Ek sal my volk vernietig, aangesien hulle hulle nie van hulle weë afgekeer het nie.+  Vir my het hulle weduwees talryker as die sandkorrels van die seë geword. Ek sal vir hulle, oor moeder en oor jong man, die plunderaar op die middaguur bring.+ Ek sal skielike verontrusting en ontsteltenis op hulle laat val.+  Die vrou wat aan sewe geboorte gegee het, het weggekwyn; haar siel het na asem gesnak.+ Haar son het ondergegaan terwyl dit nog dag was;+ dit het beskaamd gestaan en verleë gevoel.’ ‘En hulle oorblyfsel sal ek voor hulle vyande aan die swaard oorgee’,+ is die woord van Jehovah.” 10  Wee my,+ o my moeder, want u het aan my geboorte gegee, ’n man wat blootgestel is aan rusie en ’n man wat blootgestel is aan twis met die hele aarde.+ Ek het niks uitgeleen nie, en hulle het niks aan my geleen nie. Hulle almal spreek ’n vloek oor my uit.+ 11  Jehovah het gesê: “Waarlik, ek sal jou dien ten goede.+ Waarlik, ek sal vir jou in die tyd van rampspoed+ en in die tyd van benoudheid tussenbeide tree, teen die vyand.+ 12  Kan ’n mens yster in stukke breek, yster uit die noorde, en koper? 13  Jou rykdom en jou skatte sal ek as blote roofgoed gee,+ nie vir ’n prys nie, maar weens al jou sondes, ja, in al jou gebiede.+ 14  En ek sal hulle saam met jou vyande laat weggaan na ’n land wat jy nie geken het nie.+ Want ’n vuur is aangesteek in my toorn.+ Teen julle brand dit.” 15  U het geweet.+ O Jehovah, dink aan my+ en rig u aandag op my en wreek my op my vervolgers.+ Moet my nie wegneem nie,+ aangesien u nie gou toornig word nie. Let daarop dat ek om u ontwil smaad dra.+ 16  U woorde is gevind en ek het hulle opgeëet;+ en u woord word vir my die verheuging+ en die blydskap van my hart;+ want u naam is oor my uitgeroep,+ o Jehovah, God van die leërs.+ 17  Ek het nie gesit in die intieme groep van dié wat grappe maak+ en my aan uitgelatenheid oorgegee nie.+ Weens u hand het ek heeltemal alleen gesit,+ want met veroordeling het u my vervul.+ 18  Waarom het my pyn chronies geword+ en my wond ongeneeslik?+ Dit het geweier om gesond te word. U word gewis vir my soos iets bedriegliks,+ soos waters wat onbetroubaar is.+ 19  Daarom, só het Jehovah gesê: “As jy terugkeer, dan sal ek jou terugbring.+ Voor my sal jy staan.+ En as jy uit waardelose dinge voortbring wat kosbaar is, sal jy soos my mond word. Hulle sal tot jou terugkeer, maar jy sal nie tot hulle terugkeer nie.” 20  “En ek het jou ’n versterkte kopermuur vir hierdie volk gemaak;+ en hulle sal beslis teen jou veg, maar hulle sal nie die oorhand oor jou kry nie.+ Want ek is met jou om jou te red en jou te verlos”,+ is die woord van Jehovah. 21  “En ek sal jou uit die hand van die slegtes verlos,+ en ek sal jou uit die palm van die tiranne bevry.”

Voetnote