Jeremia 26:1-24

26  In die begin van die koninklike heerskappy van Joʹjakim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, het hierdie woord van Jehovah gekom en gesê:  “Só het Jehovah gesê: ‘Gaan staan in die voorhof van die huis van Jehovah,+ en jy moet aangaande al die stede van Juda wat kom om hulle by die huis van Jehovah neer te buig, al die woorde spreek wat ek jou sal beveel om tot hulle te spreek.+ Moenie ’n enkele woord wegneem nie.+  Miskien sal hulle luister en terugkeer, elkeen van sy slegte weg,+ en ek sal moet spyt voel oor die rampspoed wat ek dink om oor hulle te bring weens die slegtheid van hulle handelinge.+  En jy moet vir hulle sê: “Só het Jehovah gesê: ‘As julle nie na my luister deur in my wet te wandel+ wat ek julle voorgehou het nie,+  deur te luister na die woorde van my knegte, die profete, wat ek na julle toe stuur, ja, vroeg opstaan en stuur, na wie julle nie geluister het nie,+  dan sal ek hierdie huis soos die een in Silo maak,+ en hierdie stad sal ek ’n vervloeking vir al die nasies van die aarde maak.’”’”+  En die priesters en die profete en die hele volk het Jeremia hierdie woorde in die huis van Jehovah hoor spreek.+  En toe Jeremia klaar alles gespreek het wat Jehovah hom beveel het om tot die hele volk te spreek, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: “Jy sal sekerlik sterf.+  Waarom het jy in die naam van Jehovah geprofeteer en gesê: ‘Hierdie huis sal soos die een in Silo+ word, en hierdie stad sal verwoes word om sonder inwoner te wees’?” En die hele volk het om Jeremia bly bymekaarkom in die huis van Jehovah. 10  Na ’n ruk het die vorste van Juda hierdie woorde gehoor, en hulle het uit die huis van die koning opgekom na die huis van Jehovah+ en in die ingang van die nuwe poort van Jehovah gaan sit.+ 11  En die priesters en die profete het vir die vorste en vir die hele volk begin sê: “Hierdie man verdien die doodsvonnis,+ want hy het oor hierdie stad geprofeteer soos julle met julle eie ore gehoor het.”+ 12  Daarop het Jeremia vir al die vorste en vir die hele volk gesê: “Dit was Jehovah wat my gestuur het om oor hierdie huis en oor hierdie stad al die woorde te profeteer wat julle gehoor het.+ 13  En maak nou julle weë en julle handelinge goed,+ en gehoorsaam die stem van Jehovah julle God, en Jehovah sal spyt voel oor die rampspoed wat hy teen julle gespreek het.+ 14  En wat my betref, kyk, ek is in julle hand.+ Doen met my wat goed en wat reg is in julle oë.+ 15  Maar julle moet vir seker weet dat julle onskuldige bloed oor julle en oor hierdie stad en oor sy inwoners bring as julle my doodmaak,+ want Jehovah het my inderdaad na julle toe gestuur om al hierdie woorde voor julle ore te spreek.”+ 16  Toe het die vorste+ en die hele volk vir die priesters en vir die profete gesê: “Hierdie man verdien geen doodsvonnis nie,+ want in die naam van Jehovah ons God het hy met ons gespreek.”+ 17  Verder het sekere van die ouer manne van die land opgestaan en vir die hele gemeente van die volk begin sê:+ 18  “Miga+ van Moreʹset+ het in die dae van Hiskiʹa, die koning van Juda,+ geprofeteer en vir die hele volk van Juda gesê: ‘Só het Jehovah van die leërs gesê: “Sion sal soos ’n land omgeploeg word,+ en Jerusalem sal puinhope word,+ en die berg van die Huis sal die hoogtes van ’n woud word.”’+ 19  Het Hiskiʹa, die koning van Juda, en almal van Juda hom ooit doodgemaak? Het hy Jehovah nie gevrees en die aangesig van Jehovah versag,+ sodat Jehovah begin spyt voel het oor die rampspoed wat hy teen hulle gespreek het nie?+ Ons bewerk dus groot rampspoed teen ons siel.+ 20  “En daar was ook ’n man wat in die naam van Jehovah geprofeteer het, Uriʹa, die seun van Semaʹja, uit Kirʹjat-Jeaʹrim.+ En hy het teen hierdie stad en teen hierdie land bly profeteer ooreenkomstig al die woorde van Jeremia. 21  En koning Joʹjakim+ en al sy sterk manne en al die vorste het sy woorde te hore gekom, en die koning het hom toe probeer doodmaak.+ Toe Uriʹa daarvan te hore kom, het hy dadelik bang geword+ en gevlug en in Egipte gekom. 22  Maar koning Joʹjakim het manne na Egipte gestuur, Elʹnatan, die seun van Agbor,+ en ander manne saam met hom na Egipte. 23  En hulle het Uriʹa uit Egipte gebring en hom na koning Joʹjakim gebring, wat hom toe met die swaard doodgemaak het+ en sy lyk in die begraafplaas van die kinders van die volk gegooi het.” 24  Ook was die hand van Ahiʹkam,+ die seun van Safan,+ met Jeremia, sodat hy nie in die hand van die volk gegee is om hom te laat doodmaak nie.+

Voetnote