Jeremia 16:1-21

16  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “Jy mag nie vir jou ’n vrou neem nie, en jy mag nie seuns en dogters in hierdie plek hê nie.+  Want só het Jehovah gesê oor die seuns en oor die dogters wat in hierdie plek gebore word en oor hulle moeders wat aan hulle geboorte gee en oor hulle vaders wat hulle geboorte in hierdie land veroorsaak:+  ‘Aan dodelike kwale sal hulle sterf.+ Daar sal nie oor hulle geweeklaag word nie,+ en ook sal hulle nie begrawe word nie.+ Soos mis op die oppervlak van die aarde sal hulle word;+ en deur die swaard en deur die hongersnood sal hulle aan hulle einde kom,+ en hulle lyke sal as voedsel dien vir die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde.’+  “Want só het Jehovah gesê: ‘Moenie in die huis ingaan waar ’n roumaal gehou word nie, en moenie gaan weeklaag nie en moenie met hulle simpatiseer nie.’+ “‘Want ek het my vrede van hierdie volk weggeneem’, is die woord van Jehovah, ‘ja, liefderyke goedhartigheid en barmhartighede.+  En hulle sal beslis sterf, groot en klein, in hierdie land. Hulle sal nie begrawe word nie,+ en ook sal mense hulleself nie oor hulle slaan nie, en niemand sal hom oor hulle stukkend sny+ of sy kop kaal skeer nie.+  En hulle sal geen brood weens die rou aan hulle uitdeel om iemand oor die dooies te troos nie;+ ook sal hulle nie aan hulle die beker van vertroosting gee om te drink oor iemand se vader en oor iemand se moeder nie.+  En jy mag in geen huis van feesmaaltye ingaan om saam met hulle te gaan sit om te eet en te drink nie.’+  “Want só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Kyk, ek laat uit hierdie plek voor julle oë en in julle dae die stem van verheuging en die stem van blydskap, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid ophou.’+ 10  “En wanneer jy al hierdie woorde aan hierdie volk meedeel en hulle vir jou sê: ‘Waarom het Jehovah al hierdie groot rampspoed teen ons gespreek, en wat is ons oortreding en wat is ons sonde waarmee ons teen Jehovah ons God gesondig het?’+ 11  dan moet jy vir hulle sê: ‘“Omdat julle vaders my verlaat het”,+ is die woord van Jehovah, “en hulle voortdurend agter ander gode aan geloop en hulle gedien en hulle voor hulle neergebuig het.+ Maar my het hulle verlaat, en my wet het hulle nie onderhou nie.+ 12  En julle het erger gehandel in julle dade as julle vaders,+ en kyk, julle wandel elkeen volgens die wederstrewigheid+ van sy slegte hart deur my nie te gehoorsaam nie.+ 13  En ek sal julle wegslinger uit hierdie land+ na die land wat julle nie geken het nie,+ ook nie julle vaders nie, en daar sal julle dag en nag ander gode+ moet dien, want ek sal aan julle geen guns verleen nie.”’ 14  “‘Daarom, kyk! daar kom dae’,+ is die woord van Jehovah, ‘wanneer daar nie meer gesê sal word: “So waar as Jehovah lewe, wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het!” nie,+ 15  maar: “So waar as Jehovah lewe, wat die kinders van Israel laat optrek het uit die land van die noorde en uit al die lande waarheen hy hulle verstrooi het!” en ek sal hulle beslis terugbring na hulle land, wat ek aan hulle voorvaders gegee het.’+ 16  “‘Kyk, ek ontbied baie vissers’, is die woord van Jehovah, ‘en hulle sal hulle beslis soek en vang; en daarna sal ek baie jagters laat kom,+ en hulle sal hulle beslis van elke berg en van elke heuwel af en uit die klowe van die kranse jaag.+ 17  Want my oë is op al hulle weë. Dit was nie voor my bedek nie, en ook was hulle oortreding nie voor my oë verborge nie.+ 18  En ek sal eers die volle maat van hulle oortreding+ en van hulle sonde vergeld, omdat hulle my land ontheilig het.+ Met die lyke van hulle walglike dinge en hulle verfoeilike dinge het hulle my erfdeel gevul.’”+ 19  O Jehovah, my sterkte en my vesting en my toevlug in die dag van benoudheid,+ na u toe sal die nasies van die eindes van die aarde af kom,+ en hulle sal sê: “Waarlik, ons voorvaders het in besit gekom van blote leuens,+ nietigheid en dinge wat glad nie voordelig was nie.”+ 20  Kan die mens vir hom gode maak wanneer hulle geen gode is nie?+ 21  “Daarom, kyk, ek laat hulle weet; hierdie een keer sal ek hulle my hand en my mag laat ken,+ en hulle sal moet weet dat my naam Jehovah is.”+

Voetnote