Jeremia 40:1-16

40  Die woord wat van Jehovah tot Jeremia gekom het nadat Nebusaraʹdan,+ die hoof van die lyfwag, hom uit Rama+ weggestuur het, toe hy hom laat haal het terwyl hy met handboeie gebind was onder al die ballinge van Jerusalem en van Juda, wat in ballingskap na Babilon weggevoer sou word.+  Toe het die hoof van die lyfwag Jeremia geneem en vir hom gesê: “Jehovah jou God het hierdie rampspoed teen hierdie plek gespreek,+  sodat Jehovah dit waar sou laat word en sou doen net soos hy gespreek het, omdat julle teen Jehovah gesondig het en sy stem nie gehoorsaam het nie. En dit het oor julle gekom.+  En nou, kyk! ek het jou vandag losgemaak van die handboeie wat aan jou hande was. As dit goed is in jou oë om saam met my na Babilon te gaan, kom, en ek sal my oog op jou hou.+ Maar as dit sleg is in jou oë om saam met my na Babilon te gaan, laat dit staan. Kyk! Die hele land is voor jou. Waarheen dit ook al goed en reg is in jou oë om te gaan, gaan daarheen.”+  En hy het nog nie besluit om terug te keer nie, toe het Nebusaraʹdan gesê: “Keer tog terug na Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam,+ die seun van Safan,+ wat die koning van Babilon oor die stede van Juda aangestel het, en woon by hom onder die volk; of gaan waarheen dit ook al reg is in jou oë om te gaan.”+ En die hoof van die lyfwag het hom toe voedsel en ’n geskenk gegee en hom laat gaan.+  En Jeremia het by Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam, in Mispa+ gekom en by hom gaan woon onder die volk wat in die land oorgebly het.  Na verloop van tyd het al die hoofde van die krygsmag wat in die veld was,+ hulle en hulle manne, te hore gekom dat die koning van Babilon Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, oor die land aangestel het en dat hy hom aangestel het oor die manne en vroue en kindertjies en party van die geringes van die land, wat nie in ballingskap na Babilon weggevoer is nie.+  Toe het hulle na Gedalʹja toe gekom in Mispa, naamlik Isʹmael,+ die seun van Netanʹja, en Joʹhanan+ en Joʹnatan, die seuns van Kareʹag, en Seraʹja, die seun van Tanʹhumet, en die seuns van Efai, die Netofatiet,+ en Jesanʹja,+ die seun van die Maägatiet,+ hulle en hulle manne.+  En Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam,+ die seun van Safan,+ het vir hulle en vir hulle manne gesweer+ en gesê: “Moenie bang wees om die Galdeërs te dien nie. Woon in die land en dien die koning van Babilon, en dit sal met julle goed gaan.”+ 10  En wat my betref, kyk, ek woon in Mispa,+ om voor die Galdeërs te staan wat na ons toe sal kom. En wat julle betref, samel wyn+ en somervrugte en olie in en sit dit in julle houers en woon in julle stede wat julle in besit geneem het.” 11  En al die Jode wat in Moab en onder die kinders van Ammon en in Edom was en dié wat in al die ander lande was,+ ook hulle het gehoor dat die koning van Babilon vir Juda ’n oorblyfsel gelaat het en dat hy Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam, die seun van Safan, oor hulle aangestel het. 12  En al die Jode het begin terugkeer uit al die plekke waarheen hulle verstrooi was, en hulle het in die land van Juda gekom, na Gedalʹja toe in Mispa.+ En hulle het ’n baie groot hoeveelheid wyn en somervrugte ingesamel. 13  Wat Joʹhanan+ betref, die seun van Kareʹag,+ en al die hoofde van die krygsmag wat in die veld was,+ hulle het na Gedalʹja toe gekom in Mispa. 14  En hulle het vir hom gesê: “Weet u glad nie dat Baʹälis, die koning van die kinders van Ammon,+ Isʹmael,+ die seun van Netanʹja,+ gestuur het om die hand aan u siel te slaan nie?” Maar Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, het hulle nie geglo nie.+ 15  En Joʹhanan,+ die seun van Kareʹag, het vir Gedalʹja in ’n verborge plek in Mispa gesê: “Ek wil nou gaan en Isʹmael, die seun van Netanʹja, doodmaak, aangesien niemand dit sal weet nie.+ Waarom moet hy die hand aan u siel slaan, en waarom moet almal van Juda wat by u bymekaargebring word, verstrooi word en die oorblyfsel van Juda vergaan?”+ 16  Maar Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam,+ het vir Joʹhanan, die seun van Kareʹag, gesê: “Moenie hierdie ding doen nie, want jy spreek ’n leuen oor Isʹmael.”+

Voetnote