Jeremia 33:1-26

33  En die woord van Jehovah het vir die tweede keer tot Jeremia gekom, terwyl hy nog in die Voorhof van die Lyfwag opgesluit was,+ en gesê:  “Só het Jehovah, die Maker+ van die aarde, gesê, Jehovah, die Formeerder+ daarvan om dit stewig te vestig,+ Jehovah is sy naam:+  ‘Roep my aan en ek sal jou antwoord+ en jou geredelik groot en onbegryplike dinge vertel wat jy nie geweet het nie.’”+  “Want só het Jehovah, die God van Israel, gesê oor die huise van hierdie stad en oor die huise van die konings van Juda wat afgebreek is weens die beleëringskanse en weens die swaard;+  oor dié wat kom om teen die Galdeërs te veg en om plekke te vul met die lyke van die manne wat ek in my toorn en in my woede gedood het,+ en weens almal oor wie se slegtheid ek my aangesig vir hierdie stad verberg het:+  ‘Kyk, ek bring daarvoor ’n genesing en gesondheid teweeg;+ en ek sal hulle gesond maak en aan hulle ’n oorvloed van vrede en waarheid openbaar.+  En ek sal die gevangenes van Juda en die gevangenes van Israel terugbring,+ en ek sal hulle bou net soos in die begin.+  En ek sal hulle reinig van al hulle oortredings waarmee hulle teen my gesondig het,+ en ek sal al hulle oortredings vergewe waarmee hulle teen my gesondig het en waarmee hulle teen my oortree het.+  En die stad sal beslis vir my ’n naam van vreugde,+ ’n lof en ’n sieraad word by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goedheid wat ek aan hulle bewys.+ En hulle sal beslis in angs verkeer+ en in beroering wees+ weens al die goedheid en weens al die vrede wat ek daaraan gee.’”+ 10  “Só het Jehovah gesê: ‘In hierdie plek waarvan julle sal sê dat dit woes is, sonder mens en sonder mak dier, in die stede van Juda en in die strate van Jerusalem wat verlate is,+ sonder mens en sonder inwoner en sonder mak dier, sal weer gehoor word+ 11  die geluid van verheuging en die geluid van blydskap,+ die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van dié wat sê: “PRYS Jehovah van die leërs, want Jehovah is goed;+ want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd!”’+ “‘Hulle sal ’n dankoffer na die huis van Jehovah bring,+ want ek sal die gevangenes van die land terugbring net soos in die begin’,+ het Jehovah gesê.” 12  “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘In hierdie woeste plek, sonder mens en mak dier,+ en in al sy stede sal weer die weiveld van die herders wees wat die kudde laat lê.’+ 13  “‘In die stede van die bergstreek, in die stede van die laagland+ en in die stede van die suide+ en in die land van Benjamin+ en in die omgewing van Jerusalem+ en in die stede van Juda+ sal kuddes weer onder die hande van die teller deurgaan’,+ het Jehovah gesê.” 14  “‘Kyk! Daar kom dae’,+ is die woord van Jehovah, ‘en ek sal beslis die goeie woord uitvoer wat ek oor die huis van Israel+ en oor die huis van Juda gespreek het.+ 15  In dié dae en in dié tyd sal ek vir Dawid ’n regverdige spruit laat uitspruit,+ en hy sal beslis geregtigheid en regverdigheid in die land uitoefen.+ 16  In dié dae sal Juda gered word+ en sal Jerusalem in veiligheid woon.+ En dit sal genoem word: Jehovah is ons regverdigheid.’”+ 17  “Want só het Jehovah gesê: ‘Daar sal vir Dawid nie ’n man ontbreek wat op die troon van die huis van Israel sit nie.+ 18  En in die geval van die priesters, die Leviete, sal daar voor my nie ’n man ontbreek wat ’n heelbrandoffer bring en ’n graanoffer laat rook en ’n offerande bring nie, vir altyd.’”+ 19  En die woord van Jehovah het verder tot Jeremia gekom en gesê: 20  “Só het Jehovah gesê: ‘As julle my verbond van die dag en my verbond van die nag kon verbreek, ja, sodat dag en nag nie op hulle tyd kom nie,+ 21  sou ook my verbond met my kneg Dawid verbreek kon word,+ sodat daar nie vir hom ’n seun sou wees wat as koning op sy troon heers nie;+ so ook met die Leviete, die priesters, my dienaars.+ 22  Net soos die leër van die hemel nie getel kan word of die sand van die see gemeet kan word nie,+ so sal ek die saad van my kneg Dawid en die Leviete wat my dien, vermenigvuldig.’”+ 23  En die woord van Jehovah het verder tot Jeremia gekom en gesê: 24  “Het jy nie gesien wat die mense van hierdie volk gespreek het nie deur te sê: ‘Die twee families wat Jehovah uitgekies het+—hy sal hulle ook verwerp’? En hulle bly my volk met minagting behandel,+ sodat dit geen nasie meer voor hulle sou wees nie. 25  “Só het Jehovah gesê: ‘As dit nie ’n feit was dat ek my verbond van die dag en die nag,+ die insettinge van hemel en aarde,+ vasgestel het nie, 26  dan sal ek ook die saad van Jakob en van my kneg Dawid verwerp,+ sodat ek nie uit sy saad heersers oor die saad van Abraham, Isak en Jakob sal neem nie. Want ek sal hulle gevangenes versamel+ en my oor hulle ontferm.’”+

Voetnote