Jeremia 5:1-31

5  Gaan swerf rond in die strate van Jerusalem en sien tog en weet, en soek self op sy openbare pleine of julle iemand kan vind,+ of daar enigiemand is wat geregtigheid beoefen,+ enigiemand wat getrouheid soek,+ en ek sal vergifnis daaraan skenk.  Al sou hulle sê: “So waar as Jehovah lewe!” sou hulle daarmee by blote leuens sweer.+  O Jehovah, is u oë nie op getrouheid gerig nie?+ U het hulle geslaan,+ maar hulle het nie siek geword nie.+ U het hulle uitgeroei.+ Hulle het geweier om dissipline aan te neem.+ Hulle het hulle aangesig harder as ’n groot rots gemaak.+ Hulle het geweier om terug te keer.+  Selfs ek het gesê: “Waarlik, hulle is van lae klas. Hulle het dwaas opgetree, want hulle het die weg van Jehovah, die reg van hulle God, geïgnoreer.+  Ek sal na die grotes gaan en met hulle praat,+ want hulle moes ag geslaan het op die weg van Jehovah, die reg van hulle God.+ Waarlik, hulle moes almal saam die juk verbreek het; hulle moes die stroppe stukkend geskeur het.”+  Daarom het ’n leeu uit die woud hulle aangeval, bly ’n wolf van die woestynvlaktes hulle plunder,+ lê ’n luiperd by hulle stede op die loer.+ Almal wat daaruit gaan, word verskeur. Want hulle oortredings het baie geword; hulle dade van ontrouheid het talryk geword.+  Hoe kan ek jou hiervoor vergewe? Jou kinders het my verlaat, en hulle sweer+ gedurig by wat geen God is nie.+ En ek het hulle bly versadig,+ maar hulle het voortgegaan om egbreuk te pleeg,+ en hulle stroom na die huis van ’n prostituut.  Bronstige perde met sterk testikels het hulle geword. Hulle runnik elkeen na die vrou van sy metgesel.+  “Sou ek nie weens hierdie dinge rekenskap eis nie?” is die woord van Jehovah.+ “Of sou my siel hom nie wreek op ’n nasie soos hierdie nie?”+ 10  “KOM OP teen sy rye wingerdstokke en rig verwoesting aan,+ maar moet dit nie heeltemal uitroei nie.+ Verwyder sy welige lote, want hulle behoort nie aan Jehovah nie.+ 11  Want die huis van Israel en die huis van Juda het gewis verraderlik met my gehandel”, is die woord van Jehovah.+ 12  “Hulle het Jehovah verloën, en hulle bly sê: ‘Hy bestaan nie.+ En geen rampspoed sal oor ons kom nie, en geen swaard of hongersnood sal ons sien nie.’+ 13  En die profete word wind, en die woord is nie in hulle nie.+ So sal daar aan hulle gedoen word.” 14  Daarom, só het Jehovah, die God van die leërs, gesê: “Omdat julle dit sê, kyk, ek maak my woorde in jou mond ’n vuur,+ en hierdie volk sal stukke hout wees, en dit sal hulle beslis verteer.”+ 15  “Kyk, ek bring oor julle ’n nasie van ver af,+ o huis van Israel”, is die woord van Jehovah. “Dit is ’n blywende nasie.+ Dit is ’n nasie van lank gelede af, ’n nasie wie se taal jy nie ken nie, en jy kan nie met begrip hoor wat hulle praat nie. 16  Hulle pylkoker is soos ’n oop graf; hulle is almal sterk manne.+ 17  Hulle sal ook beslis jou oes en jou brood opeet.+ Die manne sal jou seuns en jou dogters opeet. Hulle sal jou kleinvee en jou beeste opeet. Hulle sal jou wingerdstok en jou vyeboom opeet.+ Hulle sal jou versterkte stede waarop jy vertrou, met die swaard verpletter.” 18  “En selfs in dié dae”, is die woord van Jehovah, “sal ek julle nie uitroei nie.+ 19  En julle sal sê: ‘Waarom het Jehovah ons God al hierdie dinge aan ons gedoen?’+ En jy moet vir hulle sê: ‘Soos julle my verlaat het en ’n vreemde god in julle land gaan dien het, so sal julle vreemdelinge dien in ’n land wat nie julle s’n is nie.’”+ 20  VERTEL dit in die huis van Jakob en verkondig dit in Juda en sê: 21  “Hoor dit tog, o onwyse volk sonder ’n verstandige hart:+ Hulle het oë, maar hulle kan nie sien nie;+ hulle het ore, maar hulle kan nie hoor nie.+ 22  ‘Vrees julle selfs my nie’,+ is die woord van Jehovah, ‘of krimp julle selfs weens my nie ineen van pyn nie,+ wat die sand as grens vir die see gestel het, ’n voorskrif wat tot onbepaalde tyd duur wat hy nie kan oorskry nie? Al rol sy golwe, hulle kan steeds nie die oorhand kry nie; en al word hulle onstuimig, hulle kan dit steeds nie oorskry nie.+ 23  Maar hierdie volk het ’n wederstrewige en opstandige hart gekry; hulle het afgewyk en bly hulle weg bewandel.+ 24  Maar hulle het nie in hulle hart gesê nie: “Laat ons tog Jehovah ons God vrees,+ die Een wat die stortreën en die herfsreën en die lentereën op hulle tyd gee,+ wat selfs die voorgeskrewe weke van die oes vir ons bewaar.”+ 25  Julle oortredings het hierdie dinge weggekeer, en julle sondes het die goeie van julle teruggehou.+ 26  “‘Want onder my volk is goddeloses gevind.+ Hulle bly loer, soos wanneer voëlvangers neerbuk.+ Hulle het ’n verderflike valstrik gestel. Hulle vang mense. 27  Soos ’n hok vol voëls is, so is hulle huise vol bedrog.+ Daarom het hulle groot geword en verwerf hulle rykdom.+ 28  Hulle het vet geword;+ hulle het blink geword. Hulle slegtheid het ook geen perke geken nie. Geen regsaak het hulle bepleit nie,+ nie eens die regsaak van die vaderlose seun nie,+ sodat hulle suksesvol kan wees;+ en die reg van die armes het hulle nie opgeneem nie.’” 29  “Sou ek nie weens hierdie dinge rekenskap eis nie”, is die woord van Jehovah, “of sou my siel hom nie wreek op ’n nasie soos hierdie nie?+ 30  ’n Ontsettende toestand, ja, iets afskuweliks, het in die land ontstaan:+ 31  Die profete profeteer op grond van leuens;+ en wat die priesters betref, hulle onderwerp mense met hulle mag.+ En my volk wou dit graag so hê;+ en wat sal julle aan die uiteinde daarvan doen?”+

Voetnote