Jeremia 50:1-46

50  Die woord wat Jehovah deur middel van die profeet Jeremia oor Babilon,+ oor die land van die Galdeërs,+ gespreek het:  “Vertel dit onder die nasies en verkondig dit.+ En rig ’n baken op;+ verkondig dit. STEEK niks weg nie. Sê: ‘Babilon is ingeneem.+ Bel is beskaamd gemaak.+ Meroʹdag het verskrik geword. Sy beelde is beskaamd gemaak.+ Sy drekgode het verskrik geword.’  Want ’n nasie het uit die noorde teen hom opgetrek.+ Dié maak sy land ’n voorwerp van verbasing, sodat niemand daarin woon nie.+ Mense sowel as mak diere het gevlug.+ Hulle het weggegaan.”+  “In dié dae en in dié tyd”,+ is die woord van Jehovah, “sal die kinders van Israel kom, hulle en die kinders van Juda tesame.+ Hulle sal loop, al huilende sal hulle loop,+ en hulle sal Jehovah hulle God soek.+  Hulle sal die pad na Sion bly vra, met hulle gesig in daardie rigting,+ en sê: ‘Kom en laat ons ons met Jehovah verbind in ’n verbond wat tot onbepaalde tyd duur, wat nie vergeet sal word nie.’+  ’n Kudde sterwende skape het my volk geword.+ Hulle herders het hulle laat ronddwaal.+ Op die berge het hulle hulle weggelei.+ Van berg na heuwel het hulle gegaan. Hulle het hulle rusplek+ vergeet.  Almal wat hulle gevind het, het hulle opgeëet,+ en hulle teenstanders het gesê:+ ‘Ons sal ons nie skuldig maak nie,+ want hulle het gesondig teen Jehovah, die woonplek van regverdigheid+ en die hoop van hulle voorvaders,+ Jehovah.’”  “Vlug uit Babilon uit, en gaan uit die land van die Galdeërs uit,+ en word soos die leierdiere voor die kudde.+  Want kyk, ek verwek ’n versameling van groot nasies uit die land van die noorde en laat hulle teen Babilon optrek,+ en hulle sal hulle beslis teen hom opstel.+ Daarvandaan sal hy ingeneem word.+ Hulle pyle is soos dié van ’n sterk man wat die verlies van kinders veroorsaak, wat nie onverrigter sake terugkeer nie.+ 10  En Galdeʹa sal ’n buit word.+ Almal wat hom buitmaak, sal hulle versadig”,+ is die woord van Jehovah. 11  “Want julle het julle deurentyd verbly,+ want julle het julle deurentyd verheug toe julle my erfdeel geplunder het.+ Want julle het met die voete bly stamp soos ’n vers in die jong gras,+ en julle het soos hingste bly runnik.+ 12  Julle moeder het grootliks beskaamd gestaan.+ Sy wat aan julle geboorte gegee het, is teleurgestel.+ Kyk! Sy is die onbelangrikste van die nasies, ’n waterlose wildernis en ’n woestynvlakte.+ 13  Weens die verontwaardiging van Jehovah sal dit nie bewoon word nie,+ en dit sal in sy geheel ’n verlate woesteny word.+ Elkeen wat by Babilon verbygaan, sal in verbasing staar en fluit weens al sy plae.+ 14  “Stel julle aan alle kante teen Babilon op,+ julle almal wat die boog trap.+ Skiet na hom.+ Spaar geen pyl nie, want teen Jehovah het hy gesondig.+ 15  Hef aan alle kante ’n oorlogskreet teen hom aan.+ Hy het sy hand gegee.+ Sy pilare het geval. Sy mure is afgebreek.+ Want dit is die wraak van Jehovah.+ Wreek julle op hom. Doen aan hom net soos hy gedoen het.+ 16  Roei die saaier uit Babilon uit+ en die een wat die sekel in die oestyd hanteer. Weens die verdrukkende swaard sal elkeen hom tot sy eie volk wend, en hulle sal elkeen na sy eie land vlug.+ 17  “Israel is ’n rondgejaagde skaap.+ Leeus het hom verdryf.+ In die eerste geval het die koning van Assiʹrië hom verslind,+ en in hierdie laaste geval het Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, aan sy gebeente geknaag.+ 18  Daarom, só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Kyk, ek rig my aandag op die koning van Babilon en op sy land net soos ek my aandag op die koning van Assiʹrië gerig het.+ 19  En ek sal Israel na sy weiveld terugbring,+ en hy sal beslis op die Karmel+ en in Basan+ wei; en in die bergstreek van Eʹfraim+ en van Gilead+ sal sy siel versadig word.’” 20  “En in dié dae en in dié tyd”,+ is die woord van Jehovah, “sal die oortreding van Israel gesoek word,+ maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda,+ en hulle sal nie gevind word nie, want ek sal dié vergewe wat ek laat oorbly.”+ 21  “Teen die land Merataʹim—trek daarteen+ op en teen die inwoners van Pekod.+ Laat ’n slagting en vernietiging hulle inhaal”, is die woord van Jehovah, “en doen volgens alles wat ek jou beveel het.+ 22  Daar is die geluid van oorlog in die land en ’n groot verbreking.+ 23  Hoe is die smeehamer+ van die hele aarde tog afgekap en gebreek!+ Hoe het Babilon tog ’n blote voorwerp van verbasing onder die nasies geword!+ 24  Ek het vir jou ’n strik gestel, en jy is ook gevang, o Babilon, en jy het dit nie geweet nie.+ Jy is gevind en ook gegryp, want vir Jehovah het jy jou vererg.+ 25  “Jehovah het sy skatkamer oopgemaak en hy bring die wapens van sy veroordeling uit.+ Want die Soewereine+ Heer, Jehovah van die leërs, het ’n werk in die land van die Galdeërs.+ 26  Kom hom binne vanuit die verste streek.+ Maak sy graanskure oop.+ Stapel hom op, soos dié wat hope maak,+ en gee hom aan vernietiging oor.+ Laat hy geen oorblywendes hê nie.+ 27  Maak al sy jong bulle van kant.+ Laat hulle afgaan om geslag te word.+ Wee hulle, want hulle dag het gekom, die tyd dat daar aandag aan hulle geskenk word!+ 28  “Daar is die geluid van dié wat vlug en dié wat ontkom uit die land van Babilon,+ om in Sion die wraak van Jehovah ons God,+ die wraak vir sy tempel,+ aan te kondig. 29  “ROEP boogskutters teen Babilon op, almal wat die boog trap.+ Slaan rondom teen hom kamp op. Laat niemand ontkom nie.+ Vergeld hom volgens sy dade.+ Doen aan hom volgens alles wat hy gedoen het.+ Want teen Jehovah het hy vermetel gehandel, teen die Heilige van Israel.+ 30  Daarom sal sy jong manne op sy openbare pleine val,+ en selfs al sy krygsmanne sal in dié dag tot swye gebring word”,+ is die woord van Jehovah. 31  “Kyk! Ek is teen jou,+ o Vermetelheid”,+ is die woord van die Soewereine+ Heer, Jehovah van die leërs, “want jou dag sal kom, die tyd dat ek aandag aan jou sal skenk. 32  En Vermetelheid sal beslis struikel en val,+ en hy sal niemand hê om hom op te help nie.+ En ek sal ’n vuur in sy stede aansteek, en dit sal sy hele omgewing verteer.”+ 33  Só het Jehovah van die leërs gesê: “Die kinders van Israel en die kinders van Juda word saam onderdruk, en almal wat hulle gevange geneem het, het hulle vasgehou.+ Hulle het geweier om hulle te laat gaan.+ 34  Hulle Terugkoper is sterk,+ Jehovah van die leërs is sy naam.+ Hy sal vir seker hulle regsaak voer,+ om die land rus te gee+ en die inwoners van Babilon in beroering te bring.”+ 35  “Daar is ’n swaard teen die Galdeërs”,+ is die woord van Jehovah, “en teen die inwoners van Babilon+ en teen sy vorste+ en teen sy wyses.+ 36  Daar is ’n swaard teen die leë praatjiesmakers,+ en hulle sal beslis dwaas optree.+ Daar is ’n swaard teen sy sterk manne,+ en hulle sal verskrik word.+ 37  Daar is ’n swaard teen hulle perde+ en teen hulle strydwaens en teen die hele gemengde geselskap wat daarin is,+ en hulle sal beslis vroue word.+ Daar is ’n swaard teen sy skatte,+ en dit sal geplunder word. 38  Daar is ’n verwoesting oor sy waters, en dit sal opdroog.+ Want dit is ’n land van gesnede beelde,+ en weens hulle skrikwekkende visioene bly hulle waansinnig optree. 39  Daarom sal die bewoners van waterlose streke saam met die huilende diere bly, en die volstruise sal daarin bly;+ en dit sal nooit weer bewoon word nie, en ook sal dit van geslag tot geslag nie bly bestaan nie.”+ 40  “Soos by God se verwoesting van Sodom en van Gomorʹra+ en sy afhanklike dorpe”,+ is die woord van Jehovah, “sal geen mens daar bly nie, en ook sal die mensekind nie as ’n vreemdeling daarin woon nie.+ 41  “Kyk! Daar kom ’n volk uit die noorde; en ’n groot nasie+ en groot konings+ sal opgewek word uit die mees afgeleë dele van die aarde.+ 42  Boog en werpspies hanteer hulle.+ Hulle is wreed en sal geen barmhartigheid bewys nie.+ Hulle geluid is soos die see wat onstuimig is,+ en op perde sal hulle ry,+ soos een man opgestel vir oorlog teen jou, o dogter van Babilon.+ 43  “Die koning van Babilon het die berig oor hulle gehoor,+ en sy hande het slap geword.+ Daar is benoudheid! Hewige pyne het hom aangegryp, net soos ’n vrou wat geboorte gee.+ 44  “Kyk! Iemand sal soos ’n leeu uit die trotse ruigtes langs die Jordaan na die blywende woonplek opkom,+ maar in ’n oomblik sal ek hulle daarvandaan laat vlug.+ En die een wat uitgekies is, sal ek daaroor aanstel.+ Want wie is soos ek,+ en wie sal my uitdaag,+ en wie is tog die herder wat voor my kan standhou?+ 45  Daarom, HOOR die besluit+ van Jehovah wat hy teen Babilon geformuleer het+ en sy gedagtes wat hy teen die land van die Galdeërs uitgedink het.+ Die kleintjies van die kudde sal beslis rondgesleep word.+ Weens hulle sal hy hulle woonplek beslis woes laat word.+ 46  By die geluid dat Babilon verower is, sal die aarde beslis tot bewing gebring word,+ en ’n geskreeu sal onder die nasies gehoor word.”+

Voetnote