Jeremia 48:1-47

48  Oor Moab+ het Jehovah van die leërs, die God van Israel, die volgende gesê:+ “Wee Nebo,+ want dit is geplunder! Kirjataʹim+ is beskaamd gemaak, is ingeneem. Die veilige hoogte is beskaamd gemaak en met verskrikking vervul.+  Daar is geen lof vir Moab meer nie.+ In Hesbon+ het hulle rampspoed teen hom bedink: ‘Kom, en laat ons hom uitroei, sodat hy nie meer ’n nasie is nie.’+ “Ook jy, o Madmen, moet stilbly. ’n Swaard agtervolg jou.  Daar is die geluid van ’n geskreeu uit Horonaʹim,+ ’n plundering en groot verbreking.  Moab is verbreek.+ Sy kleintjies het ’n geskreeu laat hoor.  Want dit is met ’n gehuil dat ’n mens loop op die pad wat na Luhit+ opgaan—daar is ’n gehuil. Want op die pad wat van Horonaʹim afdaal, het mense ’n angswekkende geskreeu oor die verbreking+ gehoor.  “Vlug; verskaf ontkoming aan julle siel,+ en julle sal soos ’n jenewerboom in die wildernis word.+  Omdat jy op jou werke en op jou skatte vertrou, sal ook jy ingeneem word.+ En Kamos+ sal beslis in ballingskap gaan,+ sy priesters en sy vorste tegelykertyd.+  En die plunderaar sal oor elke stad kom,+ en geen stad sal kan ontkom nie.+ En die laagvlakte sal beslis vergaan en die gelykte verdelg word, iets wat Jehovah gesê het.  “GEE aan Moab ’n padteken, want wanneer hy in puin val, sal hy weggaan;+ en sy stede sal ’n blote voorwerp van verbasing word, sonder dat iemand daarin woon.+ 10  “Mag hy vervloek wees wat die opdrag van Jehovah nalatig uitvoer;+ en mag hy vervloek wees wat sy swaard van bloed terughou! 11  “Die Moabiete was van hulle jeug af gerus,+ en hulle bly rustig op hulle afsaksel lê.+ En hulle is nie van een houer in ’n ander leeggemaak nie, en in ballingskap het hulle nie gegaan nie. Daarom het hulle smaak in hulle gebly, en selfs hulle geur het nie verander nie. 12  “‘Daarom, kyk! daar kom dae’, is die woord van Jehovah, ‘en ek sal dié wat houers kantel, na hulle toe stuur, en hulle sal hulle beslis kantel;+ en hulle houers sal hulle leegmaak, en hulle groot kruike sal hulle stukkend slaan. 13  En die Moabiete sal beskaamd moet staan oor Kamos,+ net soos die huis van Israel beskaamd gestaan het oor Bet-El, hulle vertroue.+ 14  Hoe durf julle sê: “Ons is sterk manne+ en manne met lewenskragtigheid vir die oorlog”?’ 15  “‘Moab is geplunder, en daar is teen sy stede opgeruk.+ En hulle beste jong manne het afgegaan na die slagting’,+ is die woord van die Koning, wie se naam Jehovah van die leërs is.+ 16  “Die ongeluk oor die Moabiete is naby, en hulle rampspoed kom baie vinnig nader.+ 17  Almal rondom hulle sal met hulle moet simpatiseer, ja, almal wat hulle naam ken.+ SÊ: ‘Hoe is die sterk stok, die pragtige staf, tog gebreek!’+ 18  “Kom af uit die heerlikheid en gaan sit in dors, o inwoonster van die dogter+ van Dibon;+ want die plunderaar van Maob het teen jou opgetrek. Hy sal jou vestings verwoes.+ 19  “Gaan staan en kyk uit na die pad, o inwoonster van Aʹroër.+ Vra hom wat vlug en haar wat ontkom. Sê: ‘Wat het gebeur?’+ 20  Moab is beskaamd gemaak, want hy is met verskrikking vervul.+ Weeklaag en skreeu. VERTEL by die Arnon+ dat Moab geplunder is. 21  En oordeel het gekom oor die land van die gelykte,+ oor Holon en oor Jahas+ en teen Mefaʹät,+ 22  en teen Dibon+ en teen Nebo+ en teen Bet-Diblataʹim, 23  en teen Kirjataʹim+ en teen Bet-Gamul en teen Bet-Meon+ 24  en teen Keʹrijot+ en teen Bosra+ en teen al die stede van die land Moab, dié wat ver en dié wat naby is. 25  “‘Die horing van Moab is afgekap,+ en sy arm is gebreek’,+ is die woord van Jehovah. 26  ‘MAAK hom dronk,+ want hy het hom baie groot gehou teen Jehovah;+ en Moab het rondgerol in sy uitbraaksel,+ en hy het ’n voorwerp van spot geword, ja hy. 27  “‘En het Israel nie vir jou ’n blote voorwerp van spot geword nie?+ Of is hy onder volslae diewe aangetref?+ Want jy het jou kop geskud elke keer as jy teen hom gepraat het. 28  “‘Verlaat die stede en woon op die krans,+ inwoners van Moab, en word soos die duif wat sy nes naby die opening van die holte maak.’”+ 29  “Ons het gehoor van Moab se trots+—hy is baie hoogmoedig—van sy hoogheid en van sy trots en van sy hoogmoed en van die verwaandheid van sy hart.”+ 30  “‘Ek het sy grimmigheid geken’, is die woord van Jehovah, ‘en so sal dit nie wees nie; sy leë praatjies+—hulle sal nie presies so handel nie.+ 31  Daarom sal ek oor Moab weeklaag, en oor die hele Moab sal ek dit uitskreeu.+ Oor die manne van Kir-Heres+ sal mense kerm. 32  “‘Met meer as die gehuil oor Jaser+ sal ek oor jou huil, o wingerdstok van Sibma.+ Jou geil lote het oor die see gegaan. Tot by die see—tot by Jaser+—het hulle gestrek. Die plunderaar het jou somervrugte+ en jou druiweoes oorval.+ 33  En blydskap en vreugde is uit die boord en uit die land Moab weggeneem.+ En uit die wynperse het ek die wyn laat verdwyn.+ Niemand sal met gejuig trap nie. Die gejuig sal geen gejuig wees nie.’”+ 34  “‘Van die geskreeu in Hesbon+ tot by Eleaʹle,+ tot by Jahas+ het hulle hulle stem laat hoor,+ van Soar+ af tot by Horonaʹim,+ tot by Egʹlat-Selisiʹa;+ want selfs die waters van Nimrim+ sal blote woestenye word. 35  En ek sal in Moab ’n einde maak’, is die woord van Jehovah, ‘aan die een wat ’n offer op die hoogte bring en die een wat vir sy god offerrook laat opgaan.+ 36  Daarom sal my hart onstuimig wees oor Moab, soos fluite;+ en oor die manne van Kir-Heres+ sal my hart onstuimig wees, soos fluite. Daarom sal die oorvloed wat hy voortgebring het, beslis vergaan.+ 37  Want op elke kop is daar kaalheid,+ en elke baard is afgeknip.+ Op al die hande is daar snye,+ en om die heupe is daar saklinne!’”+ 38  “‘Op al die dakke van Moab en op sy openbare pleine—oral—is daar geweeklaag;+ want ek het Moab gebreek net soos ’n houer waarin ’n mens geen behae het nie’,+ is die woord van Jehovah. 39  ‘Hoe het hy tog verskrik geword! Weeklaag! Hoe het Moab tog die rug gedraai! Hy het beskaamd gestaan.+ En Moab het ’n voorwerp van spot en iets skrikwekkends vir almal rondom hom geword.’” 40  “Want só het Jehovah gesê: ‘Kyk! Net soos ’n arend wat neerskiet,+ sal iemand ook sy vlerke oor Moab uitsprei.+ 41  Die stede sal ingeneem word, en sy versterkte plekke sal beslis verower word. En die hart van die sterk manne van Moab sal in dié dag word soos die hart van ’n vrou wat in barensnood verkeer.’”+ 42  “‘En Moab sal beslis verdelg word, sodat hy nie meer ’n volk is nie,+ want teen Jehovah het hy hom baie groot gehou.+ 43  Angs en die kuil en die valstrik is oor jou, o inwoner van Moab’,+ is die woord van Jehovah. 44  ‘Elkeen wat vir die angs vlug, sal in die kuil val; en elkeen wat uit die kuil opklim, sal in die valstrik gevang word.’+ “‘Want ek sal oor hom, oor Moab, die jaar bring dat daar aan hulle aandag geskenk word’,+ is die woord van Jehovah. 45  ‘In die skaduwee van Hesbon het die vlugtelinge kragteloos bly staan. Want ’n vuur sal beslis uit Hesbon uitgaan,+ en ’n vlam uit Sihon;+ en dit sal die slape van Moab en die kroon van die kop van die kinders van rumoer verteer.’+ 46  “‘Wee jou, o Moab!+ Die volk van Kamos+ het vergaan. Want jou seuns is weggeneem as gevangenes en jou dogters as gevangenes. 47  En ek sal die gevangenes van Moab aan die einde van die dae versamel’,+ is die woord van Jehovah. ‘Tot sover is die oordeel oor Moab.’”+

Voetnote