Jeremia 22:1-30

22  Só het Jehovah gesê: “Gaan af na die huis van die koning van Juda, en daar moet jy hierdie woord spreek.  En jy moet sê: ‘Hoor die woord van Jehovah, o koning van Juda wat op die troon van Dawid sit,+ u en u knegte en u volk, dié wat deur hierdie poorte inkom.+  Só het Jehovah gesê: “OEFEN geregtigheid en regverdigheid uit, en verlos die beroofde uit die hand van die bedrieër; en behandel geen inwonende vreemdeling, vaderlose seun of weduwee sleg nie.+ Doen hulle geen geweld aan nie.+ En vergiet geen onskuldige bloed in hierdie plek nie.+  Want as julle hierdie woord vir seker uitvoer, dan sal deur die poorte van hierdie huis beslis die konings inkom wat vir Dawid op sy troon sit,+ wat op strydwaens en op perde ry, hy saam met sy knegte en sy volk.”’+  “‘Maar as julle nie hierdie woorde gehoorsaam nie, dan sweer ek by myself’,+ is die woord van Jehovah, ‘dat hierdie huis ’n verwoeste plek sal word.’+  “Want só het Jehovah oor die huis van die koning van Juda gesê: ‘Jy is vir my soos Giʹlead, die hoof van die Liʹbanon.+ Waarlik, ek sal jou ’n wildernis maak;+ wat die stede betref, nie een sal bewoon word nie.+  En ek sal verwoesters teen jou heilig,+ elkeen en sy wapens;+ en hulle sal jou beste seders afkap+ en hulle in die vuur laat val.+  En baie nasies sal by hierdie stad verbytrek en vir mekaar sê: “Waarom het Jehovah so met hierdie groot stad gedoen?”+  En hulle sal moet sê: “Omdat hulle die verbond van Jehovah hulle God verlaat het+ en hulle voor ander gode neergebuig en hulle gedien het.”’+ 10  “MOENIE oor die dooie huil nie,+ en moenie met hom simpatiseer nie. Huil bitterlik oor hom wat weggaan, want hy sal nie meer terugkeer nie en hy sal die land van sy familielede nie sien nie. 11  Want só het Jehovah gesê oor Sallum,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda wat in die plek van sy vader Josiʹa+ regeer, wat uit hierdie plek uitgegaan het: ‘Hy sal daarheen nie meer terugkeer nie. 12  Want in die plek waarheen hulle hom in ballingskap weggevoer het, sal hy sterf, en hierdie land sal hy nie meer sien nie.’+ 13  “Wee hom wat sy huis bou,+ maar nie met regverdigheid nie, en sy bovertrekke, maar nie met geregtigheid nie, deur sy medemens uit te buit wat verniet dien en wie se loon hy nie aan hom gee nie;+ 14  wat sê: ‘Ek gaan vir my ’n ruim huis en gerieflike bovertrekke bou;+ en my vensters sal daarvoor verbreed word, en die paneelwerk sal van sederhout wees+ en gesmeer met vermiljoen.’+ 15  Sal jy bly regeer omdat jy deur die gebruik van sederhout wedywer? Wat jou vader betref, het hy nie geëet en gedrink en geregtigheid en regverdigheid uitgeoefen nie?+ Toe het dit met hom goed gegaan.+ 16  Hy het die wettige eis van die geteisterde en die arme verdedig.+ Toe het dit goed gegaan. ‘Was dít nie omdat hy my geken het nie?’ is die woord van Jehovah. 17  ‘Waarlik, jou oë en jou hart is op niks anders as op jou onregverdige wins nie,+ en op die bloed van die onskuldige, om dit te vergiet,+ en op kullery en op afpersing, om dit te beoefen.’ 18  “Daarom, só het Jehovah gesê oor Joʹjakim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda: ‘Hulle sal nie oor hom weeklaag: “Ag, my broer! En ag, my suster!” nie. Hulle sal nie oor hom weeklaag: “Ag, o heer! En ag, sy waardigheid!” nie.+ 19  Met ’n eselsbegrafnis sal hy begrawe word,+ rondgesleep en weggegooi, ver buite die poorte van Jerusalem.’+ 20  “Klim op die Liʹbanon+ en skreeu, en laat jou stem in Basan+ hoor. En skreeu van die Abaʹrim+ af, want almal wat jou intens liefhet, is verbreek.+ 21  Ek het met jou gepraat tydens jou sorgeloosheid.+ Jy het gesê: ‘Ek sal nie gehoorsaam nie.’+ Dit was jou weg van jou jeug af, want jy het nie my stem gehoorsaam nie.+ 22  ’n Wind sal die herder van al jou herders wees;+ en wat dié betref wat jou intens liefhet, hulle sal in gevangenskap gaan.+ Want in dié tyd sal jy beskaamd staan en beslis verneder voel weens al jou rampspoed.+ 23  O jy wat op die Liʹbanon woon,+ genestel in die seders,+ hoe sal jy tog sug wanneer geboortepyne oor jou kom,+ die geboortepyne soos dié van ’n vrou wat geboorte gee!”+ 24  “‘So waar as ek lewe, is die woord van Jehovah, ‘al was Gonja,+ die seun van Joʹjakim,+ die koning van Juda, die seëlring+ aan my regterhand, sou ek jou daarvan afruk!+ 25  En ek sal jou gee in die hand van dié wat jou siel soek+ en in die hand van dié vir wie jy bang is en in die hand van Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, en in die hand van die Galdeërs.+ 26  En ek sal jou en jou moeder+ wat aan jou geboorte gegee het, wegslinger na ’n ander land waarin julle nie gebore is nie, en daar sal julle sterf.+ 27  En na die land waarna hulle hulle siel sal ophef om terug te keer, daarheen sal hulle nie terugkeer nie.+ 28  Is hierdie man, Gonja,+ bloot ’n veragte, verpletterde vorm,+ of ’n houer waarin niemand behae skep nie?+ Waarom moet hy en sy nageslag neergeslinger en weggewerp word na die land wat hulle nie geken het nie?’+ 29  “O aarde, aarde, aarde, hoor die woord van Jehovah.+ 30  Só het Jehovah gesê: ‘SKRYF hierdie man op as kinderloos,+ as ’n man wat geen sukses in sy dae sal behaal nie; want niemand van sy nageslag sal enige sukses behaal,+ sodat hy op die troon van Dawid sal sit+ en nog in Juda sal heers nie.’”

Voetnote