Jeremia 23:1-40

23  “Wee die herders wat die skape van my weiding vernietig en verstrooi!”+ is die woord van Jehovah.  Daarom, só het Jehovah, die God van Israel, gesê teen die herders wat my volk lei: “Julle het my skape verstrooi; en julle het hulle aanhoudend uiteengedryf, en julle het nie julle aandag op hulle gerig nie.”+ “Kyk, ek rig my aandag op julle weens die slegtheid van julle handelinge”,+ is die woord van Jehovah.  “En ek sal die oorblyfsel van my skape bymekaarmaak uit al die lande waarheen ek hulle verstrooi het,+ en ek sal hulle terugbring na hulle weiveld,+ en hulle sal beslis vrugbaar wees en baie word.+  En ek sal herders oor hulle verwek wat hulle sal lei;+ en hulle sal nie meer bang wees nie, en ook sal hulle geensins met verskrikking vervul word nie,+ en nie een sal vermis word nie”, is die woord van Jehovah.  “Kyk! Daar kom dae”, is die woord van Jehovah, “en ek sal vir Dawid ’n regverdige spruit verwek.+ En ’n koning sal beslis regeer+ en oordeelkundig handel en geregtigheid en regverdigheid uitoefen in die land.+  In sy dae sal Juda gered word,+ en Israel sal in veiligheid woon.+ En dít is sy naam waarmee hy genoem sal word: Jehovah is ons regverdigheid.”+  “Daarom, kyk! daar kom dae”, is die woord van Jehovah, “en hulle sal nie meer sê: ‘Jehovah lewe, wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het’ nie,+  maar: ‘Jehovah lewe, wat die nageslag van die huis van Israel laat optrek en laat kom het uit die land van die noorde en uit al die lande waarheen ek hulle verstrooi het’, en hulle sal beslis in hulle eie land woon.”+  Wat die profete betref, my hart is gebreek in my binneste. My hele gebeente het begin bewe. Ek het soos ’n dronk man geword,+ en soos ’n man wat deur die wyn oorweldig is, weens Jehovah en weens sy heilige woorde. 10  Want die land het vol egbrekers+ geword.+ Want weens die vloek het die land begin treur,+ het die weivelde van die wildernis verdroog;+ en hulle handelswyse is sleg, en hulle misbruik hulle mag. 11  “Want die profeet sowel as die priester is verontreinig.+ Ook in my huis het ek hulle slegtheid gevind”,+ is die woord van Jehovah. 12  “Daarom sal hulle weg vir hulle word soos glibberige plekke+ in die donker, waarop hulle gestoot sal word en beslis sal val.”+ “Want ek sal rampspoed oor hulle bring, die jaar dat daar aandag aan hulle geskenk word”,+ is die woord van Jehovah. 13  “En by die profete van Samariʹa+ het ek onbetaamlikheid gesien. Hulle het opgetree as profete wat deur Baäl aangedryf word,+ en hulle laat voortdurend my volk, ja Israel, ronddwaal.+ 14  En by die profete van Jerusalem het ek afskuwelike dinge gesien:+ hulle pleeg egbreuk+ en wandel in leuens;+ en hulle het die hande van die kwaaddoeners versterk, sodat hulle nie sou terugkeer,+ elkeen van sy slegtheid nie. Hulle het almal vir my soos Sodom geword,+ en sy inwoners soos Gomorʹra.”+ 15  Daarom, só het Jehovah van die leërs teen die profete gesê: “Kyk, ek laat hulle als eet, en ek sal hulle gifwater gee om te drink.+ Want van die profete van Jerusalem af het afvalligheid+ oor die hele land uitgegaan.” 16  Só het Jehovah van die leërs gesê: “Moenie luister na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie.+ Hulle laat julle nietig word.+ Hulle spreek die visioen van hulle eie hart+—nie uit die mond van Jehovah nie.+ 17  Hulle sê keer op keer vir dié wat my minag: ‘Jehovah het gespreek: “Vrede sal julle hê.”’+ En vir elkeen wat in die wederstrewigheid van sy hart wandel,+ het hulle gesê: ‘Geen rampspoed sal oor julle kom nie.’+ 18  Want wie het in die intieme+ groep van Jehovah gestaan, sodat hy sy woord sou sien en hoor?+ Wie het aan sy woord aandag geskenk, sodat hy dit sou hoor?+ 19  Kyk! Die windstorm van Jehovah, woede, sal beslis uitgaan, ja, ’n dwarrelstorm.+ Op die hoof van die goddeloses sal dit neerwarrel.+ 20  Die toorn van Jehovah sal nie wyk totdat hy die idees van sy hart uitgevoer het+ en totdat hy dit verwesenlik het nie.+ Aan die einde van die dae sal julle met begrip daarop ag gee.+ 21  “Ek het die profete nie gestuur nie, tog het hulle gehardloop. Ek het nie met hulle gepraat nie, tog het hulle geprofeteer.+ 22  Maar as hulle in my intieme+ groep gestaan het, dan sou hulle my volk my woorde laat hoor het, en hulle sou hulle van hulle slegte weg en van die slegtheid van hulle handelinge laat terugkeer het.”+ 23  “Is ek ’n God wat naby is”, is die woord van Jehovah, “en nie ’n God wat ver is nie?”+ 24  “Of kan enige mens in skuilplekke verborge wees sodat ek hom nie sien nie?”+ is die woord van Jehovah. “Vul ek nie die hemel en die aarde nie?”+ is die woord van Jehovah. 25  “Ek het gehoor wat die profete gesê het wat in my naam leuens profeteer+ deur te sê: ‘Ek het ’n droom gehad! Ek het ’n droom gehad!’+ 26  Hoe lank sal dit bestaan in die hart van die profete wat die leuens profeteer en wat profete is van die bedrog van hulle hart?+ 27  Hulle is daarop uit om my volk my naam te laat vergeet deur middel van hulle drome wat hulle vir mekaar bly vertel,+ net soos hulle vaders my naam deur middel van Baäl vergeet het.+ 28  Laat die profeet by wie daar ’n droom is, die droom vertel; maar laat hom by wie my woord is, my woord in waarheid spreek.”+ “Wat het die strooi met die graan te doen?”+ is die woord van Jehovah. 29  “Is my woord dan nie só, soos ’n vuur”,+ is die woord van Jehovah, “en soos ’n smeehamer wat die groot rots verbrysel nie?”+ 30  “Daarom, kyk, ek is teen die profete”,+ is die woord van Jehovah, “wat my woorde steel, elkeen van sy metgesel.”+ 31  “Kyk, ek is teen die profete”, is die woord van Jehovah, “wat hulle tong gebruik om te sê: ‘’n Uiting!’”+ 32  “Kyk, ek is teen die profete van leuenagtige drome”, is die woord van Jehovah, “wat dit vertel en my volk laat ronddwaal weens hulle leuens+ en weens hulle geroem.”+ “Maar ek het hulle nie gestuur of bevel gegee nie. Hulle sal dus geen voordeel vir hierdie volk bring nie”,+ is die woord van Jehovah. 33  “En wanneer hierdie volk of die profeet of priester jou vra en sê: ‘Wat is die las van Jehovah?’+ dan moet jy vir hulle sê: ‘“Julle is—ag, wat ’n las!+ En ek sal julle beslis verlaat”,+ is die woord van Jehovah.’ 34  Wat die profeet of die priester of die volk betref wat sê: ‘Die las van Jehovah!’, op dié man en op sy huisgesin sal ek ook my aandag rig.+ 35  Só bly julle sê, elkeen vir sy naaste en elkeen vir sy broer: ‘Wat het Jehovah geantwoord? En wat het Jehovah gespreek?’+ 36  Maar van die las+ van Jehovah moet julle geen melding meer maak nie,+ want die las word vir elkeen sy eie woord,+ en julle het die woorde van die lewende God,+ Jehovah van die leërs, ons God, verander. 37  “Só sal jy vir die profeet sê: ‘Watter antwoord het Jehovah jou gegee? En wat het Jehovah gespreek?+ 38  En as julle aanhou om “Die las van Jehovah!” te sê—daarom, só het Jehovah gesê: “Omdat julle sê: ‘Hierdie woord is die las van Jehovah’, toe ek na julle bly stuur en gesê het: ‘Julle moenie sê: “Die las van Jehovah!” nie’, 39  daarom, hier is ek! En ek sal julle beslis aan verwaarlosing oorgee,+ en ek sal julle en die stad wat ek aan julle en aan julle voorvaders gegee het, verstoot—weg van my aangesig.+ 40  En ek sal julle smaad oplê tot onbepaalde tyd en vernedering tot onbepaalde tyd, wat nie vergeet sal word nie.”’”+

Voetnote