Jeremia 41:1-18

41  En in die sewende maand het Isʹmael,+ die seun van Netanʹja, die seun van Elisaʹma,+ van die koninklike nageslag+ en van die vernaamste manne van die koning, en tien ander manne saam met hom+ by Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, in Mispa+ gekom. En daar in Mispa het hulle saam brood begin eet.+  Toe het Isʹmael, die seun van Netanʹja, en die tien manne wat by hom was, opgestaan en Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, die seun van Safan, met die swaard doodgemaak.+ So het hy die een doodgemaak wat die koning van Babilon oor die land aangestel het.+  En Isʹmael het al die Jode wat by hom was, dit wil sê by Gedalʹja, in Mispa, en die Galdeërs wat hulle daar bevind het, dit wil sê die krygsmanne, doodgemaak.  En op die tweede dag nadat Gedalʹja doodgemaak is, toe niemand dit nog geweet het nie,+  het daar manne uit Sigem,+ uit Silo+ en uit Samariʹa+ gekom, tagtig man, met afgeskeerde baard+ en geskeurde klere en wat hulleself stukkend gesny het,+ en daar was ’n graanoffer en wierook+ in hulle hand om dit na die huis van Jehovah te bring.  Toe het Isʹmael, die seun van Netanʹja, hulle uit Mispa tegemoetgegaan, terwyl hy geloop en huil het.+ En toe hy hulle teëkom, het hy vir hulle gesê: “Kom na Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam.”  Maar net toe hulle in die stad kom, het Isʹmael, die seun van Netanʹja, hulle doodgemaak en hulle in die reënput gegooi, hy en die manne wat by hom was.+  Maar tien manne wat hulle onder hulle bevind het, het onmiddellik vir Isʹmael gesê: “Moet ons nie doodmaak nie, want ons besit verborge skatte in die veld: koring en gars en olie en heuning.”+ Toe het hy daarvan afgesien en hulle nie in die midde van hulle broers doodgemaak nie.  En die reënput waarin Isʹmael+ al die lyke gegooi het van die manne wat hy doodgemaak het, was ’n groot reënput, die een wat koning Asa gemaak het weens Baäsa, die koning van Israel.+ Dié het Isʹmael, die seun van Netanʹja, gevul met diegene wat omgebring is. 10  Toe het Isʹmael die hele oorblyfsel van die volk gevange geneem wat in Mispa+ was, die dogters van die koning+ en die hele volk wat in Mispa oorgebly het,+ wat Nebusaraʹdan, die hoof van die lyfwag, aan Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, toevertrou het.+ En Isʹmael, die seun van Netanʹja, het hulle gevange geneem en weggetrek om oor te gaan na die kinders van Ammon.+ 11  Na ’n ruk het Joʹhanan,+ die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die krygsmag+ wat by hom was, gehoor van al die slegte dinge wat Isʹmael, die seun van Netanʹja, gedoen het. 12  Gevolglik het hulle al die manne geneem en uitgetrek om teen Isʹmael, die seun van Netanʹja, te veg, en hulle het hom aangetref by die groot water wat in Giʹbeon was.+ 13  Toe die hele volk wat by Isʹmael was, Joʹhanan, die seun van Kareʹag, sien en al die hoofde van die krygsmag wat by hom was, het hulle bly geword. 14  En die hele volk wat Isʹmael uit Mispa+ as gevangenes weggevoer het, het omgedraai en teruggekeer en na Joʹhanan, die seun van Kareʹag, gegaan. 15  En wat Isʹmael, die seun van Netanʹja, betref, met agt man het hy Joʹhanan ontglip,+ sodat hy na die kinders van Ammon kon gaan. 16  Joʹhanan,+ die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die krygsmag wat by hom was, het toe die hele oorblyfsel van die volk uit Mispa geneem wat hulle van Isʹmael, die seun van Netanʹja, teruggebring het, nadat hy Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam, doodgemaak het: manne, krygsmanne, en die vrouens en die kindertjies en die hofbeamptes, wat hy uit Giʹbeon teruggebring het. 17  Toe het hulle weggetrek en gaan woon in die verblyfplek van Kimham, wat langs Betlehem+ was, ten einde verder te trek en Egipte binne te gaan+ 18  weens die Galdeërs;+ want hulle het vir hulle bang geword,+ aangesien Isʹmael, die seun van Netanʹja, Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, doodgemaak het,+ wat deur die koning van Babilon oor die land aangestel was.+

Voetnote