Jeremia 47:1-7

47  Dit is die woord van Jehovah wat tot die profeet Jeremia gekom het oor die Filistyne+ voordat Farao Gasa+ verslaan het.  Só het Jehovah gesê: “Kyk! Waters kom op+ uit die noorde+ en het ’n oorlopende stroom geword. En dit sal die land oorstroom en alles wat dit vul, die stad en dié wat daarin woon.+ En die mense sal beslis skreeu, en almal wat in die land woon, sal weeklaag.+  By die geluid van sy hingste se hoewe wat stamp,+ by die geratel van sy strydwaens,+ die gedreun van sy wiele,+ sal die vaders nie omdraai na die kinders nie, omdat hulle hande slap geword het,  weens die dag wat kom om al die Filistyne te plunder,+ om van Tirus+ en van Sidon+ elke oorlewende uit te roei wat gehelp het.+ Want Jehovah plunder die Filistyne,+ wat die oorblywendes van die eiland Kaftor+ is.  Gasa+ sal kaalhoofdig+ word. Asʹkelon+ is tot swye gebring. O oorblyfsel van hulle laagvlakte, hoe lank sal jy jou bly stukkend sny?+  “Ha, die swaard van Jehovah!+ Hoe lank sal jy geen rus hê nie? Keer terug in jou skede.+ Kom tot rus en wees stil.  “Hoe kan dit rus hê, wanneer Jehovah dit ’n bevel gegee het? Dit is vir Asʹkelon en vir die seekus.+ Daar het hy bestem dat dit moet wees.”

Voetnote