Jeremia 35:1-19

35  Die woord wat in die dae van Joʹjakim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, van Jehovah tot Jeremia gekom en gesê het:  “Gaan na die huis van die Regabiete,+ en jy moet met hulle praat en hulle in die huis van Jehovah bring, na een van die eetkamers; en jy moet hulle wyn gee om te drink.”  Toe het ek Jaäsanʹja, die seun van Jeremia, die seun van Habassinʹja, en sy broers en al sy seuns en die hele huis van die Regabiete geneem,  en ek het hulle in die huis van Jehovah gebring, na die eetkamer+ van die seuns van Hanan, die seun van Jigdalʹja, ’n man van die ware God, wat langs die eetkamer van die vorste was, wat bo die eetkamer van Maäseʹja, die seun van Sallum,+ die deurwagter, was.  Toe het ek bekers vol wyn en kelke voor die kinders van die huis van die Regabiete gesit en vir hulle gesê: “Drink wyn.”  Maar hulle het gesê: “Ons sal geen wyn drink nie, want Joʹnadab, die seun van Regab,+ ons voorvader, het ons beveel en gesê: ‘Julle mag tot onbepaalde tyd geen wyn drink nie, nie julle of julle kinders nie.+  En geen huis mag julle bou nie, en geen saad mag julle saai nie, en geen wingerd mag julle plant nie, en ook mag dit nie julle s’n word nie. Maar in tente moet julle al julle dae woon, sodat julle baie dae mag lewe op die oppervlak van die aarde waar julle as vreemdelinge woon.’+  En ons bly gehoorsaam aan die stem van Joʹnadab, die seun van Regab, ons voorvader, in alles wat hy ons beveel het,+ deur al ons dae geen wyn te drink nie, ons, ons vrouens, ons seuns en ons dogters,+  en deur nie vir ons huise te bou om in te woon nie, sodat geen wingerd of saailand of saad ons s’n word nie. 10  En ons woon in tente en is gehoorsaam en doen volgens alles wat Joʹnadab,+ ons voorvader, ons beveel het.+ 11  Maar toe Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, teen die land optrek,+ het ons begin sê: ‘Kom, en laat ons in Jerusalem ingaan weens die krygsmag van die Galdeërs en weens die krygsmag van die Siriërs, en laat ons in Jerusalem woon.’”+ 12  En die woord van Jehovah het tot Jeremia gekom en gesê: 13  “Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Gaan, en jy moet vir die manne van Juda en vir die inwoners van Jerusalem sê: “Het julle nie voortdurend vermaning ontvang om my woorde te gehoorsaam nie?”+ is die woord van Jehovah. 14  “Die woorde van Joʹnadab, die seun van Regab,+ wat hy sy kinders beveel het, om geen wyn te drink nie, is onderhou, en hulle het geen wyn gedrink tot vandag toe nie, want hulle het die bevel van hulle voorvader gehoorsaam.+ En wat my betref, ek het met julle gepraat, ja, vroeg opgestaan en gepraat,+ maar julle het my nie gehoorsaam nie.+ 15  En ek het al my knegte, die profete, na julle toe bly stuur,+ ja, vroeg opgestaan en hulle gestuur, en gesê: ‘Keer asseblief terug, elkeen van sy slegte weg,+ en maak julle handelinge goed,+ en moenie agter ander gode aan loop om hulle te dien nie.+ En woon in die land wat ek aan julle en aan julle voorvaders gegee het.’+ Maar julle het nie gehoor gegee nie, en ook het julle nie na my geluister nie.+ 16  Maar die kinders van Joʹnadab, die seun van Regab,+ het die gebod van hulle voorvader uitgevoer wat hy hulle beveel het;+ maar wat hierdie volk betref, hulle het nie na my geluister nie.”’”+ 17  “Daarom, só het Jehovah, die God van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Kyk, ek bring oor Juda en oor al die inwoners van Jerusalem al die rampspoed wat ek teen hulle gespreek het,+ omdat ek met hulle gepraat het, maar hulle nie geluister het nie, en ek hulle bly roep het, maar hulle nie geantwoord het nie.’”+ 18  En vir die huis van die Regabiete het Jeremia gesê: “Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Omdat julle die gebod van Joʹnadab,+ julle voorvader, gehoorsaam het en voortgaan om al sy gebooie te onderhou en alles te doen wat hy julle beveel het,+ 19  daarom, só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: “Daar sal vir Joʹnadab, die seun van Regab, nie ’n man ontbreek wat altyd+ voor my sal staan nie.”’”+

Voetnote