Jeremia 18:1-23

18  Die woord wat van Jehovah tot Jeremia gekom en gesê het:  “Staan op, en jy moet afgaan na die huis van die pottebakker,+ en daar sal ek jou my woorde laat hoor.”  En ek het afgegaan na die huis van die pottebakker, en kyk, hy was besig met ’n stuk werk op die pottebakkerswiele.  En die houer wat hy besig was om met die klei te maak, is deur die pottebakker se hand bederf, en hy het weer begin en ’n ander houer daarvan gemaak, soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.+  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “‘Kan ek nie met julle maak net soos hierdie pottebakker nie, o huis van Israel?’ is die woord van Jehovah. ‘Kyk! Soos die klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel.+  As ek op enige oomblik teen ’n nasie en teen ’n koninkryk spreek om dit uit te ruk en af te breek en te vernietig,+  en dié nasie hom afkeer van sy slegtheid waarteen ek gespreek het,+ dan sal ek spyt voel oor die rampspoed wat ek gedink het om daaroor te bring.+  Maar as ek op enige oomblik oor ’n nasie en oor ’n koninkryk spreek om dit op te bou en te plant,+ 10  en dit doen wat sleg is in my oë deur my stem nie te gehoorsaam nie,+ dan sal ek spyt voel oor die goeie wat ek by myself gesê het om ten goede daarvan te doen.’ 11  “En sê nou asseblief vir die manne van Juda en vir die inwoners van Jerusalem: ‘Só het Jehovah gesê: “Kyk, ek berei rampspoed voor teen julle en dink ’n gedagte teen julle.+ Keer asseblief terug, elkeen van sy slegte weg, en maak julle weë en julle handelinge goed.”’”+ 12  En hulle het gesê: “Dit is hopeloos!+ Want ons sal volgens ons eie gedagtes wandel, en ons gaan elkeen volgens die wederstrewigheid van sy slegte hart handel.”+ 13  Daarom, só het Jehovah gesê: “Vra asseblief self onder die nasies. Wie het sulke dinge gehoor? Die maagd van Israel het iets baie afskuweliks gedoen.+ 14  Sal die Liʹbanon se sneeu van die rots in die oop veld verdwyn? Of sal vreemde, koel, druppende waters opdroog? 15  Want my volk het my vergeet+ deurdat hulle offerrook vir iets waardeloos+ laat opgaan, en deurdat hulle mense laat struikel op hulle weë,+ die paaie van lank gelede,+ om te loop op paaie, ’n pad wat nie opgevul is nie, 16  ten einde hulle land ’n voorwerp van verbasing te maak,+ om oor te fluit tot onbepaalde tyd.+ Elkeen wat daar verbygaan, sal in verbasing staar en sy kop skud.+ 17  Soos met ’n oostewind sal ek hulle voor die vyand verstrooi.+ Die rug, en nie die aangesig nie,+ sal ek hulle op die dag van hulle ongeluk toon.” 18  En hulle het gesê: “KOM, en laat ons gedagtes teen Jeremia uitdink,+ want die wet sal nie verdwyn by die priester+ of raad by die wyse of die woord by die profeet nie.+ Kom en laat ons hom met die tong slaan,+ en laat ons geen aandag aan enige van sy woorde skenk nie.” 19  Skenk tog aandag aan my, o Jehovah, en luister na die stem van my teenstanders.+ 20  Moet goed met kwaad vergeld word?+ Want hulle het ’n kuil vir my siel gegrawe.+ Onthou hoe ek voor u gestaan het om goed van hulle te praat, om u woede van hulle af te wend.+ 21  Gee derhalwe hulle kinders oor aan die hongersnood+ en lewer hulle oor aan die mag van die swaard;+ en laat hulle vrouens van kinders beroof word en weduwees word.+ En laat hulle manne deur ’n dodelike plaag gedood word, hulle jong manne deur die swaard in die geveg omgebring word.+ 22  Laat ’n geskreeu uit hulle huise gehoor word, wanneer u skielik ’n rowerbende oor hulle bring.+ Want hulle het ’n kuil gegrawe om my te vang, en valstrikke het hulle vir my voete verberg.+ 23  Maar u, o Jehovah, is deeglik bewus van hulle hele plan teen my om my dood te maak.+ Moenie hulle oortreding bedek nie, en moenie dié sonde van hulle voor u uitwis nie; maar laat hulle voor u tot struikeling gebring word.+ Tree teen hulle op in die tyd van u toorn.+

Voetnote