Jeremia 3:1-25
3 Daar is ’n gesegde: “As ’n man sy vrou wegstuur en sy van hom af weggaan en ’n ander man s’n word, moet hy dan nog na haar terugkeer?”+
Is daardie land nie gewis besoedel nie?+
“En jy het met baie metgeselle prostitusie gepleeg;+ en sou daar ’n terugkeer tot my wees?”+ is die woord van Jehovah.
2 “Slaan jou oë op na die gebaande weë en kyk.+ Waar is jy nie verkrag nie?+ Langs die paaie het jy vir hulle gesit, soos ’n Arabier in die wildernis;+ en jy hou aan om die land met jou dade van prostitusie en met jou slegtheid te besoedel.+
3 Daarom word oorvloedige reënbuie teruggehou,+ en daar was nie eens ’n lentereën nie.+ En jy het die voorkop gekry van ’n vrou wat prostitusie pleeg. Jy het geweier om verneder te voel.+
4 Het jy van nou af tot my begin roep: ‘My Vader,+ u is die vertroude vriend van my jeug!+
5 Moet u tot onbepaalde tyd gebelg bly of vir ewig op iets ag gee?’+ Kyk! Jy het gespreek, en jy het voortgegaan om slegte dinge te doen en die oorhand te kry.”+
6 En Jehovah het in die dae van koning Josiʹa+ vir my gesê: “‘Het jy gesien wat ontroue Israel gedoen het?+ Sy gaan op elke hoë berg+ en onder elke blaarryke boom,+ sodat sy daar prostitusie kan pleeg.+
7 En nadat sy al hierdie dinge gedoen het, het ek aanhoudend gesê dat sy tot my moet terugkeer, maar sy het nie teruggekeer nie;+ en Juda het na haar verraderlike suster bly kyk.+
8 Toe ek dit sien, ja, omdat ontroue Israel egbreuk gepleeg het, het ek haar weggestuur+ en vir haar die brief van haar volle egskeiding gegee;+ tog het verraderlike Juda, haar suster, nie bang geword nie, maar sy het ook prostitusie gaan pleeg.+
9 En haar prostitusie het plaasgevind weens haar ligsinnige sienswyse, en sy het voortdurend die land besoedel+ en egbreuk gepleeg met klippe en met bome;+
10 en ondanks dit alles het haar verraderlike suster Juda nie met haar hele hart tot my teruggekeer nie,+ maar net valslik’,+ is die woord van Jehovah.”
11 En Jehovah het verder vir my gesê: “Ontroue Israel het getoon dat haar siel regverdiger is as verraderlike Juda.+
12 Gaan, en jy moet hierdie woorde na die noorde+ toe uitroep en sê:
“‘“Keer tog terug, o afvallige Israel”, is die woord van Jehovah.’+ ‘“Ek sal my aangesig nie toornig op julle laat afkyk nie,+ want ek is lojaal”,+ is die woord van Jehovah.’ ‘“Ek sal nie tot onbepaalde tyd gebelg bly nie.+
13 Maar let op jou oortreding, want dit is teen Jehovah jou God wat jy oortree het.+ En jy het aangehou om jou weë na die vreemdelinge+ onder elke blaarryke boom+ te verstrooi, maar na my stem het julle nie geluister nie”, is die woord van Jehovah.’”
14 “Keer terug, o afvallige kinders”,+ is die woord van Jehovah. “Want ek het julle eggenoot-eienaar geword;+ en ek sal julle neem, een uit ’n stad en twee uit ’n familie, en ek sal julle na Sion bring.+
15 En ek sal vir julle herders gee na my hart,+ en hulle sal julle beslis voed met kennis en insig.+
16 En julle sal baie word en beslis vrug dra in die land in daardie dae”, is die woord van Jehovah.+ “Hulle sal nie meer sê: ‘Die ark van die verbond van Jehovah!’+ nie, en dit sal nie in die hart opkom nie, en ook sal hulle nie daaraan dink+ of dit mis nie, en dit sal nie meer gemaak word nie.
17 In dié tyd sal hulle Jerusalem die troon van Jehovah noem;+ en al die nasies sal daar bymekaargebring word+ vir die naam van Jehovah in Jerusalem,+ en hulle sal nie meer volgens die wederstrewigheid van hulle slegte hart wandel nie.”+
18 “In dié dae sal hulle wandel, die huis van Juda sy aan sy met die huis van Israel,+ en hulle sal saam+ uit die land van die noorde kom na die land wat ek as ’n erfbesitting aan julle voorvaders gegee het.+
19 En ek het gesê: ‘Hoe het ek jou tog onder die seuns geplaas en aan jou die begeerlike land gegee,+ die erfbesitting van die sieraad van die leërs van die nasies!’ En ek het verder gesê: ‘“My Vader!”+ sal julle tot my roep, en julle sal julle nie daarvan afkeer om my te volg nie.’
20 ‘Waarlik, soos ’n vrou haar metgesel verraderlik verlaat het,+ so het julle, o huis van Israel, verraderlik met my gehandel’,+ is die woord van Jehovah.”
21 Op die gebaande weë is ’n geluid gehoor, die gehuil, die dringende versoeke van die kinders van Israel. Want hulle het hulle weg verdraai;+ hulle het Jehovah hulle God vergeet.+
22 “Keer terug, julle afvallige kinders.+ Ek sal julle afvallige toestand genees.”+
“Hier is ons! Ons het na u toe gekom, want u, o Jehovah, is ons God.+
23 Waarlik, die heuwels sowel as die rumoer op die berge+ is bedrog.+ Waarlik, in Jehovah ons God is die redding van Israel.+
24 Maar die skandelike ding+ het van ons jeug af die moeisame arbeid van ons voorvaders verteer, hulle kleinvee en hulle beeste, hulle seuns en hulle dogters.
25 Ons gaan lê in ons skaamte,+ en ons vernedering bly ons bedek;+ want dit is teen Jehovah ons God wat ons gesondig het,+ ons en ons vaders van ons jeug af en tot vandag toe,+ en ons het die stem van Jehovah ons God nie gehoorsaam nie.”+