Jeremia 38:1-28

38  En Sefatʹja, die seun van Mattan, en Gedalʹja, die seun van Pasgur, en Jugal,+ die seun van Selemʹja, en Pasgur, die seun van Malkiʹa,+ het die woorde gehoor wat Jeremia tot die hele volk gespreek het+ deur te sê:  “Só het Jehovah gesê: ‘Wie in hierdie stad bly, sal deur die swaard,+ deur die hongersnood+ en deur die pes+ sterf. Maar wie na die Galdeërs uitgaan, sal bly lewe en sal beslis sy siel as buit hê en dit in die lewe hou.’+  Só het Jehovah gesê: ‘Hierdie stad sal vir seker in die hand van die krygsmag van die koning van Babilon gegee word, en hy sal dit beslis inneem.’”+  En die vorste het vir die koning begin sê: “Laat hierdie man asseblief doodgemaak word,+ want so maak hy die hande van die krygsmanne wat in hierdie stad oorgebly het en die hande van die hele volk slap, deur volgens hierdie woorde met hulle te praat.+ Want hierdie man soek nie die vrede van hierdie volk nie, maar rampspoed.”  Toe het koning Sedekiʹa gesê: “Kyk! Hy is in julle hande. Want daar is hoegenaamd niks waarin die koning die oorhand oor julle kan kry nie.”+  Toe het hulle Jeremia geneem en hom in die reënput van Malkiʹa,+ die seun van die koning, gegooi, wat in die Voorhof van die Lyfwag+ was. En hulle het Jeremia met toue laat afsak. En in die reënput was daar geen water nie, maar modder; en Jeremia het in die modder begin wegsink.+  En Ebed-Meleg, die Etiopiër,+ ’n man wat ’n eunug was en wat in die huis van die koning was, het te hore gekom dat hulle Jeremia in die reënput gesit het; en die koning het in die Benjaminspoort+ gesit.  Toe het Ebed-Meleg uit die huis van die koning gegaan en met die koning gepraat en gesê:  “O my heer die koning, hierdie manne het sleg gehandel in alles wat hulle die profeet Jeremia aangedoen het, wat hulle in die reënput gegooi het, sodat hy weens die hongersnood+ sal sterf+ waar hy is. Want daar is geen brood meer in die stad nie.” 10  Toe het die koning Ebed-Meleg, die Etiopiër, beveel en gesê: “Neem hiervandaan dertig man onder jou bevel, en jy moet die profeet Jeremia uit die reënput optrek voordat hy sterf.”+ 11  Daarop het Ebed-Meleg die manne onder sy bevel geneem en in die huis van die koning ingegaan, tot onder die skatkamer,+ en daarvandaan verslete lappe en verslete stukke materiaal geneem en dit met toue na Jeremia in die reënput laat afsak.+ 12  Toe het Ebed-Meleg, die Etiopiër, vir Jeremia gesê: “Sit asseblief die verslete lappe en die stukke materiaal onder jou armholtes onder die toue.” Jeremia het toe so gedoen.+ 13  Uiteindelik het hulle Jeremia met die toue uitgetrek en hom uit die reënput opgebring. En Jeremia het in die Voorhof van die Lyfwag gebly.+ 14  En koning Sedekiʹa het gestuur en die profeet Jeremia na hom toe laat bring+ by die derde ingang,+ wat in die huis van Jehovah is,+ en toe het die koning vir Jeremia gesê: “Ek vra jou iets. Moet niks vir my wegsteek nie.”+ 15  Hierop het Jeremia vir Sedekiʹa gesê: “Sal u my nie vir seker doodmaak as ek u vertel nie? En as ek u raad gee, sal u nie na my luister nie.”+ 16  Daarop het koning Sedekiʹa vir Jeremia in die verborge plek gesweer en gesê: “So waar as Jehovah lewe, wat vir ons hierdie siel gemaak het,+ ek sal jou nie doodmaak nie, en ek sal jou nie gee in die hand van hierdie manne wat jou siel soek nie.”+ 17  Jeremia het toe vir Sedekiʹa gesê: “Só het Jehovah, die God van die leërs,+ die God van Israel,+ gesê: ‘As jy vir seker na die vorste van die koning van Babilon uitgaan,+ dan sal jou siel beslis bly lewe en sal hierdie stad nie met vuur verbrand word nie, en jy en jou huisgesin sal beslis bly lewe.+ 18  Maar as jy nie na die vorste van die koning van Babilon uitgaan nie, dan sal hierdie stad in die hand van die Galdeërs gegee word, en hulle sal dit met vuur verbrand,+ en jy sal nie uit hulle hand ontkom nie.’”+ 19  Toe het koning Sedekiʹa vir Jeremia gesê: “Ek is bang vir die Jode wat na die Galdeërs oorgeloop het,+ dat hulle my in hulle hand sal oorgee en dat hulle my smadelik sal behandel.”+ 20  Maar Jeremia het gesê: “Hulle sal u nie oorgee nie. Gehoorsaam asseblief die stem van Jehovah in wat ek vir u sê, en dit sal met u goed gaan+ en u siel sal bly lewe. 21  Maar as u weier om uit te gaan+—dít het Jehovah my laat sien: 22  En kyk! al die vroue wat in die huis van die koning van Juda oorgebly het,+ word uitgelei na die vorste van die koning van Babilon,+ en hulle sê: ‘Die manne wat in vrede met u gelewe het, het u verlei+ en die oorhand oor u gekry.+Hulle het u voet in die modder laat insink; hulle het in die teenoorgestelde rigting teruggetrek.’+ 23  En hulle lei al u vrouens en al u kinders uit na die Galdeërs, en u sal nie uit hulle hand ontkom nie,+ maar deur die hand van die koning van Babilon sal u gevange geneem word, en weens u sal hierdie stad met vuur verbrand word.”+ 24  En Sedekiʹa het vir Jeremia gesê: “Laat niemand iets van hierdie dinge te wete kom nie, sodat jy nie sterf nie. 25  En as die vorste+ hoor dat ek met jou gepraat het en hulle by jou kom en vir jou sê: ‘Sê asseblief vir ons: Waaroor het jy met die koning gepraat? Moet niks vir ons wegsteek nie, en ons sal jou nie doodmaak nie. En waaroor het die koning met jou gepraat?’ 26  dan moet jy vir hulle sê: ‘Ek het my versoek om guns voor die koning gebring, dat hy my nie moet terugstuur na die huis van Joʹnatan+ om daar te sterf nie.’” 27  Na ’n ruk het al die vorste by Jeremia gekom en hom begin uitvra. En hy het met hulle gepraat volgens al hierdie woorde wat die koning beveel het.+ Toe het hulle voor hom stilgebly, want die saak het nie bekend geword nie. 28  En Jeremia het in die Voorhof van die Lyfwag+ gebly tot die dag dat Jerusalem ingeneem is.+ En dit het gebeur toe Jerusalem ingeneem is.+

Voetnote