Jeremia 24:1-10

24  En Jehovah het my getoon, en kyk! twee mandjies vye wat voor die tempel van Jehovah neergesit is, nadat Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, Jegonʹja,+ die seun van Joʹjakim,+ die koning van Juda, en die vorste van Juda en die vakmanne+ en die bouers van verskansings uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het, om hulle na Babilon te bring.+  Wat die een mandjie betref, die vye was baie goed, soos vroeë vye;+ en wat die ander mandjie betref, die vye was baie sleg, te sleg om te eet.  En Jehovah het vir my gesê: “Wat sien jy, Jeremia?” Toe het ek gesê: “Vye; die goeie vye is baie goed, en die slegtes is baie sleg, te sleg om te eet.”+  Toe het die woord van Jehovah tot my gekom en gesê:  “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê: ‘Soos hierdie goeie vye, so sal ek die ballinge van Juda, wat ek uit hierdie plek na die land van die Galdeërs sal wegstuur,+ ten goede aansien.+  En ek sal my oog ten goede op hulle rig,+ en ek sal hulle beslis na hierdie land laat terugkeer.+ En ek sal hulle opbou, en ek sal nie afbreek nie; en ek sal hulle plant, en ek sal nie uitruk nie.+  En ek sal hulle ’n hart gee om my te ken,+ dat ek Jehovah is; en hulle sal my volk word,+ en ek sal hulle God word, want hulle sal tot my terugkeer met hulle hele hart.+  “‘En soos die slegte vye wat te sleg is om te eet,+ ja, só het Jehovah gesê: “So sal ek Sedekiʹa,+ die koning van Juda, maak en sy vorste en die oorblyfsel van Jerusalem wat in hierdie land oorgebly het+ en dié wat in Egipteland woon+  ek sal hulle ook ’n voorwerp van bewing, van rampspoed, maak in al die koninkryke van die aarde,+ ’n smaad en ’n spreekwoord, ’n spot+ en ’n vervloeking,+ in al die plekke waarheen ek hulle sal verstrooi.+ 10  En ek sal die swaard,+ die hongersnood+ en die pes+ teen hulle stuur, totdat hulle aan hulle einde kom in die land wat ek aan hulle en aan hulle voorvaders gegee het.”’”+

Voetnote