Jeremia 36:1-32

36  En in die vierde jaar van Joʹjakim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, het hierdie woord van Jehovah tot Jeremia gekom en gesê:  “Neem vir jou ’n boekrol,+ en jy moet daarin al die woorde skryf+ wat ek teen Israel en teen Juda+ en teen al die nasies+ tot jou gespreek het, van die dag af dat ek met jou gespreek het, van die dae van Josiʹa af, ja, tot vandag toe.+  Miskien sal die huis van Juda luister na al die rampspoed wat ek dink om oor hulle te bring,+ sodat hulle terugkeer, elkeen van sy slegte weg,+ en sodat ek hulle oortreding en hulle sonde vergewe.”+  En Jeremia het Barug,+ die seun van Neriʹa, geroep, sodat Barug uit Jeremia se mond al die woorde van Jehovah wat Hy tot hom gespreek het, op die boekrol kon skryf.+  Toe het Jeremia Barug beveel en gesê: “Ek is opgesluit. Ek kan nie in die huis van Jehovah ingaan nie.+  En jy moet op die vasdag+ ingaan en uit die rol wat jy uit my mond geskryf het, die woorde van Jehovah+ voor die ore van die volk in die huis van Jehovah voorlees;+ en ook voor die ore van die hele Juda wat uit hulle stede kom, moet jy dit voorlees.  Miskien sal hulle versoek om guns voor Jehovah kom+ en sal hulle terugkeer, elkeen van sy slegte weg,+ want groot is die toorn en die woede wat Jehovah teen hierdie volk gespreek het.”+  En Barug,+ die seun van Neriʹa, het gedoen volgens alles wat die profeet Jeremia hom beveel het, deur uit die boek+ die woorde van Jehovah in die huis van Jehovah+ voor te lees.  En in die vyfde jaar van Joʹjakim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, in die negende maand,+ het die hele volk in Jerusalem en die hele volk wat uit die stede van Juda in Jerusalem ingekom het, ’n vas voor Jehovah uitgeroep.+ 10  En Barug het die woorde van Jeremia uit die boek begin voorlees in die huis van Jehovah, in die eetkamer+ van Gemarʹja,+ die seun van die kopiïs+ Safan,+ in die boonste voorhof, by die ingang van die nuwe poort van die huis van Jehovah,+ voor die ore van die hele volk. 11  En Migaʹja, die seun van Gemarʹja, die seun van Safan,+ het al die woorde van Jehovah uit die boek gehoor. 12  Daarop het hy afgegaan na die huis van die koning, na die eetkamer van die sekretaris, en kyk! al die vorste het daar gesit: die sekretaris Elisaʹma,+ en Delaʹja,+ die seun van Semaʹja, en Elʹnatan,+ die seun van Agbor,+ en Gemarʹja,+ die seun van Safan,+ en Sedekiʹa, die seun van Hananʹja, en al die ander vorste. 13  En Migaʹja+ het hulle al die woorde meegedeel wat hy gehoor het toe Barug voor die ore van die volk uit die boek voorgelees het.+ 14  Toe het al die vorste Jehuʹdi,+ die seun van Netanʹja, die seun van Selemʹja, die seun van Kusi, na Barug+ toe gestuur om te sê: “Die rol waaruit jy voor die ore van die volk voorgelees het—neem dit in jou hand en kom.” Daarop het Barug, die seun van Neriʹa, die rol in sy hand geneem en na hulle toe gegaan.+ 15  Toe het hulle vir hom gesê: “Sit asseblief en lees dit voor ons ore.” En Barug+ het voor hulle ore gelees. 16  En net toe hulle al die woorde hoor, het hulle mekaar beangs aangekyk; en hulle het vir Barug gesê: “Ons sal vir seker al hierdie woorde aan die koning meedeel.”+ 17  En hulle het Barug gevra en gesê: “Vertel ons asseblief: Hoe het jy al hierdie woorde uit sy mond geskryf?”+ 18  Toe het Barug vir hulle gesê: “Uit sy mond het hy al hierdie woorde aan my bekend gemaak, en ek het met ink in die boek geskryf.”+ 19  Uiteindelik het die vorste vir Barug gesê: “Gaan, versteek jou, jy en Jeremia, sodat hoegenaamd niemand sal weet waar julle is nie.”+ 20  Toe het hulle na die koning toe gegaan, na die voorhof,+ en die rol het hulle in bewaring gegee in die eetkamer+ van die sekretaris Elisaʹma;+ en hulle het al die woorde voor die ore van die koning begin vertel. 21  Toe het die koning Jehuʹdi+ gestuur om die rol te gaan haal. Daarop het hy dit uit die eetkamer van die sekretaris+ Elisaʹma+ gaan haal. En Jehuʹdi het dit begin voorlees voor die ore van die koning en voor die ore van al die vorste wat by die koning gestaan het. 22  En die koning het in die winterhuis gesit,+ in die negende maand,+ met ’n brandende kolebak+ voor hom. 23  Toe het hy, elke keer as Jehuʹdi drie of vier bladsykolomme gelees het, dit met die sekretaris se mes stukkend geskeur en dit dan in die vuur gegooi wat in die kolebak was, totdat die hele rol in die vuur beland het wat in die kolebak was.+ 24  En hulle was nie beangs nie;+ ook het die koning en al sy knegte, wat na al hierdie woorde geluister het, nie hulle klere geskeur nie.+ 25  En selfs Elʹnatan+ en Delaʹja+ en Gemarʹja+ het by die koning gepleit om nie die rol te verbrand nie, maar hy het nie na hulle geluister nie.+ 26  Verder het die koning Jeragʹmeël, die seun van die koning, en Seraʹja, die seun van Asʹriël, en Selemʹja, die seun van Abʹdeël, beveel om die sekretaris Barug en die profeet+ Jeremia te gaan haal. Maar Jehovah het hulle weggesteek.+ 27  En die woord van Jehovah het verder tot Jeremia gekom, nadat die koning die rol verbrand het met die woorde wat Barug+ uit die mond van Jeremia geskryf het,+ en gesê: 28  “Neem weer vir jou ’n rol, ’n ander een, en skryf daarop al die eerste woorde wat op die eerste rol was, wat Joʹjakim, die koning van Juda, verbrand het.+ 29  En teen Joʹjakim, die koning van Juda, moet jy sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Jy het hierdie rol verbrand+ en gesê: ‘Waarom het jy daarop geskryf+ en gesê: “Die koning van Babilon sal vir seker kom en sal beslis hierdie land verwoes en mens en dier daaruit laat verdwyn”?’+ 30  Daarom, só het Jehovah teen Joʹjakim, die koning van Juda, gesê: ‘Hy sal niemand hê wat op die troon van Dawid sit nie,+ en sy lyk sal iets word wat bedags in die hitte en snags in die ryp uitgegooi lê.+ 31  En ek sal van hom en van sy nageslag en van sy knegte rekenskap eis+ vir hulle oortreding,+ en ek sal oor hulle en oor die inwoners van Jerusalem en oor die manne van Juda al die rampspoed bring wat ek teen hulle gespreek het,+ en hulle het nie geluister nie.’”’”+ 32  En Jeremia het ’n ander rol geneem en dit toe vir die sekretaris Barug, die seun van Neriʹa, gegee,+ wat uit die mond+ van Jeremia al die woorde daarop geskryf het van die boek wat Joʹjakim, die koning van Juda, in die vuur verbrand het;+ en nog baie soortgelyke woorde is daarby gevoeg.

Voetnote