Jeremia 43:1-13

43  En net toe Jeremia klaar tot die hele volk al die woorde van Jehovah hulle God gespreek het, waarmee Jehovah hulle God hom na hulle toe gestuur het, ja, al hierdie woorde,+  het Asarʹja, die seun van Hosaʹja,+ en Joʹhanan,+ die seun van Kareʹag, en al die vermetele manne+ vir Jeremia gesê: “Dit is ’n leuen wat jy spreek.+ Jehovah ons God het jou nie gestuur om te sê: ‘Moenie Egipte binnegaan om daar as vreemdelinge te woon nie.’+  Maar Barug,+ die seun van Neriʹa, stook jou teen ons op om ons in die hand van die Galdeërs te gee, sodat hulle ons kan doodmaak of ons in ballingskap na Babilon kan wegvoer.”+  En Joʹhanan, die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die krygsmag en die hele volk het nie die stem van Jehovah gehoorsaam+ om in die land van Juda te bly nie.+  Toe het Joʹhanan, die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die krygsmag die hele oorblyfsel van Juda geneem wat uit al die nasies waarheen hulle verstrooi is, teruggekeer het om ’n ruk in die land van Juda te woon,+  ja, die manne en die vrouens en die kindertjies en die dogters van die koning+ en elke siel wat Nebusaraʹdan,+ die hoof van die lyfwag, laat agterbly het by Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam,+ die seun van Safan,+ asook die profeet Jeremia en Barug,+ die seun van Neriʹa.  En hulle het uiteindelik in Egipteland+ gekom, want hulle het nie die stem van Jehovah gehoorsaam nie; en hulle het geleidelik tot by Tagpanʹhes+ gekom.  Toe het die woord van Jehovah in Tagpanʹhes tot Jeremia gekom en gesê:  “Neem groot klippe in jou hand, en jy moet dit voor die oë van die Joodse manne in die messelklei in die baksteenterras wegsteek wat by die ingang van die huis van Farao in Tagpanʹhes is.+ 10  En jy moet vir hulle sê: ‘Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: “Kyk, ek stuur en ek sal my kneg+ Nebukadreʹsar, die koning van Babilon,+ laat haal, en ek sal sy troon bo-op hierdie klippe neersit wat ek weggesteek het, en hy sal beslis sy praaltent daaroor uitsprei. 11  En hy sal kom en Egipteland verslaan.+ Wie vir die dodelike plaag bestem is, sal vir die dodelike plaag wees, en wie vir gevangenskap bestem is, sal vir gevangenskap wees, en wie vir die swaard bestem is, sal vir die swaard wees.+ 12  En ek sal ’n vuur in die huise van die gode van Egipte aansteek;+ en hy sal hulle beslis verbrand en hulle as gevangenes wegvoer en hom in Egipteland wikkel soos ’n herder hom in sy kleed wikkel,+ en hy sal daarvandaan in vrede wegtrek. 13  En hy sal die pilare van Bet-Semes, wat in Egipteland is, beslis in stukke breek; en die huise van die gode van Egipte sal hy met vuur verbrand.”’”

Voetnote