Jeremia 31:1-40

31  “In dié tyd”, is die woord van Jehovah, “sal ek God word vir al die families van Israel; en wat hulle betref, hulle sal my volk word.”+  Só het Jehovah gesê: “Die volk wat uit oorlewendes van die swaard bestaan, het in die wildernis guns gevind,+ toe Israel getrek het om sy rus te kry.”+  Van ver af het Jehovah aan my verskyn en gesê: “En met ’n liefde tot onbepaalde tyd het ek jou liefgehad.+ Daarom het ek jou met liefderyke goedhartigheid getrek.+  Ek sal jou weer herbou en jy sal herbou word,+ o maagd van Israel. Jy sal jou weer met jou tamboeryne versier en uitgaan in die dans van dié wat lag.+  Jy sal weer wingerde plant op die berge van Samariʹa.+ Die planters sal beslis plant en dit begin gebruik.+  Want daar is ’n dag waarop dié wat in die bergstreek van Eʹfraim op die uitkyk staan, sal uitroep: ‘STAAN OP, en laat ons opgaan na Sion, na Jehovah ons God.’”+  Want só het Jehovah gesê: “ROEP Jakob hard toe met blydskap, en JUIG aan die hoof van die nasies.+ VERKONDIG dit.+ BRING lof en : ‘Red, o Jehovah, u volk, die oorblyfsel van Israel.’+  Kyk, ek bring hulle uit die land van die noorde,+ en ek sal hulle bymekaarmaak uit die mees afgeleë dele van die aarde.+ Onder hulle sal die blindes en die kreupeles wees, die swanger vrou en die een wat geboorte gee, almal saam.+ As ’n groot gemeente sal hulle hierheen terugkeer.+  Met gehuil sal hulle kom,+ en met hulle dringende versoeke om guns sal ek hulle bring. Ek sal hulle na stroomvalleie met water laat gaan,+ op ’n regte weg waarop hulle nie sal struikel nie. Want ek het vir Israel ’n Vader geword;+ en wat Eʹfraim betref, hy is my eersgeborene.”+ 10  Hoor die woord van Jehovah, o nasies, en vertel dit op die eilande ver weg,+ en sê: “Die Een wat Israel verstrooi, sal hom bymekaarmaak,+ en hy sal hom beslis bewaak soos ’n herder sy kudde.+ 11  Want Jehovah sal Jakob loskoop+ en hom terugeis uit die hand van die een wat sterker is as hy.+ 12  En hulle sal beslis kom en met vreugde uitroep op die hoogte van Sion+ en straal oor die goedheid van Jehovah,+ oor die graan en oor die nuwe wyn+ en oor die olie en oor die lammers van die kleinvee en die kalwers van die beeste.+ En hulle siel sal word soos ’n tuin wat goed natgelei word,+ en hulle sal verder nie meer wegkwyn nie.”+ 13  “In dié tyd sal die maagd haar in die dans verbly, ook die jong manne en die ou manne, almal saam.+ En ek sal hulle rou in vreugde verander, en ek sal hulle vertroos en hulle bly maak deur hulle droefheid weg te neem.+ 14  En ek sal die siel van die priesters met vettigheid verkwik,+ en met my goedheid sal my volk versadig word”,+ is die woord van Jehovah. 15  “Só het Jehovah gesê: ‘In Rama+ word ’n stem gehoor, geweeklaag en bitter gehuil;+ Ragel+ huil oor haar seuns.+ Sy het geweier om getroos te word oor haar seuns,+ omdat hulle nie meer daar is nie.’”+ 16  Só het Jehovah gesê: “‘Weerhou jou stem van gehuil en jou oë van trane,+ want daar is ’n beloning vir jou werk’, is die woord van Jehovah, ‘en hulle sal beslis uit die land van die vyand terugkeer.’+ 17  “‘En daar is ’n hoop+ vir jou toekoms’, is die woord van Jehovah, ‘en die kinders sal beslis na hulle eie gebied terugkeer.’”+ 18  “Ek het gewis gehoor hoe Eʹfraim hom bekla:+ ‘U het my tereggewys, sodat ek tereggewys is,+ soos ’n kalf wat nie geleer is nie.+ Laat my terugkeer, en ek sal graag terugkeer,+ want u is Jehovah my God.+ 19  Want ná my terugkeer het ek spyt gevoel;+ en nadat ek tot kennis gebring is, het ek op die dy geslaan.+ Ek het beskaamd gestaan en ek het ook verneder gevoel,+ want ek het die smaad van my jeug gedra.’”+ 20  “Is Eʹfraim vir my ’n dierbare seun of ’n lieflingskind?+ Want in die mate dat ek teen hom gespreek het, sal ek vir seker verder aan hom dink.+ Daarom het my ingewande onstuimig geraak oor hom.+ Ek sal my beslis oor hom ontferm”,+ is die woord van Jehovah. 21  “Rig vir jou padtekens op. Bring vir jou wegwysers aan.+ Rig jou hart op die grootpad, die pad wat jy sal moet gaan.+ Kom terug, o maagd van Israel. Kom terug na hierdie stede van jou.+ 22  Hoe lank sal jy hiernatoe en daarnatoe draai,+ o ontroue dogter?+ Want Jehovah het iets nuuts op die aarde geskep: ’n Vrou sal al om ’n man draai.” 23  Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: “Hulle sal weer hierdie woord in die land van Juda en in sy stede sê wanneer ek hulle gevangenes versamel: ‘Mag Jehovah jou seën,+ o regverdige woonplek,+ o heilige berg.’+ 24  En daarin sal Juda en al sy stede beslis almal saam woon, landbouers en dié wat met die kudde uitgetrek het.+ 25  Want ek sal die moeë siel verkwik, en elke kwynende siel sal ek vul.”+ 26  Hierop het ek wakker geword en begin kyk; en wat my slaap betref, dit was vir my aangenaam. 27  “Kyk! Daar kom dae”, is die woord van Jehovah, “en ek sal die huis van Israel en die huis van Juda besaai met die saad van mense en met die saad van mak diere.”+ 28  “En net soos ek ten opsigte van hulle wakker gebly het+ om uit te ruk en af te breek en om te gooi en te vernietig en skade aan te rig,+ so sal ek ten opsigte van hulle wakker bly om op te bou en te plant”,+ is die woord van Jehovah. 29  “In dié dae sal hulle nie meer sê: ‘Die vaders het die groen druiwe geëet, maar die tande van die kinders het stomp geword’ nie.+ 30  Maar elkeen sal vir sy eie oortreding sterf.+ Elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word.” 31  “Kyk! Daar kom dae”, is die woord van Jehovah, “en ek sal met die huis van Israel+ en met die huis van Juda+ ’n nuwe verbond sluit;+ 32  nie soos die verbond wat ek met hulle voorvaders gesluit het op die dag toe ek hulle hand gevat het om hulle uit Egipteland uit te lei nie,+ ‘my verbond wat hulle verbreek het,+ hoewel ek hulle eggenoot-eienaar+ was’, is die woord van Jehovah.” 33  “Want dit is die verbond+ wat ek ná daardie dae met die huis van Israel sal sluit”,+ is die woord van Jehovah. “Ek sal my wet in hulle binneste sit,+ en in hulle hart sal ek dit skryf.+ En ek sal hulle God word, en hulle sal my volk word.”+ 34  “En hulle sal nie meer elkeen sy metgesel en elkeen sy broer leer+ en sê: ‘KEN Jehovah!’+ nie, want hulle almal sal my ken, van die geringste onder hulle tot selfs die grootste onder hulle”,+ is die woord van Jehovah. “Want ek sal hulle oortreding vergewe, en aan hulle sonde sal ek nie meer dink nie.”+ 35  Só het Jehovah gesê, Hy wat die son gee as lig bedags,+ die insettinge+ van die maan+ en die sterre as lig snags,+ die Een wat die see in beroering bring sodat sy golwe onstuimig word,+ wie se naam Jehovah van die leërs is:+ 36  “‘As hierdie voorskrifte voor my verwyder kon word’,+ is die woord van Jehovah, ‘sou dié wat die saad van Israel is, ook kon ophou om vir altyd ’n nasie voor my te wees.’”+ 37  Só het Jehovah gesê: “‘As die hemel daar bo gemeet en die fondamente van die aarde daar onder nagespeur kon word,+ sou ek ook die hele saad van Israel kon verwerp weens alles wat hulle gedoen het’,+ is die woord van Jehovah.” 38  “Kyk! Daar kom dae”, is die woord van Jehovah, “en die stad sal beslis vir Jehovah gebou word,+ van die Hanaʹneltoring+ af tot by die Hoekpoort.+ 39  En die maatlyn+ sal nog aanloop, reguit tot by die heuwel Gareb, en dit sal beslis met ’n boog na Goa gaan. 40  En die hele laagvlakte van die lyke+ en van die vetterige as,+ en al die terrasse tot by die Kidronstroomvallei,+ tot by die hoek van die Perdepoort+ teen die sonsopgang, sal iets heiligs vir Jehovah wees.+ Dit sal nie uitgeruk word nie, en ook sal dit tot onbepaalde tyd nie weer afgebreek word nie.”+

Voetnote