Jeremia 44:1-30

44  Die woord wat tot Jeremia gekom het vir al die Jode wat in Egipteland gewoon het,+ wat in Migdol+ en in Tagpanʹhes+ en in Nof+ en in die land Patros+ gewoon het, het gesê:  “Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Julle het al die rampspoed gesien wat ek oor Jerusalem+ en oor al die stede van Juda gebring het, en kyk, hulle is vandag ’n verwoeste plek, en daar is geen inwoner in hulle nie.+  Dit is weens hulle slegtheid wat hulle bedryf het om my aanstoot te gee deur te gaan en offerrook te laat opgaan+ en diens te verrig aan ander gode wat hulle nie geken het nie, nie julle of julle voorvaders nie.+  En ek het al my knegte, die profete, na julle toe bly stuur, ja, vroeg opgestaan en gestuur,+ om te sê: “Moet asseblief nie hierdie verfoeilike ding doen wat ek gehaat het nie.”+  Maar hulle het nie geluister nie,+ en ook het hulle nie gehoor gegee om van hulle slegtheid terug te keer deur nie vir ander gode offerrook te laat opgaan nie.+  Daarom is my woede en my toorn uitgestort en het dit in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem gebrand;+ en hulle het ’n verwoeste plek geword, ’n verlate woesteny, soos dit vandag is.’+  “En nou, só het Jehovah, die God van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Waarom bring julle ’n groot rampspoed oor julle siel,+ om onder julle man en vrou, kind en suigeling uit Juda uit te roei,+ sodat julle nie vir julle ’n oorblyfsel laat nie;  deur my aanstoot te gee met die werke van julle hande deur vir ander gode offerrook te laat opgaan+ in Egipteland, wat julle binnegaan om daar as vreemdelinge te woon; sodat julle julle eie uitroeiing veroorsaak en sodat julle ’n vervloeking en ’n smaad onder al die nasies van die aarde word?+  Het julle die slegte dade van julle voorvaders+ en die slegte dade van die konings van Juda+ en die slegte dade van hulle vrouens+ en julle eie slegte dade en die slegte dade van julle vrouens vergeet,+ wat hulle in die land van Juda en op die strate van Jerusalem gedoen het? 10  En tot vandag toe het hulle nie verbryseld gevoel nie,+ en hulle het nie bang geword nie,+ en ook het hulle nie in my wet+ en in my insettinge gewandel wat ek julle en julle voorvaders voorgehou het nie.’+ 11  “Daarom, só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Kyk, ek rig my aangesig teen julle tot rampspoed en tot die uitroeiing van die hele Juda.+ 12  En ek sal die oorblyfsel van Juda wegneem, wat hulle aangesig daarop gerig het om Egipteland binne te gaan om daar as vreemdelinge te woon,+ en hulle sal almal beslis in Egipteland aan hulle einde kom.+ Hulle sal deur die swaard val; en deur die hongersnood+ sal hulle aan hulle einde kom, van die kleinste tot selfs die grootste; deur die swaard en deur die hongersnood sal hulle sterf. En hulle sal ’n vloek word, ’n voorwerp van verbasing en ’n vervloeking en ’n smaad.+ 13  En ek sal rekenskap eis van dié wat in Egipteland woon, net soos ek van Jerusalem rekenskap geëis het, deur die swaard, deur die hongersnood en deur die pes.+ 14  En vir die oorblyfsel van Juda wat ingaan om daar, in Egipteland, as vreemdelinge te woon,+ sal daar niemand wees wat daaraan ontkom of dit oorleef nie, ja, om na die land van Juda terug te keer waarna hulle hulle sielsbegeerte ophef om terug te keer om daar te woon;+ want hulle sal nie terugkeer nie, behalwe ’n paar wat ontkom het.’” 15  En al die manne wat geweet het dat hulle vrouens vir ander gode offerrook laat opgaan,+ en al die vrouens wat daar gestaan het as ’n groot gemeente, en die hele volk wat in Egipteland,+ in Patros,+ gewoon het, het Jeremia geantwoord en gesê: 16  “Wat die woord betref wat jy in die naam van Jehovah tot ons gespreek het, ons luister nie na jou nie;+ 17  maar ons sal gewis elke woord uitvoer wat uit ons mond uitgegaan het,+ ten einde vir die ‘koningin van die hemel’ offerrook te laat opgaan+ en om vir haar drankoffers uit te giet,+ net soos ons+ en ons voorvaders,+ ons konings+ en ons vorste in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem gedoen het, toe ons met brood versadig is en goed daaraan toe was en geen rampspoed gesien het nie.+ 18  En vandat ons opgehou het om vir die ‘koningin van die hemel’ offerrook te laat opgaan+ en vir haar drankoffers uit te giet, het ons aan alles gebrek gehad en het ons deur die swaard en deur die hongersnood aan ons einde gekom.+ 19  “En het ons—toe ons vir die ‘koningin van die hemel’ offerrook laat opgaan het+ en geneig was om vir haar drankoffers uit te giet+—sonder om ons mans te vra vir haar offerkoeke gemaak, om ’n beeld van haar te maak en vir haar drankoffers uit te giet?”+ 20  Hierop het Jeremia vir die hele volk, vir die manne en vir die vrouens en vir die hele volk wat hom met ’n woord geantwoord het, gesê: 21  “Wat die offerrook betref wat julle in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem laat opgaan het,+ julle+ en julle voorvaders,+ julle konings+ en julle vorste+ en die volk van die land, was dít nie waaraan Jehovah gedink het en wat in sy hart opgekom het nie?+ 22  Uiteindelik kon Jehovah dit nie meer verdra weens die slegtheid van julle handelinge, weens die verfoeilike dinge wat julle gedoen het nie,+ en daarom het julle land ’n verwoeste plek en ’n voorwerp van verbasing en ’n vervloeking geword, sonder inwoner, soos dit vandag is.+ 23  Omdat julle offerrook laat opgaan het+ en teen Jehovah gesondig het+ en die stem van Jehovah nie gehoorsaam het nie+ en in sy wet+ en in sy insettinge en in sy herinneringe nie gewandel het nie, daarom het hierdie rampspoed oor julle gekom, soos dit vandag is.”+ 24  En Jeremia het verder vir die hele volk en vir al die vroue gesê: “Hoor die woord van Jehovah, almal van Juda wat in Egipteland is.+ 25  Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Wat julle en julle vrouens+ betref, julle, o vroue, spreek ook met julle mond (en met julle hande het julle almal dit in vervulling laat gaan) en sê: “Ons sal vir seker ons geloftes nakom wat ons gedoen het,+ om vir die ‘koningin van die hemel’ offerrook te laat opgaan+ en om vir haar drankoffers uit te giet.”+ Vroue, julle sal vir seker julle geloftes vervul, en julle sal vir seker julle geloftes nakom.’ 26  “Daarom, hoor die woord van Jehovah, almal van Juda wat in Egipteland woon:+ ‘“Kyk, ek het by my groot naam gesweer”,+ het Jehovah gesê, “dat my naam nie meer iets sal wees wat deur die mond van enige man van Juda in die hele Egipteland uitgeroep word,+ deurdat hy sê: ‘So waar as die Soewereine Heer Jehovah lewe!’+ nie. 27  Kyk, ek bly wakker ten opsigte van hulle ten kwade en nie ten goede nie;+ en al die manne van Juda wat in Egipteland is, sal beslis deur die swaard en deur die hongersnood aan hulle einde kom, totdat hulle ophou bestaan.+ 28  En wat dié betref wat aan die swaard ontkom, hulle sal uit Egipteland na die land van Juda terugkeer, min in getal;+ en die hele oorblyfsel van Juda, wat in Egipteland kom om daar as vreemdelinge te woon, sal beslis weet wie se woord bewaarheid word, myne of hulle s’n.”’”+ 29  “‘En dít is vir julle die teken’,+ is die woord van Jehovah, ‘dat ek my aandag op julle rig in hierdie plek, sodat julle kan weet dat my woorde vir seker tot rampspoed oor julle bewaarheid sal word:+ 30  Só het Jehovah gesê: “Kyk, ek gee farao Hofra, die koning van Egipte,+ in die hand van sy vyande en in die hand van dié wat sy siel soek,+ net soos ek Sedekiʹa, die koning van Juda, gegee het in die hand van Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, sy vyand en die een wat sy siel gesoek het.”’”+

Voetnote