Jeremia 34:1-22

34  Die woord wat van Jehovah tot Jeremia gekom het, toe Nebukadreʹsar, die koning van Babilon,+ en sy hele krygsmag+ en al die koninkryke van die aarde, die ryk onder sy hand,+ en al die volke teen Jerusalem en teen al die stede daarvan geveg het,+ het gesê:  “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê: ‘Gaan, en jy moet vir Sedekiʹa, die koning van Juda,+ sê, ja, jy moet vir hom sê: “Só het Jehovah gesê: ‘Kyk, ek gee hierdie stad in die hand van die koning van Babilon,+ en hy sal dit met vuur verbrand.+  En jy sal nie ontkom uit sy hand nie, want jy sal vir seker gevang en in sy hand gegee word.+ En jou oë sal die oë van die koning van Babilon sien,+ en sy mond sal met jou mond spreek, en na Babilon sal jy gaan.’  Maar hoor die woord van Jehovah, o Sedekiʹa, koning van Juda:+ ‘Só het Jehovah oor jou gesê: “Jy sal nie deur die swaard sterf nie.  In vrede sal jy sterf;+ en soos daar vure vir jou vaders was, die vorige konings wat voor jou was,+ so sal hulle ’n vuur vir jou aansteek,+ en ‘Ag, o heer!’+ sal hulle in weeklag oor jou sê,+ want ‘ek het die woord gespreek’, is die woord van Jehovah.”’”’”  En die profeet Jeremia het al hierdie woorde+ tot Sedekiʹa, die koning van Juda, in Jerusalem gespreek,  toe die krygsmag van die koning van Babilon teen Jerusalem geveg het en teen al die stede van Juda wat oorgebly het,+ teen Lagis+ en teen Aseʹka;+ want hulle, die versterkte stede,+ het oorgebly onder die stede van Juda.+  Die woord wat van Jehovah tot Jeremia gekom het nadat koning Sedekiʹa ’n verbond gesluit het met die hele volk wat in Jerusalem was, om vir hulle vrylating uit te roep,+  sodat elkeen sy dienskneg en elkeen sy diensmeisie, ’n Hebreeuse+ man en ’n Hebreeuse vrou, vry sou laat gaan, sodat niemand hulle as knegte sou gebruik nie, dit wil sê ’n Jood, wat sy broer is.+ 10  En al die vorste+ het geluister, asook die hele volk wat die verbond aangegaan het om elkeen sy dienskneg en elkeen sy diensmeisie vry te laat gaan, sodat hulle hulle nie meer as knegte sou gebruik nie, en hulle het geluister en hulle laat gaan.+ 11  Maar daarna het hulle omgedraai+ en die diensknegte en die diensmeisies begin terugbring wat hulle vry laat gaan het, en hulle het hulle as diensknegte en as diensmeisies onderwerp.+ 12  Die woord van Jehovah het gevolglik van Jehovah tot Jeremia gekom en gesê: 13  “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê: ‘Ek het ’n verbond met julle voorvaders gesluit+ op die dag toe ek hulle uit Egipteland, uit die knegtehuis,+ uitgelei het,+ deur te sê: 14  “Na verloop van sewe jaar moet julle elkeen sy broer, ’n Hebreeuse man,+ wat aan jou verkoop is+ en jou ses jaar gedien het, laat gaan;+ en jy moet hom vry van jou af laat weggaan.” Maar julle voorvaders het nie na my geluister nie, en ook het hulle nie gehoor gegee nie.+ 15  En julle draai vandag om en doen wat reg is in my oë deur vrylating uit te roep, elkeen vir sy metgesel, en julle sluit ’n verbond voor my+ in die huis waaroor my naam uitgeroep is.+ 16  Dan draai julle om+ en ontheilig my naam+ en bring elkeen sy dienskneg en elkeen sy diensmeisie terug wat julle volgens die behae van hulle siel vry laat gaan het, en julle onderwerp hulle om julle diensknegte en diensmeisies te word.’+ 17  “Daarom, só het Jehovah gesê: ‘Julle het my nie gehoorsaam deur aan te hou om vrylating uit te roep,+ elkeen vir sy broer en elkeen vir sy metgesel nie. Kyk, ek roep vir julle ’n vrylating uit’,+ is die woord van Jehovah, ‘om aan die swaard,+ aan die pes+ en aan die hongersnood+ oorgegee te word, en ek sal julle beslis ’n voorwerp van bewing maak vir al die koninkryke van die aarde.+ 18  En ek sal die manne gee wat my verbond oortree,+ deurdat hulle nie die woorde uitgevoer het van die verbond wat hulle voor my gesluit het deur middel van die kalf wat hulle in twee gesny het+ om tussen die stukke daarvan deur te gaan nie;+ 19  naamlik die vorste van Juda en die vorste van Jerusalem,+ die hofbeamptes en die priesters en die hele volk van die land wat tussen die stukke van die kalf deurgegaan het— 20  ja, ek sal hulle in die hand gee van hulle vyande en in die hand van dié wat hulle siel soek;+ en hulle lyke sal voedsel word vir die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde.+ 21  En Sedekiʹa, die koning van Juda,+ en sy vorste sal ek gee in die hand van hulle vyande en in die hand van dié wat hulle siel soek en in die hand van die krygsmag van die koning van Babilon+ wat van julle af wegtrek.’+ 22  “‘Kyk, ek gee bevel’, is die woord van Jehovah, ‘en ek sal hulle beslis na hierdie stad terugbring,+ en hulle sal daarteen veg en dit inneem en met vuur verbrand;+ en die stede van Juda sal ek ’n verlate woesteny maak, sonder inwoner.’”+

Voetnote