Jeremia 20:1-18

20  En Pasgur, die seun van Immer,+ die priester, wat ook die hoofopsigter in die huis van Jehovah was,+ het na Jeremia geluister terwyl hy hierdie woorde geprofeteer het.  Toe het Pasgur die profeet Jeremia geslaan+ en hom in die blok gesit+ wat in die Boonste Benjaminpoort was, wat in die huis van Jehovah was.  Maar die volgende dag het Pasgur Jeremia uit die blok laat haal,+ en Jeremia het toe vir hom gesê: “Jehovah het jou nie Pasgur genoem nie,+ maar Skrik rondom.+  Want só het Jehovah gesê: ‘Kyk, ek maak jou ’n skrik vir jouself en vir almal wat jou liefhet, en hulle sal beslis deur die swaard van hulle vyande val+ terwyl jou oë dit sien;+ en die hele Juda sal ek in die hand van die koning van Babilon gee, en hy sal hulle in ballingskap na Babilon wegvoer en hulle met die swaard verslaan.+  En ek sal al die opgegaarde goed van hierdie stad en sy hele opbrengs en al sy kosbare dinge gee; en al die skatte van die konings van Juda gaan ek in die hand van hulle vyande gee.+ En hulle sal hulle beslis plunder en saamneem en na Babilon bring.+  En wat jou betref, o Pasgur, en almal wat in jou huis woon, julle sal in gevangenskap gaan;+ en in Babilon sal jy kom en daar sal jy sterf en daar sal jy begrawe word saam met almal wat jou liefhet,+ omdat jy vir hulle op grond van leuens geprofeteer het.’”+  U het my mislei, o Jehovah, sodat ek mislei is. U het u krag teen my gebruik, sodat u die oorhand gekry het.+ Ek het die hele dag ’n voorwerp van gelag geword; almal bespot my.+  Want elke keer as ek praat, skreeu ek dit uit. Geweld en plundering roep ek uit.+ Want die woord van Jehovah het vir my die hele dag ’n oorsaak van smaad en van bespotting geword.+  En ek het gesê: “Ek sal nie van hom melding maak nie, en ek sal nie meer in sy naam spreek nie.”+ En in my hart was dit soos ’n brandende vuur, opgesluit in my gebeente; en ek het moeg geword om dit in te hou, en ek kon dit nie verduur nie.+ 10  Want ek het die slegte berig van baie gehoor.+ Daar was skrik rondom. “SÊ iets, sodat ons iets oor hom kan sê.”+ Elke sterflike mens wat my “Vrede!” toewens—hulle wag op my mankheid:+ “Miskien sal hy mislei word,+ sodat ons die oorhand oor hom kan kry en ons wraak op hom kan neem.” 11  Maar Jehovah was met my+ soos ’n verskriklike magtige.+ Daarom sal my vervolgers struikel en nie die oorhand kry nie.+ Hulle sal beslis baie beskaamd gemaak word, omdat hulle nie voorspoedig was nie. Hulle vernedering, wat tot onbepaalde tyd sal duur, sal nie vergeet word nie.+ 12  Maar u, o Jehovah van die leërs, ondersoek die regverdige;+ u sien die niere en die hart.+ Laat my u wraak op hulle sien,+ want aan u het ek my regsaak geopenbaar.+ 13  SING tot Jehovah! Loof Jehovah! Want hy het die siel van die arme uit die hand van die kwaaddoeners verlos.+ 14  Mag die dag waarop ek gebore is, vervloek wees! Mag die dag waarop my moeder aan my geboorte gegee het, nie geseënd wees nie!+ 15  Mag die man vervloek wees wat vir my vader goeie nuus gebring en gesê het: “Vir jou is ’n seun, ’n manlike kind, gebore!” Hy het hom beslis bly gemaak.+ 16  En dié man sal word soos stede wat Jehovah verwoes het sonder dat Hy spyt gevoel het.+ En hy sal ’n geskreeu in die oggend en ’n alarmsein op die middaguur hoor.+ 17  Waarom het hy my nie vir seker van die moederskoot af doodgemaak, sodat my moeder my graf sou geword het en haar skoot tot onbepaalde tyd swanger sou gewees het nie?+ 18  Waarom het ek uit die moederskoot voortgekom+ om harde werk en droefheid te sien+ en om te sien dat my dae net in skaamte sou eindig?+

Voetnote