Jeremia 49:1-39

49  Oor die kinders van Ammon+ het Jehovah die volgende gesê: “Het Israel geen kinders nie, of het hy geen erfgenaam nie? Waarom het Malkam+ Gad in besit geneem+ en het sy volk in Israel se stede gaan woon?”+  “‘Daarom, kyk! daar kom dae’, is die woord van Jehovah, ‘en ek sal die alarmsein van die oorlog+ teen Rabba+ van die kinders van Ammon laat hoor; en hy sal beslis ’n puinhoop word, ’n verlate woesteny,+ en sy afhanklike dorpe+ sal met vuur aan die brand gesteek word.’+ “‘En Israel sal dié in besit neem wat hom in besit geneem het’,+ het Jehovah gesê.  “‘Weeklaag,+ o Hesbon,+ want Ai is geplunder. Skreeu, o afhanklike dorpe van Rabba. Omgord julle met saklinne.+ Weeklaag en swerf rond tussen die klipkrale, want Malkam sal in ballingskap gaan,+ sy priesters en sy vorste, almal saam.+  Waarom spog jy oor die laagvlaktes, jou stromende laagvlakte,+ o ontroue dogter, wat op haar skatte vertrou+ en sê: “Wie sal na my toe kom?”’”+  “‘Kyk, ek bring iets vreesliks oor jou’,+ is die woord van die Soewereine+ Heer, Jehovah van die leërs, ‘van almal rondom jou. En julle sal beslis verstrooi word, elkeen in sy eie rigting,+ en daar sal niemand wees wat die vlugtelinge bymekaarmaak nie.’”  “‘Maar daarna sal ek die gevangenes van die kinders van Ammon versamel’,+ is die woord van Jehovah.”  Oor Edom het Jehovah van die leërs die volgende gesê: “Is daar geen wysheid+ meer in Teman+ nie? Het raad verdwyn by dié wat begrip het? Het hulle wysheid verrot?+  Vlug!+ Gee pad! Gaan diep af om te woon,+ o inwoners van Dedan!+ Want die ongeluk van Esau sal ek oor hom bring, die tyd dat ek my aandag op hom sal rig.+  As druiweplukkers na jou toe kom, sou hulle dan nie van die oesoorblyfsels laat oorbly nie? As diewe in die nag inkom, sou hulle beslis net soveel verwoesting aanrig as wat hulle wil.+ 10  Maar wat my betref, ek sal Esau kaalstroop.+ Ek sal sy skuilplekke blootlê,+ en mense sal nie kan wegkruip nie.+ Sy nageslag en sy broers en sy bure sal beslis geplunder word,+ en hy sal daar nie wees nie.+ 11  Verlaat tog jou vaderlose seuns.+ Ek sal hulle in die lewe hou, en jou weduwees sal op my vertrou.”+ 12  Want só het Jehovah gesê: “Kyk! Hoewel dit nie hulle gewoonte is om die beker te drink nie, sal hulle vir seker drink.+ En jy, sal jy heeltemal ongestraf bly? Jy sal nie ongestraf bly nie, want jy sal vir seker drink.”+ 13  “Want ek het by myself gesweer”,+ is die woord van Jehovah, “dat Bosra+ ’n blote voorwerp van verbasing,+ ’n smaad, ’n verwoesting en ’n vervloeking sal word; en al sy stede sal tot onbepaalde tyd verwoeste plekke word.”+ 14  ’n Berig het ek van Jehovah gehoor, en ’n gesant is onder die nasies gestuur om te sê: “Kom bymekaar, en trek teen hom op, en staan op om oorlog te voer.”+ 15  “Want kyk! ek het jou inderdaad klein gemaak onder die nasies, verag onder die mensdom.+ 16  Die siddering wat jy veroorsaak het, het jou bedrieg, die vermetelheid van jou hart,+ o jy wat in die skuilplekke van die krans woon, wat die hoogte van die heuwel in besit hou. Hoewel jy jou nes hoog bou soos ’n arend,+ sal ek jou daarvandaan afbring”,+ is die woord van Jehovah. 17  “En Edom sal ’n voorwerp van verbasing word.+ Elkeen wat daar verbygaan, sal in verbasing staar en fluit weens al sy plae.+ 18  Net soos by die verwoesting van Sodom en Gomorʹra en sy naburige stede”,+ het Jehovah gesê, “sal geen mens daar bly nie, en geen mensekind sal as ’n vreemdeling daarin woon nie.+ 19  “Kyk! Iemand sal soos ’n leeu+ uit die trotse ruigtes langs die Jordaan na die blywende woonplek opkom,+ maar in ’n oomblik sal ek hom daarvandaan laat vlug.+ En die een wat uitgekies is, sal ek daaroor aanstel. Want wie is soos ek,+ en wie sal my uitdaag,+ en wie is tog die herder wat voor my kan standhou?+ 20  Daarom, HOOR die besluit van Jehovah wat hy teen Edom geformuleer het+ en sy gedagtes wat hy teen die inwoners van Teman uitgedink het:+ Waarlik, die kleintjies van die kudde sal rondgesleep word. Waarlik, weens hulle sal hy hulle woonplek woes laat word.+ 21  By die geluid van hulle val het die aarde begin bewe.+ Daar is ’n geskreeu!+ Die geluid daarvan is selfs by die Rooi See+ gehoor. 22  Kyk! Soos ’n arend sal iemand opstyg en neerskiet,+ en hy sal sy vlerke oor Bosra uitsprei;+ en die hart van die sterk manne van Edom sal in dié dag word soos die hart van die vrou wat in barensnood verkeer.”+ 23  Oor Damaskus:+ “Hamat+ en Arpad+ het beskaamd gestaan, want hulle het ’n slegte berig gehoor. Hulle het inmekaargestort.+ In die see is daar angstige besorgdheid; dit kan nie rustig bly nie.+ 24  Damaskus het moed verloor. Hy het omgedraai om te vlug, en louter paniek het hom aangegryp.+ Benoudheid en geboortepyne het hom aangegryp, soos by ’n vrou wat geboorte gee.+ 25  Hoe kom dit dat die stad van lof nie verlaat is nie, die stad van vreugde?+ 26  “Daarom sal sy jong manne op sy openbare pleine val, en al die krygsmanne sal in dié dag tot swye gebring word”,+ is die woord van Jehovah van die leërs. 27  “En ek sal ’n vuur aansteek op die muur van Damaskus, en dit sal beslis die woontorings van Ben-Hadad verteer.”+ 28  Oor Kedar+ en die koninkryke van Hasor,+ wat deur Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, verslaan is,+ het Jehovah die volgende gesê: “STAAN OP, trek op na Kedar, en plunder die kinders van die Ooste.+ 29  Hulle tente+ en hulle kleinvee+ sal weggeneem word, hulle tentdoeke+ en al hulle voorwerpe. En hulle kamele+ sal van hulle af weggevoer word. En hulle sal beslis vir hulle skreeu: ‘Daar is skrik rondom!’”+ 30  “Vlug, vlug ver weg; gaan diep af om te woon, o inwoners van Hasor”,+ is die woord van Jehovah. “Want Nebukadreʹsar, die koning van Babilon,+ het ’n besluit teen julle geformuleer en het ’n gedagte teen julle uitgedink.” 31  “STAAN OP, trek op teen die nasie wat gerus is,+ wat in veiligheid woon!”+ is die woord van Jehovah. “Dit het geen deure en geen grendel nie. Hulle woon alleen.+ 32  En hulle kamele+ sal roofgoed en die menigte van hulle vee buit word. En ek sal hulle in alle windrigtings verstrooi,+ dié wat hulle hare aan die slape weggeknip het;+ en uit al die streke daar naby sal ek hulle ongeluk aanbring”, is die woord van Jehovah. 33  “En Hasor+ sal die lêplek van jakkalse word,+ ’n verlate woesteny tot onbepaalde tyd. Geen mens sal daar bly nie, en geen mensekind sal as ’n vreemdeling daarin woon nie.”+ 34  Dít het as die woord van Jehovah tot Jeremia gekom oor Elam,+ in die begin van die koningskap van Sedekiʹa,+ die koning van Juda, en gesê: 35  “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Kyk, ek breek die boog van Elam,+ die begin van hulle mag. 36  En ek sal die vier winde uit die vier uithoeke van die hemel+ oor Elam bring. En ek sal hulle in al hierdie windrigtings verstrooi,+ en daar sal geen nasie wees waarheen die verstrooides+ van Elam nie sal kom nie.’” 37  “En ek sal die Elamiete verpletter voor hulle vyande en voor dié wat hulle siel soek; en ek sal rampspoed oor hulle bring, my brandende toorn”,+ is die woord van Jehovah. “En ek sal die swaard agter hulle aan stuur totdat ek hulle uitgeroei het.”+ 38  “En ek sal my troon in Elam+ plaas, en ek sal die koning en die vorste daaruit vernietig”, is die woord van Jehovah. 39  “En aan die einde van die dae+ sal ek beslis die gevangenes van Elam+ versamel”, is die woord van Jehovah.

Voetnote