Jeremia 2:1-37

2  En die woord van Jehovah het tot my gekom+ en gesê:  “Gaan, en jy moet voor die ore van Jerusalem uitroep en sê: ‘Só het Jehovah gesê:+ “Ek onthou nog goed die liefderyke goedhartigheid van jou jeug,+ die liefde toe jy verloof was,+ hoe jy agter my aan geloop het in die wildernis, in ’n onbesaaide land.+  Israel was iets heiligs vir Jehovah,+ die eerste opbrengs vir Hom.”’+ ‘Almal wat hom verslind, sal skuld op hulle laai.+ Rampspoed sal oor hulle kom’, was die woord van Jehovah.”+  Hoor die woord van Jehovah, o huis van Jakob,+ en al die families van die huis van Israel.+  Só het Jehovah gesê: “Watter onreg het julle vaders in my gevind,+ sodat hulle ver van my verwyderd geraak het+ en voortdurend agter die nietige afgod+ aan geloop en self nietig geword het?+  En hulle het nie gesê nie: ‘Waar is Jehovah, die Een wat ons uit Egipteland laat optrek het,+ wat ons deur die wildernis laat gaan het, deur ’n land van woestynvlaktes+ en kuile, deur ’n land sonder water+ en met diep skaduwee,+ deur ’n land waardeur geen man getrek het en waarin geen mens gewoon het nie?’  “En ek het julle geleidelik na ’n land van boorde gebring, om die vrugte en die goeie dinge daarvan te eet.+ Maar julle het ingekom en my land verontreinig; en my erfdeel het julle iets verfoeiliks gemaak.+  Die priesters het nie gesê: ‘Waar is Jehovah?’ nie.+ En dié wat hulle met die wet besig hou, het my nie geken nie;+ en die herders het teen my oortree,+ en selfs die profete het deur Baäl geprofeteer+ en agter dié aan geloop wat geen voordeel kon bring nie.+  “‘Daarom sal ek verder met julle twis’,+ is die woord van Jehovah, ‘en met julle kindskinders sal ek twis.’+ 10  “‘Maar gaan oor na die kuslande van die Kittiërs+ en kyk. Ja, stuur selfs na Kedar+ en gee goed ag, en kyk of so iets gebeur het.+ 11  Het ’n nasie gode+ verruil, ja, vir dié wat geen gode is nie?+ Maar my eie volk het my heerlikheid verruil vir wat geen voordeel kan bring nie.+ 12  Staar in verbasing hieroor, o hemele; en sidder van afgryse’, is die woord van Jehovah,+ 13  ‘want my volk het twee slegte dinge gedoen: My, die bron van lewende water,+ het hulle verlaat+ om vir hulle reënputte uit te kap, stukkende reënputte, wat nie die water kan hou nie.’ 14  “‘Is Israel ’n kneg,+ of ’n slaaf wat in die huisgesin gebore is? Waarom het hy dan roofgoed geword? 15  Teen hom brul jong maanhaarleeus;+ hulle het hulle stem laat hoor.+ En hulle het sy land ’n voorwerp van verbasing gemaak. Sy stede is aan die brand gesteek, sodat daar geen inwoner is nie.+ 16  Selfs die kinders van Nof+ en Tagʹpanes+ het die kroon van jou kop kaal gewei.+ 17  Is dit nie wat jy jouself aangedoen het deur Jehovah jou God te verlaat+ gedurende die tyd dat hy jou op die weg laat wandel het nie?+ 18  En watter belang sou jy dan nou hê by die weg van Egipte+ om die waters van Sihor+ te drink? En watter belang sou jy hê by die weg van Assiʹrië+ om die waters van die Rivier te drink? 19  Jou slegtheid sal jou bestraf,+ en jou dade van ontrouheid sal jou teregwys.+ Weet dan en sien dat dit iets slegs en bitters is+ dat jy Jehovah jou God verlaat het en geen vrees vir my oor jou gekom het nie’,+ is die woord van die Soewereine+ Heer, Jehovah van die leërs. 20  “‘Want lank gelede het ek jou juk aan stukke gebreek;+ ek het jou stroppe stukkend geskeur. Maar jy het gesê: “Ek sal nie dien nie”, want op elke hoë heuwel en onder elke blaarryke boom+ het jy uitgestrek gelê+ terwyl jy prostitusie gepleeg het.+ 21  En wat my betref, ek het jou as ’n uitgesoekte rooi wingerdstok geplant,+ in sy geheel ’n egte saad. Hoe het jy dan teenoor my verander in die ontaarde lote van ’n vreemde wingerdstok?’+ 22  “‘Maar al sou jy jou met alkali was en vir jou groot hoeveelhede loog neem,+ sal jou oortreding beslis ’n vlek voor my wees’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 23  Hoe kan jy sê: ‘Ek het my nie verontreinig nie.+ Ek het nie agter die Baäls aan geloop nie’?+ Kyk na jou weg in die vallei.+ Let op wat jy gedoen het. ’n Vinnige, jong kameelkoei wat doelloos heen en weer hardloop op haar weë; 24  ’n sebra+ wat gewoond is aan die wildernis, wat in die begeerte van haar siel die wind opsnuif;+ wie kan haar in haar paartyd keer? Almal wat haar soek, sal hulle nie gaan vermoei nie. In haar maand sal hulle haar vind. 25  Hou jou voet terug, sodat dit nie kaalvoet word nie, en jou keel, sodat dit nie dors word nie.+ Maar jy het gesê: ‘Dit is hopeloos!+ Nee, maar ek het verlief geraak op vreemdelinge,+ en ek sal agter hulle aan loop.’+ 26  “Soos met die skaamte van ’n dief wanneer hy betrap word, so het die huis van Israel beskaamd gevoel,+ hulle, hulle konings, hulle vorste en hulle priesters en hulle profete.+ 27  Hulle sê vir ’n boom: ‘Jy is my vader’,+ en vir ’n klip: ‘Jy het aan my geboorte gegee.’ Maar hulle het die agterkant van die nek na my toe gedraai en nie die gesig nie.+ En in die tyd van hulle rampspoed sal hulle sê: ‘Staan tog op en red ons!’+ 28  “Maar waar is jou gode wat jy vir jou gemaak het?+ Laat hulle opstaan as hulle jou in die tyd van jou rampspoed kan red.+ Want soos die getal van jou stede het jou gode geword, o Juda.+ 29  “‘Waarom hou julle aan om met my te twis?+ Waarom het julle almal teen my oortree?’+ is die woord van Jehovah. 30  Tevergeefs het ek julle kinders geslaan.+ Hulle het geen dissipline aangeneem nie.+ Julle swaard het julle profete verslind, soos ’n leeu wat verwoesting aanrig.+ 31  O geslag, sien self die woord van Jehovah.+ “Het ek ’n blote wildernis vir Israel geword+ of ’n land van intense duisternis? Waarom het my volk gesê: ‘Ons het rondgeswerf. Ons sal nie meer na u toe kom nie’?+ 32  Kan ’n maagd haar sierade vergeet, ’n bruid haar borsbande? Maar my eie volk—tallose dae het hulle my vergeet.+ 33  “Waarom, o vrou, verbeter jy jou weg om liefde te soek? Daarom het jy ook jou weë in slegte dinge onderrig.+ 34  Ook is daar aan jou some die bloedmerke van die siele+ van die onskuldige armes gevind.+ Nie by ’n inbraak het ek dit gevind nie, maar aan hulle almal.+ 35  “Maar jy sê: ‘Ek het onskuldig gebly. Sy toorn het gewis van my gewyk.’+ “Kyk, ek tree met jou in die gerig omdat jy sê: ‘Ek het nie gesondig nie.’+ 36  Waarom beskou jy dit as iets baie onbeduidends dat jy jou weg verander?+ Ook oor Egipte sal jy beskaamd staan,+ net soos jy oor Assiʹrië beskaamd gestaan het.+ 37  Ook hieroor sal jy met jou hande op jou kop uitgaan,+ omdat Jehovah die voorwerpe van jou vertroue verwerp het, en jy sal geen sukses daarmee behaal nie.”

Voetnote