Jeremia 45:1-5

45  Die woord wat die profeet Jeremia tot Barug,+ die seun van Neriʹa, gespreek het toe hy hierdie woorde uit die mond van Jeremia in ’n boek geskryf het+ in die vierde jaar van Joʹjakim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, toe hy gesê het:  “Só het Jehovah, die God van Israel, oor jou gesê, o Barug:  ‘Jy het gesê: “Wee my tog,+ want Jehovah het droefheid by my pyn gevoeg! Ek het moeg geword weens my gesug, en ek het geen rusplek gevind nie.”’+  “Só moet jy vir hom sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Kyk! Wat ek opgebou het, breek ek af, en wat ek geplant het, ruk ek uit, ja, die hele land.+  Maar wat jou betref, jy hou aan om vir jou groot dinge te soek.+ Moet dit nie aanhou soek nie.”’+ “‘Want kyk, ek bring rampspoed oor alle vlees’,+ is die woord van Jehovah, ‘en ek sal jou siel vir jou as buit gee in al die plekke waarheen jy sal gaan.’”+

Voetnote