Jeremia 42:1-22

42  Toe het al die hoofde van die krygsmag en Joʹhanan,+ die seun van Kareʹag, en Jesanʹja,+ die seun van Hosaʹja,+ en die hele volk, van die kleinste tot selfs die grootste, nader gekom  en vir die profeet Jeremia gesê: “Mag ons versoek om guns asseblief voor u kom, en bid tog vir ons tot Jehovah u God,+ vir hierdie hele oorblyfsel, want ons het as min uit baie oorgebly,+ net soos u oë ons sien.  En mag Jehovah u God ons vertel watter weg ons moet bewandel en wat ons moet doen.”+  Daarop het die profeet Jeremia vir hulle gesê: “Ek het gehoor. Kyk, ek bid tot Jehovah julle God volgens julle woorde;+ en elke woord wat Jehovah julle antwoord, sal ek julle beslis meedeel.+ Ek sal geen woord van julle terughou nie.”+  En hulle het vir Jeremia gesê: “Mag Jehovah ’n waaragtige en getroue getuie teen ons wees+ as ons nie presies sal handel+ volgens elke woord waarmee Jehovah u God u na ons toe stuur nie.  Hetsy dit goed of sleg is, dit is die stem van Jehovah ons God, na wie toe ons u stuur, wat ons sal gehoorsaam, sodat dit met ons goed kan gaan omdat ons die stem van Jehovah ons God gehoorsaam.”+  En na verloop van tien dae het die woord van Jehovah tot Jeremia gekom.+  Toe het hy Joʹhanan, die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die krygsmag wat by hom was en die hele volk, van die kleinste tot selfs die grootste, geroep;+  en hy het vir hulle gesê: “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê, na wie toe julle my gestuur het om julle versoek om guns voor hom te bring:+ 10  ‘As julle vir seker in hierdie land bly,+ dan sal ek julle opbou en nie afbreek nie, en ek sal julle plant en nie uitruk nie;+ want ek sal beslis spyt voel oor die rampspoed wat ek oor julle gebring het.+ 11  Moenie bang wees vir die koning van Babilon wat julle vrees nie.’+ “‘Moenie vir hom bang wees nie’,+ is die woord van Jehovah, ‘want ek is met julle, om julle te red en julle uit sy hand te verlos.+ 12  En ek sal aan julle barmhartigheid bewys, en hy sal julle beslis barmhartig wees en julle na julle land terugbring.+ 13  “‘Maar as julle sê: “Nee, ons sal nie in hierdie land woon nie!” sodat julle ongehoorsaam is aan die stem van Jehovah julle God+ 14  en sê: “Nee, maar ons sal Egipteland binnegaan,+ waar ons geen oorlog sal sien nie en die geluid van die horing nie sal hoor nie en geen honger na brood sal hê nie; en daar sal ons woon”;+ 15  daarom, hoor dan nou die woord van Jehovah, o oorblyfsel van Juda. Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: “As julle beslis julle aangesig daarop rig om Egipte binne te gaan en julle ingaan om daar as vreemdelinge te woon,+ 16  dan sal juis die swaard waarvoor julle bang is, julle daar in Egipteland inhaal,+ en juis die hongersnood waarvoor julle bang is, sal kort agter julle daar in Egipte aankom;+ en julle sal daar sterf.+ 17  En al die manne wat hulle aangesig daarop gerig het om Egipte binne te gaan om daar as vreemdelinge te woon, sal deur die swaard, deur die hongersnood en deur die pes sterf;+ en hulle sal geen oorlewende hê of iemand wat ontkom nie, weens die rampspoed wat ek oor hulle bring.”’+ 18  “Want só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Net soos my toorn en my woede oor die inwoners van Jerusalem uitgestort is,+ so sal my woede op julle uitgestort word omdat julle Egipte binnegaan, en julle sal beslis ’n vloek en ’n voorwerp van verbasing en ’n vervloeking en ’n smaad word,+ en julle sal hierdie plek nie meer sien nie.’+ 19  “Jehovah het teen julle gespreek, o oorblyfsel van Juda. Moenie Egipte binnegaan nie.+ Julle moet gewis weet dat ek vandag teen julle getuig het,+ 20  dat julle ’n oortreding teen julle siel begaan het,+ want julle het my na Jehovah julle God toe gestuur en gesê: ‘Bid vir ons tot Jehovah ons God; en vertel ons volgens alles wat Jehovah ons God sê, en ons sal dit beslis doen.’+ 21  En ek vertel julle dit vandag, maar julle sal beslis nie die stem van Jehovah julle God of enigiets waarmee hy my na julle toe gestuur het, gehoorsaam nie.+ 22  En nou moet julle gewis weet dat julle deur die swaard,+ deur die hongersnood en deur die pes sal sterf in die plek wat dit julle behaag om binne te gaan om daar as vreemdelinge te woon.”+

Voetnote