Jeremia 30:1-24

30  Die woord wat van Jehovah tot Jeremia gekom en gesê het:  “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê: ‘Skryf vir jou in ’n boek al die woorde wat ek tot jou sal spreek.+  Want “kyk! daar kom dae”, is die woord van Jehovah, “en ek sal die gevangenes van my volk, Israel en Juda, versamel”,+ het Jehovah gesê, “en ek sal hulle terugbring na die land wat ek aan hulle voorvaders gegee het, en hulle sal dit beslis weer in besit neem.”’”+  En dit is die woorde wat Jehovah tot Israel en tot Juda gespreek het.  Want só het Jehovah gesê: “Ons het die geluid van bewing gehoor, angs,+ en daar is geen vrede nie.  VRA asseblief en kyk of ’n man geboorte gee. Waarom het ek elke man met sy hande op sy lendene gesien soos ’n vrou wat geboorte gee,+ en het alle gesigte bleek geword?+  Wee! Want dié dag is groot,+ sonder gelyke,+ en dit is die tyd van benoudheid vir Jakob.+ Maar hy sal daaruit gered word.”  “En in dié dag”, is die woord van Jehovah van die leërs, “sal ek sy juk verbreek van jou nek af, en jou stroppe sal ek in twee breek,+ en vreemdelinge sal hom nie meer as ’n kneg uitbuit nie.  En hulle sal beslis Jehovah hulle God dien en hulle koning Dawid,+ wat ek vir hulle sal verwek.”+ 10  “En wat jou betref, moenie bang wees nie, o my kneg Jakob”, is die woord van Jehovah, “en moenie met verskrikking vervul wees nie, o Israel.+ Want kyk, ek red jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap.+ En Jakob sal beslis terugkeer en rus geniet en gerus wees, en daar sal niemand wees wat bewing veroorsaak nie.”+ 11  “Want ek is met jou”, is die woord van Jehovah, “om jou te red;+ maar ek sal al die nasies uitroei waarheen ek jou verstrooi het.+ Maar jou sal ek nie uitroei nie.+ En ek sal jou in die regte mate moet teregwys, aangesien ek jou geensins ongestraf sal laat bly nie.”+ 12  Want só het Jehovah gesê: “Daar is geen genesing vir jou breuk nie.+ Jou wond is ongeneeslik.+ 13  Wat jou sweer betref, daar is niemand wat jou saak bepleit nie.+ Daar is geen geneesmiddel, geen genesing, vir jou nie.+ 14  Almal wat jou intens liefhet, hulle het jou vergeet.+ Dit is nie na jou dat hulle bly soek nie. Want met die slag van ’n vyand het ek jou geslaan,+ met die tugtiging van iemand wat wreed is,+ weens die oorvloed van jou oortredings;+ jou sondes het talryk geword.+ 15  Waarom skreeu jy weens jou verbreking?+ Jou pyn is ongeneeslik weens die oorvloed van jou oortredings; jou sondes het talryk geword.+ Ek het jou hierdie dinge aangedoen. 16  Daarom sal almal wat jou verslind, verslind word;+ en wat al jou teenstanders betref, in gevangenskap sal hulle almal gaan.+ En dié wat jou plunder, sal beslis geplunder word, en almal wat jou beroof, sal ek oorgee om beroof te word.”+ 17  “Want ek sal vir jou genesing teweegbring, en van jou wonde sal ek jou genees”,+ is die woord van Jehovah. “Want ’n weggejaagde vrou het hulle jou genoem:+ ‘Dit is Sion, na wie niemand soek nie.’”+ 18  Só het Jehovah gesê: “Kyk, ek versamel die gevangenes van die tente van Jakob,+ en oor sy wonings sal ek my ontferm. En die stad sal op sy puinhoop herbou word;+ en op sy regmatige plek sal die woontoring staan.+ 19  En uit hulle sal daar beslis danksegging uitgaan en die geluid van dié wat lag.+ En ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie min word nie;+ en ek sal hulle talryk maak, en hulle sal nie onbeduidend word nie.+ 20  En sy seuns sal soos in vroeër tye word, en voor my sal sy vergadering stewig gevestig word.+ En ek sal my aandag op al sy onderdrukkers rig.+ 21  En sy vooraanstaande sal beslis uit hom kom,+ en uit sy midde sal sy heerser voortkom;+ en ek sal hom laat nader kom, en hy moet na my toe kom.”+ “Want wie is hy tog wat sy hart verpand het om na my toe te kom?”+ is die woord van Jehovah. 22  “En julle sal beslis my volk word,+ en ek sal julle God word.”+ 23  Kyk! ’n Windstorm van Jehovah, woede, het uitgegaan, ’n meesleurende orkaan.+ Op die hoof van die goddeloses sal dit neerwarrel.+ 24  Die brandende toorn van Jehovah sal nie wyk totdat hy die idees van sy hart verwesenlik het en totdat hy dit uitgevoer het nie.+ Aan die einde van die dae sal julle daarop ag gee.+

Voetnote