Jeremia 28:1-17

28  En in dié jaar, in die begin van die koninkryk van Sedekiʹa,+ die koning van Juda, in die vierde jaar, in die vyfde maand, het Hananʹja,+ die seun van Assur, die profeet wat uit Giʹbeon+ was, in die huis van Jehovah voor die oë van die priesters en van die hele volk vir my gesê:  “Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Ek sal die juk van die koning van Babilon verbreek.+  Binne nog twee volle jare bring ek na hierdie plek al die voorwerpe van die huis van Jehovah terug wat Nebukadneʹsar, die koning van Babilon,+ uit hierdie plek geneem het om dit na Babilon te bring.’”  “‘En Jegonʹja,+ die seun van Joʹjakim,+ die koning van Juda, en al die ballinge van Juda wat na Babilon gegaan het,+ bring ek na hierdie plek terug’, is die woord van Jehovah, ‘want ek sal die juk+ van die koning van Babilon verbreek.’”  En die profeet Jeremia het voor die oë van die priesters en voor die oë van die hele volk wat in die huis van Jehovah gestaan het, vir die profeet Hananʹja gesê;+  ja, die profeet Jeremia het gesê: “Amen!+ Mag Jehovah so doen! Mag Jehovah jou woorde bevestig wat jy geprofeteer het, deur die voorwerpe van die huis van Jehovah en al die ballinge uit Babilon na hierdie plek terug te bring!+  Maar hoor asseblief hierdie woord wat ek voor jou ore en voor die ore van die hele volk spreek.+  Wat die profete betref wat voor my en voor jou was, van lankal af,+ hulle het ook oor baie lande en oor groot koninkryke geprofeteer, van oorlog en van rampspoed en van pes.+  Wat die profeet betref wat van vrede profeteer,+ wanneer die woord van die profeet bewaarheid word, sal die profeet bekend word wat Jehovah waarlik gestuur het.”+ 10  Toe het die profeet Hananʹja die juk van die nek van die profeet Jeremia afgeneem en dit gebreek.+ 11  En Hananʹja+ het voor die oë van die hele volk gesê: “Só het Jehovah gesê:+ ‘Net so sal ek binne nog twee volle jare die juk van Nebukadneʹsar, die koning van Babilon, verbreek van die nek van al die nasies af.’”+ En die profeet Jeremia het weggegaan.+ 12  Toe het die woord van Jehovah tot Jeremia gekom,+ nadat die profeet Hananʹja die juk van die nek van die profeet Jeremia afgeneem en gebreek het, en gesê: 13  “Gaan, en jy moet vir Hananʹja sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Houtjukke+ het jy gebreek, en in die plek daarvan sal jy ysterjukke+ moet maak.” 14  Want só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: “’n Ysterjuk sal ek op die nek van al hierdie nasies sit, om Nebukadneʹsar, die koning van Babilon, te dien;+ en hulle sal hom dien.+ En selfs die wilde diere van die veld sal ek aan hom gee.”’”+ 15  En die profeet Jeremia het vir die profeet Hananʹja+ gesê: “Luister asseblief, o Hananʹja! Jehovah het jou nie gestuur nie, maar jy het hierdie volk op ’n leuen laat vertrou.+ 16  Daarom, só het Jehovah gesê: ‘Kyk! Ek stuur jou weg van die oppervlak van die aarde af. Vanjaar sal jy sterf,+ want jy het openlike opstand teen Jehovah verkondig.’”+ 17  En die profeet Hananʹja het in dié jaar, in die sewende maand, gesterf.+

Voetnote