Jeremia 32:1-44

32  Die woord wat van Jehovah tot Jeremia gekom het in die tiende jaar van Sedekiʹa, die koning van Juda,+ dit wil sê die agtiende jaar van Nebukadreʹsar.+  En in dié tyd het die krygsmag van die koning van Babilon Jerusalem beleër;+ en wat die profeet Jeremia betref, hy was opgesluit in die Voorhof van die Lyfwag+ wat in die huis van die koning van Juda was;  want Sedekiʹa, die koning van Juda, het hom opgesluit+ en gesê: “Waarom profeteer jy+ en sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Kyk, ek gee hierdie stad in die hand van die koning van Babilon, en hy sal dit beslis inneem;+  en Sedekiʹa, die koning van Juda, sal nie uit die hand van die Galdeërs ontkom nie, want hy sal vir seker in die hand van die koning van Babilon gegee word, met wie se mond sy mond sal praat en wie se oë sy oë sal sien”’;+  ‘en na Babilon sal hy Sedekiʹa neem, en daar sal hy bly totdat ek my aandag op hom rig’,+ is die woord van Jehovah; ‘hoewel julle teen die Galdeërs bly oorlog voer, sal julle nie suksesvol wees nie’?”+  En Jeremia het gesê: “Die woord van Jehovah het tot my gekom en gesê:  ‘Kyk, Hanaʹmel, die seun van Sallum, jou oom aan vaderskant, kom na jou toe om te sê: “Koop vir jou my stuk grond wat in Aʹnatot+ is, want die terugkoopreg behoort aan jou om dit te koop.”’”+  Na ’n ruk het Hanaʹmel, die seun van my oom aan vaderskant, volgens die woord van Jehovah na my toe gekom in die Voorhof van die Lyfwag+ en vir my gesê: “Koop asseblief my stuk grond wat in Aʹnatot+ is, wat in die land van Benjamin+ is, want die erfbesitreg is joune, en die terugkoopreg is joune. Koop dit vir jou.” Daarop het ek geweet dat dit die woord van Jehovah was.+  Toe het ek by Hanaʹmel,+ die seun van my oom aan vaderskant, die stuk grond gekoop wat in Aʹnatot+ was. En ek het vir hom die geld begin afweeg:+ sewe sikkels en tien silwerstukke. 10  Toe het ek dit in ’n kontrak geskryf+ en die seël daarop gedruk+ en getuies geneem+ terwyl ek die geld op die weegskaal geweeg het.+ 11  Daarna het ek die koopkontrak geneem, die een wat verseël is volgens die gebod en die voorskrifte,+ en die een wat oopgelaat is; 12  en toe het ek die koopkontrak vir Barug,+ die seun van Neriʹa,+ die seun van Magseʹja, gegee voor die oë van Hanaʹmel, die seun van my oom aan vaderskant, en voor die oë van die getuies, wat in die koopkontrak geskryf het,+ voor die oë van al die Jode wat in die Voorhof van die Lyfwag gesit het.+ 13  Ek het toe voor hulle oë aan Barug bevel gegee en gesê: 14  “Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Neem hierdie kontrakte, hierdie koopkontrak, ja, die verseëlde een, en die ander kontrak wat oopgelaat is,+ en jy moet hulle ook in ’n erdehouer sit, sodat hulle baie dae kan hou.’ 15  Want só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Huise en grond en wingerde sal weer in hierdie land gekoop word.’”+ 16  En nadat ek die koopkontrak vir Barug,+ die seun van Neriʹa,+ gegee het, het ek tot Jehovah begin bid+ en gesê: 17  “Ag, o Soewereine Heer Jehovah!+ Kyk, u het die hemel en die aarde gemaak deur u groot krag+ en deur u uitgestrekte arm.+ Die hele saak is nie te wonderbaar vir u nie,+ 18  die Een wat aan duisende liefderyke goedhartigheid bewys+ en die oortreding van die vaders vergeld in die boesem van hulle kinders ná hulle,+ die ware God, die Grote,+ die Magtige,+ wie se naam+ Jehovah van die leërs+ is, 19  groot in raad+ en oorvloedig in dade,+ u wie se oë oop is oor al die weë van die mensekinders,+ om aan elkeen te gee volgens sy weë en volgens die vrug van sy handelinge;+ 20  u wat tekens en wonderwerke gestel het in Egipteland, tot vandag toe, en in Israel en onder die mense,+ sodat u vir u ’n naam kon maak, soos dit vandag is.+ 21  En u het u volk Israel uit Egipteland uitgelei,+ met tekens en met wonderwerke+ en met ’n sterk hand en met ’n uitgestrekte arm en met groot vreeswekkendheid.+ 22  “Mettertyd het u aan hulle hierdie land gegee wat u aan hulle voorvaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee,+ ’n land wat oorloop van melk en heuning.+ 23  En hulle het gekom en dit in besit geneem,+ maar hulle het nie u stem gehoorsaam nie, en in u wet het hulle nie gewandel nie.+ Alles wat u hulle beveel het om te doen, het hulle nie gedoen nie,+ sodat u al hierdie rampspoed oor hulle laat kom het.+ 24  Kyk! Met beleëringskanse+ het mense tot by die stad gekom om dit in te neem,+ en die stad sal beslis gegee word in die hand van die Galdeërs wat daarteen veg,+ weens die swaard+ en die hongersnood+ en die pes;+ en wat u gesê het, het gebeur, en kyk, u sien dit.+ 25  Tog het u self vir my gesê, o Soewereine Heer Jehovah: ‘Koop vir jou die stuk grond met geld+ en neem getuies’,+ hoewel die stad in die hand van die Galdeërs gegee sal word.”+ 26  Daarop het die woord van Jehovah tot Jeremia gekom en gesê: 27  “Hier is ek, Jehovah, die God van alle vlees.+ Is enige saak vir my hoegenaamd te wonderbaar?+ 28  Daarom, só het Jehovah gesê: ‘Kyk, ek gee hierdie stad in die hand van die Galdeërs en in die hand van Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, en hy sal dit inneem.+ 29  En die Galdeërs wat teen hierdie stad veg, sal inkom en hierdie stad met vuur aan die brand steek en dit afbrand,+ asook die huise op die dakke waarvan hulle vir Baäl offerrook laat opgaan het en vir ander gode drankoffers uitgegiet het om my aanstoot te gee.’+ 30  “‘Want die kinders van Israel en die kinders van Juda het van hulle jeug af net gedoen wat sleg was in my oë;+ want die kinders van Israel gee my aanstoot selfs deur die werk van hulle hande’,+ is die woord van Jehovah. 31  ‘Want hierdie stad was van die dag af dat hulle dit gebou het, ja, tot vandag toe, niks anders nie as ’n oorsaak van toorn in my+ en ’n oorsaak van woede in my, sodat ek dit voor my aangesig moet verwyder,+ 32  weens al die slegtheid van die kinders van Israel+ en van die kinders van Juda+ wat hulle gedoen het om my aanstoot te gee,+ hulle, hulle konings,+ hulle vorste,+ hulle priesters+ en hulle profete,+ en die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem. 33  En hulle het my die rug bly toekeer en nie die gesig nie,+ hoewel daar aan hulle onderrig gegee is, daar vroeg opgestaan en onderrig gegee is, maar nie een van hulle het geluister om dissipline aan te neem nie.+ 34  En hulle het hulle walglike dinge in die huis gesit waaroor my naam uitgeroep is, om dit te verontreinig.+ 35  Verder het hulle die hoogtes van Baäl gebou+ wat in die vallei van die seun van Hinnom+ is, om hulle seuns en hulle dogters vir Molog+ deur die vuur te laat gaan,+ iets wat ek hulle nie beveel het nie,+ en ook het dit nie in my hart opgekom om hierdie verfoeilike ding te doen,+ om Juda te laat sondig nie.’+ 36  “Daarom, só het Jehovah, die God van Israel, dan nou gesê oor hierdie stad wat julle sê beslis deur die swaard en deur die hongersnood en deur die pes in die hand van die koning van Babilon gegee sal word:+ 37  ‘Kyk, ek maak hulle bymekaar uit al die lande waarheen ek hulle in my toorn en in my woede en in groot verontwaardiging verstrooi het;+ en ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle in veiligheid laat woon.+ 38  En hulle sal beslis my volk word,+ en ek sal hulle God word.+ 39  En ek sal hulle een hart+ en een weg gee om my altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders ná hulle.+ 40  En ek sal met hulle ’n verbond sluit wat tot onbepaalde tyd duur,+ dat ek my van agter hulle nie sal afwend nie, om aan hulle goed te doen;+ en die vrees vir my sal ek in hulle hart gee, sodat hulle nie van my afwyk nie.+ 41  En ek sal my oor hulle verheug om aan hulle goed te doen,+ en ek sal hulle in waaragtigheid in hierdie land plant,+ met my hele hart en met my hele siel.’” 42  “Want só het Jehovah gesê: ‘Net soos ek al hierdie groot rampspoed oor hierdie volk gebring het, so bring ek oor hulle al die goeie wat ek oor hulle spreek.+ 43  En grond sal beslis gekoop word in hierdie land+ waarvan julle sal sê: “Dit is ’n verlate woesteny,+ sonder mens en mak dier. Dit is in die hand van die Galdeërs gegee.”’+ 44  “‘Met geld sal mense grond koop, en dit sal in die kontrak geskryf+ en verseël word en getuies sal geneem word+ in die land van Benjamin+ en in die omgewing van Jerusalem+ en in die stede van Juda+ en in die stede van die bergstreek en in die stede van die laagland+ en in die stede van die suide,+ want ek sal hulle gevangenes terugbring’,+ is die woord van Jehovah.”

Voetnote