Jeremia 27:1-22

27  In die begin van die koninkryk van Joʹjakim, die seun van Josiʹa,+ die koning van Juda, het hierdie woord van Jehovah tot Jeremia gekom en gesê:  “Só het Jehovah vir my gesê: ‘Maak vir jou stroppe en jukke,+ en jy moet dit op jou nek sit.+  En jy moet dit stuur na die koning van Edom+ en na die koning van Moab+ en na die koning van die kinders van Ammon+ en na die koning van Tirus+ en na die koning van Sidon,+ deur die hand van die boodskappers wat na Jerusalem, na Sedekiʹa, die koning van Juda, kom.  En jy moet hulle ’n bevel vir hulle here gee en sê: “‘“Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel,+ gesê; só moet julle vir julle here sê:  ‘Ek het die aarde,+ die mense+ en die diere+ wat op die oppervlak van die aarde is, deur my groot krag+ en deur my uitgestrekte arm+ gemaak; en ek het dit gegee aan wie dit reg was in my oë.+  En nou het ek al hierdie lande gegee in die hand van Nebukadneʹsar, die koning van Babilon,+ my kneg;+ en selfs die wilde diere van die veld het ek aan hom gegee om hom te dien.+  En al die nasies sal hom en sy seun en sy kleinseun dien,+ totdat die tyd ook vir sy land kom,+ en baie nasies en groot konings sal hom as ’n kneg uitbuit.’+  “‘“‘En die nasie en die koninkryk wat hom, ja, Nebukadneʹsar, die koning van Babilon, nie sal dien nie, en wat sy nek nie onder die juk van die koning van Babilon sal sit nie—met die swaard+ en met die hongersnood+ en met die pes+ sal ek my aandag op dié nasie rig’, is die woord van Jehovah, ‘totdat ek deur sy hand ’n einde aan hulle gemaak het.’+  “‘“‘En wat julle betref, moenie luister na julle profete+ en na julle waarsêers en na julle dromers+ en na julle beoefenaars van die toorkuns en na julle towenaars+ nie, wat vir julle sê: “Julle sal nie die koning van Babilon dien nie.”+ 10  Want hulle profeteer leuens vir julle, om julle ver van julle land te laat wegvoer; en ek sal julle moet verstrooi, en julle sal moet omkom.+ 11  “‘“‘En wat die nasie betref wat sy nek onder die juk van die koning van Babilon sal bring en hom sal dien, dié sal ek ook rustig in sy land laat bly’, is die woord van Jehovah, ‘en hulle sal dit beslis bewerk en daarin woon.’”’”+ 12  Selfs met Sedekiʹa,+ die koning van Juda, het ek ooreenkomstig al hierdie woorde gespreek+ en gesê: “Bring julle nekke onder die juk van die koning van Babilon en dien hom en sy volk en bly lewe.+ 13  Waarom moet u en u volk deur die swaard,+ deur die hongersnood+ en deur die pes+ sterf, volgens wat Jehovah gespreek het tot die nasie wat nie die koning van Babilon dien nie? 14  En moenie luister na die woorde van die profete nie, wat vir julle sê: ‘Julle sal nie die koning van Babilon dien nie’,+ want hulle profeteer leuens vir julle.+ 15  “‘Want ek het hulle nie gestuur nie’, is die woord van Jehovah, ‘maar hulle profeteer vals in my naam, sodat ek julle sal verstrooi,+ en julle sal moet vergaan,+ julle en die profete wat vir julle profeteer.’”+ 16  En met die priesters en met hierdie hele volk het ek gepraat en gesê: “Só het Jehovah gesê: ‘Moenie luister na die woorde van julle profete nie, wat vir julle profeteer en sê: “Kyk! Die voorwerpe van die huis van Jehovah word nou binnekort uit Babilon teruggebring!”+ Want hulle profeteer leuens vir julle.+ 17  Moenie na hulle luister nie. Dien die koning van Babilon en bly lewe.+ Waarom moet hierdie stad ’n verwoeste plek word?+ 18  Maar as hulle profete is en as die woord van Jehovah by hulle is, laat hulle asseblief Jehovah van die leërs smeek+ dat die voorwerpe wat in die huis van Jehovah en die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het, nie in Babilon kom nie.’ 19  “Want só het Jehovah van die leërs gesê oor die pilare+ en oor die see+ en oor die waentjies+ en oor die res van die voorwerpe wat in hierdie stad oorgebly het,+ 20  wat Nebukadneʹsar, die koning van Babilon, nie saamgeneem het toe hy Jegonʹja,+ die seun van Joʹjakim, die koning van Juda, uit Jerusalem in ballingskap na Babilon weggevoer het nie, saam met al die edeles van Juda en Jerusalem;+ 21  want só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê oor die voorwerpe wat in die huis van Jehovah en die huis van die koning van Juda en Jerusalem oorgebly het:+ 22  ‘“Na Babilon sal dit gebring word+ en daar sal dit bly tot die dag dat ek my aandag daarop rig”,+ is die woord van Jehovah. “En ek sal dit gaan haal en dit na hierdie plek terugbring.”’”+

Voetnote