Jeremia 39:1-18

39  In die negende jaar van Sedekiʹa, die koning van Juda, in die tiende maand,+ het Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, en sy hele krygsmag na Jerusalem gekom en dit begin beleër.+  In die elfde jaar van Sedekiʹa, in die vierde maand, op die negende dag van die maand, is daar tot in die stad deurgebreek.+  En al die vorste van die koning van Babilon het ingekom en in die Middelpoort gaan sit,+ naamlik Nerʹgal-Sareʹser, Samgar-Nebo, Sarʹsegim, Rabʹsaris, Nerʹgal-Sareʹser, die Rabmag, en die res van die vorste van die koning van Babilon.  En net toe Sedekiʹa, die koning van Juda, en al die krygsmanne hulle sien, het hulle begin vlug+ en in die nag uit die stad uitgegaan met die pad na die tuin van die koning,+ deur die poort tussen die twee mure; en hulle het uitgegaan met die pad na die Aʹraba.+  En ’n krygsmag van die Galdeërs het hulle agternagesit,+ en hulle het Sedekiʹa in die woestynvlaktes van Jeʹrigo+ ingehaal. Toe het hulle hom geneem en hom gebring na Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, in Ribla,+ in die land Hamat,+ sodat hy regterlike beslissings oor hom kon uitspreek.+  En die koning van Babilon het die seuns van Sedekiʹa voor sy oë+ in Ribla doodgemaak,+ en die koning van Babilon het al die edeles van Juda doodgemaak.+  En hy het die oë van Sedekiʹa verblind,+ waarna hy hom met koperboeie gebind het om hom na Babilon te bring.  En die Galdeërs het die huis van die koning en die huise van die volk met vuur verbrand,+ en hulle het die mure van Jerusalem afgebreek.+  En die res van die volk wat in die stad oorgebly het, en die oorlopers wat na hom oorgeloop het, en die res van die volk wat oorgebly het, het Nebusaraʹdan,+ die hoof van die lyfwag,+ in ballingskap na Babilon weggevoer.+ 10  En party van die volk, die geringes wat heeltemal niks gehad het nie, het Nebusaraʹdan, die hoof van die lyfwag, in die land van Juda laat agterbly;+ en hy het hulle op dié dag wingerde gegee en verpligte diens opgelê.+ 11  Verder het Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, deur middel van Nebusaraʹdan, die hoof van die lyfwag, aangaande Jeremia bevel gegee en gesê: 12  “Neem hom en hou jou oë op hom gerig, en moet hom geen kwaad aandoen nie.+ Maar doen met hom net soos hy vir jou sal sê.”+ 13  Toe het Nebusaraʹdan,+ die hoof van die lyfwag, en Nebusasʹban, die Rabʹsaris, en Nerʹgal-Sareʹser, die Rabmag, en al die vernaamste manne van die koning van Babilon gestuur; 14  ja, hulle het gestuur en Jeremia uit die Voorhof van die Lyfwag laat haal+ en hom oorgegee aan Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam,+ die seun van Safan,+ om hom na sy huis te bring, sodat hy onder die volk kon woon. 15  En die woord van Jehovah het tot Jeremia gekom terwyl hy in die Voorhof van die Lyfwag opgesluit was+ en gesê: 16  “Gaan, en jy moet vir Ebed-Meleg,+ die Etiopiër, sê: ‘Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: “Kyk, ek laat my woorde oor hierdie stad waar word ten kwade en nie ten goede nie,+ en dit sal beslis in dié dag voor jou gebeur.”’+ 17  “‘En ek sal jou in dié dag verlos’,+ is die woord van Jehovah, ‘en jy sal nie in die hand van die manne vir wie jy bang is,+ gegee word nie.’ 18  “‘Want ek sal vir seker aan jou ontkoming verskaf, en jy sal nie deur die swaard val nie; en jou siel sal beslis vir jou ’n buit wees,+ omdat jy op my vertrou het’,+ is die woord van Jehovah.”

Voetnote