Jeremia 29:1-32

29  En dit is die woorde van die brief wat die profeet Jeremia uit Jerusalem gestuur het aan die oorblywende ouer manne van die ballinge en aan die priesters en aan die profete en aan die hele volk wat Nebukadneʹsar uit Jerusalem in ballingskap na Babilon weggevoer het,+  nadat koning Jegonʹja+ en die dame+ en die hofbeamptes, die vorste van Juda en Jerusalem,+ en die vakmanne en die bouers van verskansings+ uit Jerusalem weg is.  Deur die hand van Elaʹsa, die seun van Safan,+ en Gemarʹja, die seun van Hilkiʹa, wat Sedekiʹa,+ die koning van Juda, na Babilon, na Nebukadneʹsar, die koning van Babilon, gestuur het, het dit gekom en gesê:  “Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê vir al die ballinge wat ek uit Jerusalem in ballingskap na Babilon laat gaan het:+  ‘Bou huise en bewoon dit, en lê tuine aan en eet die vrugte daarvan.+  Neem vrouens en word die vader van seuns en dogters;+ en neem vrouens vir julle seuns en gee julle dogters aan mans, sodat hulle aan seuns en dogters geboorte kan gee; en word daar baie, en moenie min word nie.  Soek ook die vrede van die stad waarheen ek julle in ballingskap laat gaan het, en bid daarvoor tot Jehovah, want in die vrede daarvan sal daar vir julle vrede wees.+  Want só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: “Laat julle profete wat onder julle is en julle waarsêers julle nie bedrieg nie,+ en moenie luister na hulle drome wat hulle droom nie.+  Want ‘op grond van leuens profeteer hulle vir julle in my naam. Ek het hulle nie gestuur nie’,+ is die woord van Jehovah.”’” 10  “Want só het Jehovah gesê: ‘Wanneer sewentig jaar in Babilon vervul is, sal ek my aandag op julle rig,+ en ek sal my goeie woord teenoor julle bevestig deur julle na hierdie plek terug te bring.’+ 11  “‘Want ek weet goed watter gedagtes ek teenoor julle koester’,+ is die woord van Jehovah, ‘gedagtes van vrede en nie van rampspoed nie,+ om julle ’n toekoms en ’n hoop te gee.+ 12  En julle sal my beslis aanroep en kom en tot my bid, en ek sal na julle luister.’+ 13  “‘En julle sal my soek en vind,+ want julle sal my met julle hele hart soek.+ 14  En ek sal my deur julle laat vind’,+ is die woord van Jehovah. ‘En ek sal julle groep gevangenes versamel en julle bymekaarmaak uit al die nasies en uit al die plekke waarheen ek julle verstrooi het’,+ is die woord van Jehovah. ‘En ek sal julle terugbring na die plek waarvandaan ek julle in ballingskap laat gaan het.’+ 15  “Maar julle het gesê: ‘Jehovah het vir ons profete in Babilon verwek.’ 16  “Want só het Jehovah gesê vir die koning wat op die troon van Dawid sit+ en vir die hele volk wat in hierdie stad woon, julle broers wat nie saam met julle in ballingskap gegaan het nie:+ 17  ‘Só het Jehovah van die leërs gesê: “Kyk, ek stuur die swaard,+ die hongersnood+ en die pes+ teen hulle, en ek sal hulle soos die oopgebarste vye maak wat te sleg is om te eet.”’+ 18  “‘En ek sal hulle met die swaard, met die hongersnood en met die pes agtervolg, en ek sal hulle ’n voorwerp van bewing maak vir al die koninkryke van die aarde,+ ’n vloek en ’n voorwerp van verbasing en iets om oor te fluit en ’n smaad onder al die nasies waarheen ek hulle beslis sal verstrooi,+ 19  omdat hulle nie na my woorde geluister het nie’, is die woord van Jehovah, ‘waarmee ek my knegte, die profete, na hulle toe gestuur het, ja, vroeg opgestaan en hulle gestuur het.’+ “‘Maar julle het nie geluister nie’,+ is die woord van Jehovah. 20  “En wat julle betref, hoor die woord van Jehovah, al julle ballinge+ wat ek uit Jerusalem na Babilon weggestuur het.+ 21  Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê oor Agab, die seun van Kolaʹja, en vir Sedekiʹa, die seun van Maäseʹja, wat vir julle leuens profeteer in my naam:+ ‘Kyk, ek gee hulle in die hand van Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, en hy sal hulle voor julle oë doodmaak.+ 22  En aan hulle sal ’n vervloeking beslis ontleen word deur die hele groep ballinge van Juda wat in Babilon is, deurdat daar gesê sal word: “Mag Jehovah jou soos Sedekiʹa en soos Agab maak,+ wat deur die koning van Babilon in die vuur gebraai is!”+ 23  omdat hulle verstandeloosheid in Israel bedryf het+ en voortdurend egbreuk met die vrouens van hulle metgeselle pleeg+ en valslik in my naam die woord spreek wat ek hulle nie beveel het nie.+ “‘“En ek is die Een wat weet en is ’n getuie”,+ is die woord van Jehovah.’” 24  “En vir Semaʹja+ van Neheʹlam moet jy sê: 25  ‘Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: “Omdat jy in jou naam briewe gestuur het+ aan die hele volk wat in Jerusalem is, en aan Sefanʹja,+ die seun van Maäseʹja, die priester, en aan al die priesters, waarin jy gesê het: 26  ‘Jehovah het jou as priester aangestel in die plek van die priester Joʹjada, om die groot opsiener van die huis van Jehovah+ te word ten opsigte van elke man wat kranksinnig geword het+ en hom soos ’n profeet gedra, en jy moet hom in die blok en in die nekboei sit;+ 27  waarom het jy dan nou nie vir Jeremia van Aʹnatot,+ wat hom by julle soos ’n profeet gedra,+ bestraf nie? 28  Want daarom het hy na ons in Babilon gestuur en gesê: “Dit duur nog lank! Bou huise en bewoon dit, en lê tuine aan en eet die vrugte daarvan+—”’”’” 29  En die priester Sefanʹja+ het hierdie brief voor die ore van die profeet Jeremia gelees. 30  Toe het die woord van Jehovah tot Jeremia gekom en gesê: 31  “Stuur na al die ballinge+ en sê: ‘Só het Jehovah oor Semaʹja van Neheʹlam gesê: “Omdat Semaʹja vir julle geprofeteer het, maar ek hom nie gestuur het nie, en hy julle op leuens wou laat vertrou,+ 32  daarom, só het Jehovah gesê: ‘Kyk, ek rig my aandag op Semaʹja+ van Neheʹlam en op sy nageslag.’+ “‘“‘Hy sal niemand hê wat onder hierdie volk woon nie;+ en hy sal die goeie wat ek vir my volk doen, nie aanskou nie’,+ is die woord van Jehovah, ‘want hy het openlike opstand teen Jehovah gespreek.’”’”+

Voetnote