Jeremia 21:1-14

21  Die woord+ wat van Jehovah tot Jeremia gekom het toe koning Sedekiʹa+ Pasgur,+ die seun van Malkiʹa, en Sefanʹja,+ die seun van Maäseʹja, die priester, na hom toe gestuur het om te sê:  “Raadpleeg Jehovah asseblief ten behoewe van ons,+ want Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, voer oorlog teen ons.+ Miskien sal Jehovah met ons handel volgens al sy wonderlike werke, sodat hy van ons af sal wegtrek.”+  En Jeremia het vir hulle gesê: “Só moet julle vir Sedekiʹa sê:  ‘Só het Jehovah, die God van Israel, gesê: “Kyk, ek keer die oorlogswapens om wat in julle hand is, waarmee julle veg teen die koning van Babilon+ en teen die Galdeërs+ wat julle buite die muur beleër, en ek sal hulle binne-in hierdie stad versamel.+  En ek sal teen julle veg+ met ’n uitgestrekte hand en met ’n sterk arm en met toorn en met woede en met groot verontwaardiging.+  En ek sal die inwoners van hierdie stad verslaan, die mense sowel as die diere. Aan ’n groot pes sal hulle sterf.”’+  “‘“En daarna”, is die woord van Jehovah, “sal ek Sedekiʹa, die koning van Juda, en sy knegte en die volk en dié wat in hierdie stad oorbly van die pes, van die swaard en van die hongersnood, in die hand gee van Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, ja, in die hand van hulle vyande en in die hand van dié wat hulle siel soek, en hy sal hulle beslis met die skerpte van die swaard slaan.+ Hy sal nie vir hulle jammer voel nie, en ook sal hy geen medelye betoon of enige barmhartigheid bewys nie.”’+  “En vir hierdie volk moet jy sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Kyk, ek hou julle die weg van die lewe en die weg van die dood voor.+  Wie in hierdie stad bly sit, sal deur die swaard en deur die hongersnood en deur die pes sterf;+ maar wie uitgaan en oorloop na die Galdeërs wat julle beleër, sal bly lewe, en sy siel sal beslis vir hom ’n buit word.”’+ 10  “‘“Want ek het my aangesig teen hierdie stad gerig ten kwade en nie ten goede nie”,+ is die woord van Jehovah. “In die hand van die koning van Babilon sal dit gegee word,+ en hy sal dit beslis met vuur verbrand.”+ 11  “‘En wat die huisgesin van die koning van Juda betref, HOOR tog die woord van Jehovah.+ 12  O huis van Dawid,+ só het Jehovah gesê: “Vel elke oggend+ vonnis in geregtigheid,+ en verlos die beroofde uit die hand van die bedrieër,+ sodat my woede nie uitgaan soos ’n vuur+ en brand en daar niemand is om dit te blus nie, weens die slegtheid van julle handelinge.”’+ 13  “‘Kyk, ek is teen jou, o inwoonster van die laagvlakte,+ o rots van die gelykte’, is die woord van Jehovah. ‘Wat julle betref wat sê: “Wie sal teen ons afkom? En wie sal in ons woonplekke inkom?”+ 14  ook van julle sal ek rekenskap eis+ volgens die vrug van julle handelinge’,+ is die woord van Jehovah. ‘En ek sal ’n vuur in haar woud aansteek,+ en dit sal beslis alles rondom haar verteer.’”+

Voetnote