Jeremia 25:1-38

25  Die woord wat tot Jeremia gekom het oor die hele volk van Juda in die vierde jaar van Joʹjakim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, dit wil sê die eerste jaar van Nebukadreʹsar, die koning van Babilon;  wat die profeet Jeremia gespreek het oor die hele volk van Juda en oor al die inwoners van Jerusalem, deur te sê:  “Vanaf die dertiende jaar van Josiʹa,+ die seun van Amon, die koning van Juda, en tot vandag toe, dié drie-en-twintig jaar het die woord van Jehovah tot my gekom, en ek het tot julle gespreek, ja, vroeg opgestaan en gespreek, maar julle het nie geluister nie.+  En Jehovah het al sy knegte, die profete, na julle toe gestuur, ja, vroeg opgestaan en hulle gestuur, maar julle het nie geluister nie,+ en ook het julle nie julle oor geneig om te luister nie,+  terwyl hulle sê: ‘Keer asseblief terug, elkeen van sy slegte weg en van die slegtheid van julle handelinge,+ en woon in die land wat Jehovah al lank gelede en tot ver in die toekoms aan julle en aan julle voorvaders gegee het.+  En moenie agter ander gode aan loop om hulle te dien en julle voor hulle neer te buig nie, sodat julle my nie aanstoot gee met die werk van julle hande nie en sodat ek nie rampspoed oor julle bring nie.’+  “‘Maar julle het nie na my geluister nie’, is die woord van Jehovah, ‘met die bedoeling om my aanstoot te gee met die werk van julle hande, tot rampspoed vir julle.’+  “Daarom, só het Jehovah van die leërs gesê: ‘“Omdat julle nie my woorde gehoorsaam het nie,  laat ek al die families van die noorde haal”,+ is die woord van Jehovah, “selfs Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, my kneg,+ en ek sal hulle bring teen hierdie land+ en teen sy inwoners en teen al hierdie nasies rondom;+ en ek sal hulle aan vernietiging oorgee en hulle ’n voorwerp van verbasing maak en iets om oor te fluit+ en verwoeste plekke tot onbepaalde tyd.+ 10  En ek sal uit hulle die geluid van verheuging en die geluid van blydskap,+ die stem van die bruidegom en die stem van die bruid,+ die geluid van die handmeul+ en die lig van die lamp laat verdwyn.+ 11  En hierdie hele land sal ’n verwoeste plek word, ’n voorwerp van verbasing, en hierdie nasies sal die koning van Babilon sewentig jaar lank moet dien.”’+ 12  “‘En wanneer sewentig jaar vervul is,+ sal ek van die koning van Babilon en van daardie nasie rekenskap eis’,+ is die woord van Jehovah, ‘vir hulle oortreding, ja, van die land van die Galdeërs,+ en ek sal dit tot onbepaalde tyd verlate woestenye maak.+ 13  En ek sal oor daardie land al my woorde bring wat ek daarteen gespreek het, ja, alles wat in hierdie boek geskrywe staan wat Jeremia teen al die nasies geprofeteer het.+ 14  Want ook hulle, baie nasies en groot konings,+ het hulle as knegte uitgebuit;+ en ek sal hulle vergeld volgens hulle dade en volgens die werk van hulle hande.’”+ 15  Want só het Jehovah, die God van Israel, vir my gesê: “Neem hierdie beker van die wyn van woede uit my hand, en jy moet al die nasies na wie toe ek jou stuur, dit laat drink.+ 16  En hulle sal drink en heen en weer skud en soos waansinniges optree weens die swaard wat ek onder hulle stuur.”+ 17  En ek het die beker uit die hand van Jehovah geneem en al die nasies laat drink na wie toe Jehovah my gestuur het:+ 18  naamlik Jerusalem en die stede van Juda en sy konings, sy vorste, om hulle ’n verwoeste plek te maak, ’n voorwerp van verbasing,+ iets om oor te fluit en ’n vervloeking, soos dit vandag is;+ 19  Farao, die koning van Egipte, en sy knegte en sy vorste en sy hele volk;+ 20  en die hele gemengde geselskap, en al die konings van die land Us,+ en al die konings van die land van die Filistyne+ en Asʹkelon+ en Gasa+ en Ekron+ en die oorblyfsel van Asdod;+ 21  Edom+ en Moab+ en die kinders van Ammon;+ 22  en al die konings van Tirus+ en al die konings van Sidon+ en die konings van die eiland wat in die seestreek is; 23  en Dedan+ en Tema+ en Bus en almal wie se hare aan die slape weggeknip is;+ 24  en al die konings van die Arabiere+ en al die konings van die gemengde geselskap wat in die wildernis woon; 25  en al die konings van Simri en al die konings van Elam+ en al die konings van die Mede;+ 26  en al die konings van die noorde wat naby en ver is, die een ná die ander, en al die ander koninkryke van die aarde wat op die oppervlak van die aarde is; en die koning van Sesag+ sal ná hulle drink. 27  “En jy moet vir hulle sê: ‘Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: “Drink en word dronk en braak en val sodat julle nie kan opstaan nie+ weens die swaard wat ek onder julle stuur.”’+ 28  En as hulle weier om die beker uit jou hand te neem om te drink, dan moet jy vir hulle sê: ‘Só het Jehovah van die leërs gesê: “Julle sal vir seker drink.+ 29  Want kyk! oor die stad waaroor my naam uitgeroep is, begin ek rampspoed bring,+ en sal julle enigsins ongestraf bly?”’+ “‘Julle sal nie ongestraf bly nie, want ek roep ’n swaard teen al die bewoners van die aarde’, is die woord van Jehovah van die leërs. 30  “En wat jou betref, jy sal al hierdie woorde vir hulle profeteer, en jy moet vir hulle sê: ‘Uit die hoogte sal Jehovah brul,+ en uit sy heilige woonplek sal hy sy stem laat hoor.+ Vir seker sal hy oor sy woonplek brul. ’n Gejuig soos van dié wat die wynpers trap, sal hy teen al die bewoners van die aarde aanhef.’+ 31  “‘’n Geraas sal beslis tot by die verste deel van die aarde kom, want Jehovah het ’n geskil met die nasies.+ Hy sal persoonlik in die gerig tree met alle vlees.+ Wat die goddeloses betref, hy sal hulle aan die swaard oorgee’,+ is die woord van Jehovah. 32  “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Kyk! ’n Rampspoed gaan uit van nasie tot nasie,+ en ’n groot storm sal uit die mees afgeleë dele van die aarde opgewek word.+ 33  En dié wat deur Jehovah omgebring is, sal dié dag beslis van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde lê.+ Daar sal nie oor hulle geweeklaag word nie, en ook sal hulle nie versamel of begrawe word nie.+ Soos mis op die oppervlak van die aarde sal hulle word.’+ 34  “Weeklaag, o herders, en skreeu!+ En rol rond,+ o vooraanstaandes van die kudde,+ want julle dae om geslag en verstrooi te word, is vervul,+ en julle sal val soos ’n begeerlike houer!+ 35  En ’n toevlugsoord is vir die herders verlore, en ’n uitweg vir die vooraanstaandes van die kudde.+ 36  Luister! Die geskreeu van die herders en die geweeklaag van die vooraanstaandes van die kudde, want Jehovah plunder hulle weiding. 37  En die vreedsame woonplekke is leweloos gemaak weens die brandende toorn van Jehovah.+ 38  Hy het sy skuilplek verlaat soos ’n jong maanhaarleeu,+ want hulle land het ’n voorwerp van verbasing geword weens die verdrukkende swaard en weens sy brandende toorn.”+

Voetnote