Jeremia 37:1-21

37  En koning Sedekiʹa,+ die seun van Josiʹa,+ wat Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, in die land van Juda koning gemaak het,+ het in die plek van Gonja,+ die seun van Joʹjakim,+ begin regeer.  En hy en sy knegte en die volk van die land het nie na die woorde van Jehovah geluister+ wat hy deur middel van die profeet Jeremia gespreek het nie.+  En koning Sedekiʹa het Jehuʹgal,+ die seun van Selemʹja, en Sefanʹja,+ die seun van Maäseʹja,+ die priester, na die profeet Jeremia toe gestuur om te sê: “Bid asseblief vir ons tot Jehovah ons God.”+  En Jeremia het onder die volk in- en uitgegaan,+ aangesien hulle hom nie in die huis van bewaring gesit het nie.  En ’n krygsmag van Farao het uit Egipte gekom;+ en die Galdeërs wat Jerusalem beleër het, het die berig omtrent hulle te hore gekom. Daarom het hulle van Jerusalem af weggetrek.+  Toe het die woord van Jehovah tot die profeet Jeremia gekom en gesê:  “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê: ‘Só moet julle vir die koning van Juda sê, wat julle na my toe stuur om my te raadpleeg:+ “Kyk! Die krygsmag van Farao wat uittrek om julle te help, sal na hulle land, Egipte, moet teruggaan.+  En die Galdeërs sal beslis terugkom en teen hierdie stad veg en dit inneem en dit met vuur verbrand.”+  Só het Jehovah gesê: “Moenie julle siel bedrieg+ deur te sê: ‘Die Galdeërs sal vir seker van ons af wegtrek’ nie, want hulle sal nie wegtrek nie. 10  Want al sou julle die hele krygsmag van die Galdeërs wat teen julle veg,+ verslaan en daar onder hulle deurboorde manne oorbly,+ sou hulle elkeen in sy tent opstaan en hierdie stad met vuur verbrand.”’” 11  En toe die krygsmag van die Galdeërs van Jerusalem af weggetrek het+ weens die krygsmag van Farao,+ 12  het Jeremia aanstaltes gemaak om Jerusalem te verlaat om na die land van Benjamin+ te gaan en daar te midde van die volk sy aandeel in ontvangs te neem. 13  En toe hy in die Benjaminspoort+ kom, was die toesighoudende beampte daar, wie se naam Jiriʹa was, die seun van Selemʹja, die seun van Hananʹja. Dadelik het hy die profeet Jeremia gegryp en gesê: “Jy loop oor na die Galdeërs!” 14  Maar Jeremia het gesê: “Dit is ’n leuen!+ Ek loop nie oor na die Galdeërs nie.” Maar hy het nie na hom geluister nie. Jiriʹa het Jeremia dus vasgehou en hom na die vorste toe gebring. 15  En die vorste+ het toornig geword op Jeremia,+ en hulle het hom geslaan+ en hom in die gevangenis gesit,+ in die huis van die sekretaris Joʹnatan,+ want hulle het dit die huis van bewaring gemaak.+ 16  Toe Jeremia in die huis van die reënput+ en in die gewelfde kamers kom, het Jeremia baie dae daar gebly. 17  En koning Sedekiʹa het gestuur en hom laat haal, en die koning het hom in sy huis in ’n verborge plek vrae begin vra.+ En hy het gesê: “Is daar ’n woord van Jehovah?” Hierop het Jeremia gesê: “Daar is!” En hy het verder gesê: “In die hand van die koning van Babilon sal u gegee word!”+ 18  Toe het Jeremia vir koning Sedekiʹa gesê: “Wat het ek teen u en teen u knegte en teen hierdie volk gesondig,+ dat julle my in die huis van bewaring gesit het? 19  Waar is julle profete nou wat vir julle geprofeteer en gesê het: ‘Die koning van Babilon sal nie teen julle en teen hierdie land kom nie’?+ 20  En luister nou asseblief, o my heer die koning. Laat my versoek om guns+ asseblief voor u kom en moet my nie terugstuur na die huis van die sekretaris Joʹnatan+ nie, sodat ek nie daar sterf nie.”+ 21  Daarop het koning Sedekiʹa bevel gegee, en hulle het Jeremia toe in die Voorhof van die Lyfwag onder bewaking gestel;+ en daar is daagliks vir hom ’n ronde brood uit die straat van die bakkers gegee,+ totdat al die brood in die stad op was.+ En Jeremia het in die Voorhof van die Lyfwag gebly.+

Voetnote