Jeremia 46:1-28

46  Dít het as die woord van Jehovah tot die profeet Jeremia gekom aangaande die nasies:+  Oor Egipte,+ aangaande die krygsmag van farao Nego, die koning van Egipte,+ wat by die Eufraatrivier by Karʹkemis+ was, wat deur Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, verslaan is in die vierde jaar van Joʹjakim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda:  “STEL die klein en die groot skild op, en ruk op na die geveg.+  Span die perde in en klim op, o ruiters, en neem stelling in met die helm op. Vryf die lanse blink. Trek die pantsers aan.+  “‘Waarom het ek hulle met verskrikking vervul gesien? Hulle wyk agteruit, en hulle sterk manne is verbrysel; en hulle het gewis gevlug, en hulle het nie omgedraai nie.+ Daar is skrik rondom,’+ is die woord van Jehovah.  ‘Laat die vinnige nie probeer vlug nie, en laat die sterke nie probeer ontkom nie.+ In die noorde,+ aan die oewer van die Eufraatrivier, het hulle gestruikel en geval.’+  “Wie is dit wat daar soos die Nylrivier opkom, soos die riviere waarvan die waters bruis?+  Egipte kom op soos die Nylrivier,+ en soos riviere bruis die waters.+ En hy sê: ‘Ek sal optrek. Ek sal die aarde bedek. Ek sal die stad en dié wat daarin woon, sonder meer vernietig.’+  Trek op, o perde, en ry in dolle vaart, o strydwaens! En laat die sterk manne uittrek, Kus+ en Put,+ wat die skild hanteer, en die Ludiete,+ wat die boog hanteer en trap. 10  “En dié dag behoort aan die Soewereine Heer, Jehovah van die leërs, die dag van wraak om hom op sy teenstanders te wreek.+ En die swaard sal beslis verslind en hom versadig en hom vol drink aan hulle bloed, want die Soewereine+ Heer, Jehovah van die leërs, het ’n offerande+ in die land van die noorde, by die Eufraatrivier.+ 11  “Gaan op na Giʹlead en gaan haal balsem,+ o maagdelike dogter van Egipte.+ Tevergeefs het jy die geneesmiddels vermenigvuldig. Daar is geen genesing vir jou nie.+ 12  Die nasies het van jou oneer gehoor,+ en jou geskreeu het die land gevul.+ Want hulle het gestruikel, sterk man teen sterk man.+ Hulle al twee het saam geval.” 13  Die woord wat Jehovah tot die profeet Jeremia gespreek het oor die koms van Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, om Egipteland te verslaan:+ 14  “VERTEL dit in Egipte, en verkondig dit in Migdol,+ en verkondig dit in Nof+ en in Tagpanʹhes.+ Sê: ‘Neem stelling in, tref ook vir jou voorbereidings,+ want ’n swaard sal beslis rondom jou verslind.+ 15  Waarom is jou magtiges weggespoel?+ Hulle het nie bly staan nie, want Jehovah het hulle weggestoot.+ 16  In groot getalle struikel hulle. Ook val hulle. En hulle bly vir mekaar sê: “Staan tog op, en laat ons tog terugkeer na ons volk en na die land van ons familielede weens die verdrukkende swaard.”’ 17  Daar het hulle uitgeroep: ‘Farao, die koning van Egipte, is net ’n geraas.+ Hy het die feestyd laat verbygaan.’+ 18  “‘So waar as ek lewe’, is die woord van die Koning, wie se naam Jehovah van die leërs is,+ ‘soos Tabor+ onder die berge en soos Karmel+ by die see sal hy inkom. 19  Kry vir jou bagasie bymekaar vir ballingskap,+ o inwoonster, die dogter+ van Egipte. Want Nof+ sal ’n blote voorwerp van verbasing word en sal aan die brand gesteek word, sodat dit sonder inwoner is.+ 20  Egipte is soos ’n baie mooi vers. Uit die noorde sal ’n muskiet beslis teen haar kom.+ 21  Ook is haar huursoldate in haar soos vetgemaakte kalwers.+ Maar ook hulle het padgegee;+ hulle het saam gevlug. Hulle het nie bly staan nie.+ Want die dag van hulle ongeluk het oor hulle gekom, die tyd dat daar aandag aan hulle geskenk word.’+ 22  “‘Haar stem is soos dié van ’n slang wat wegseil;+ want met lewenskragtigheid sal mense gaan, en met byle sal hulle na haar toe kom, soos dié wat stukke hout bymekaarmaak. 23  Hulle sal beslis haar woud uitkap’,+ is die woord van Jehovah, ‘want dit was ondeurdringbaar. Want hulle het talryker as die sprinkaan geword,+ en hulle is sonder tal. 24  Die dogter+ van Egipte sal haar beslis skaam. Sy sal in die hand van die volk van die noorde gegee word.’+ 25  “Jehovah van die leërs, die God van Israel, het gesê: ‘Kyk, ek rig my aandag op Amon+ uit No+ en op Farao en op Egipte en op sy gode+ en op sy konings,+ ja, op Farao en op almal wat op hom vertrou.’+ 26  “‘En ek sal hulle in die hand gee van dié wat hulle siel soek en in die hand van Nebukadreʹsar, die koning van Babilon,+ en in die hand van sy knegte; en daarna sal dit bewoon word soos in die dae van weleer’,+ is die woord van Jehovah. 27  “‘En wat jou betref, moenie bang wees nie, o my kneg Jakob, en moenie met verskrikking vervul wees nie, o Israel.+ Want kyk, ek red jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap.+ En Jakob sal beslis terugkeer en rus hê en gerus wees, sonder dat iemand hom laat bewe.+ 28  Wat jou betref, moenie bang wees nie, o my kneg Jakob’, is die woord van Jehovah, ‘want ek is met jou.+ Want ek sal al die nasies uitroei waarheen ek jou verstrooi het,+ maar jou sal ek nie uitroei nie.+ Maar ek sal jou in die regte mate moet tugtig,+ en ek sal jou beslis nie ongestraf laat bly nie.’”+

Voetnote