Jeremia 51:1-64

51  Só het Jehovah gesê: “Kyk, ek wek ’n verwoestende wind+ teen Babilon+ en teen die inwoners van Leb-Kamai op;  en ek sal wanners na Babilon stuur wat hom beslis sal wan en wat sy land sal leegmaak;+ want op die dag van rampspoed sal hulle aan alle kante teen hom wees.+  “Laat hom wat sy boog trap, nie trap nie.+ En laat niemand in sy pantser opstaan nie. “En julle moet geen medelye met sy jong manne betoon nie.+ Gee sy hele leër aan vernietiging oor.+  En hulle sal val, omgebring in die land van die Galdeërs+ en deurboor op sy strate.+  “Want Israel en Juda+ is nie in weduweeskap ten opsigte van hulle God, van Jehovah van die leërs nie.+ Want hulle land was vol skuld vanuit die standpunt van die Heilige van Israel.+  “VLUG uit Babilon uit,+ en laat elkeen aan sy siel ontkoming verskaf.+ Moenie deur sy oortreding leweloos gemaak word nie.+ Want dit is die tyd van wraak wat aan Jehovah behoort.+ Hy vergeld hom sy handelswyse.+  Babilon was in die hand van Jehovah ’n goue beker,+ wat die hele aarde dronk gemaak het.+ Van sy wyn het die nasies gedrink.+ Daarom bly die nasies waansinnig optree.+  Skielik het Babilon geval, sodat hy gebroke is.+ WEEKLAAG oor hom.+ Neem balsem vir sy pyn.+ Miskien sal hy gesond word.”  “Ons wou Babilon gesond maak, maar hy het nie gesond geword nie. VERLAAT hom+ en laat ons elkeen na sy eie land gaan.+ Want sy oordeel het tot aan die hemel gereik, en dit is tot by die bewolkte lug verhef.+ 10  Jehovah het dade van regverdigheid vir ons voortgebring.+ Kom en laat ons in Sion die werk van Jehovah ons God verkondig.”+ 11  “Maak skerp die pyle.+ VUL die ronde skilde. Jehovah het die gees van die konings van die Mede opgewek,+ want sy idee is teen Babilon,+ om hom te verwoes. Want dit is die wraak van Jehovah, die wraak vir sy tempel.+ 12  Rig ’n baken teen die mure van Babilon op.+ Versterk die wag.+ Sit die wagte uit. Maak die hinderlae gereed.+ Want Jehovah het nie net die idee gevorm nie, maar hy sal beslis ook doen wat hy teen die inwoners van Babilon gespreek het.”+ 13  “O vrou wat op groot waters woon,+ ryk aan skatte,+ jou einde het gekom, die maat+ van jou winsmakery.+ 14  Jehovah van die leërs het by sy eie siel gesweer:+ ‘Ek sal jou met mense vul, soos die sprinkane,+ en hulle sal beslis ’n gejuig oor jou aanhef.’+ 15  Hy is die Maker van die aarde deur sy krag,+ die Een wat die vrugbare land+ stewig vestig deur sy wysheid,+ en die Een wat die hemel uitgespan het+ deur sy verstand.+ 16  Wanneer hy sy stem laat hoor, laat hy waters in die hemel druis, en hy laat dampe van die einde van die aarde af opstyg.+ Hy het selfs sluise vir die reën gemaak,+ en hy bring die wind uit sy skatkamers te voorskyn. 17  Elke mens het hom so redeloos gedra dat hy niks weet nie.+ Elke metaalwerker sal hom beslis skaam vir die gesnede beeld;+ want sy gegote beeld is ’n leuen,+ en daar is geen gees in hulle nie.+ 18  Hulle is nietigheid,+ ’n bespotlike maaksel.+ In die tyd dat daar aandag aan hulle geskenk word, sal hulle vergaan.+ 19  “Die Deel van Jakob is nie soos hierdie dinge nie,+ want hy is die Formeerder van alles,+ ja, die staf van sy erfdeel.+ Jehovah van die leërs is sy naam.”+ 20  “Jy is vir my ’n knuppel, soos oorlogswapens,+ en deur jou sal ek nasies beslis verpletter, en deur jou sal ek koninkryke verwoes. 21  En deur jou sal ek die perd en sy ruiter verpletter, en deur jou sal ek die strydwa en sy ruiter verpletter.+ 22  En deur jou sal ek man en vrou verpletter, en deur jou sal ek ou man en seun verpletter, en deur jou sal ek jong man en maagd verpletter. 23  En deur jou sal ek die herder en sy kudde verpletter, en deur jou sal ek die landbouer en sy span diere verpletter, en deur jou sal ek goewerneurs en onderheersers verpletter. 24  En ek sal aan Babilon en aan al die inwoners van Galdeʹa al hulle slegtheid vergeld wat hulle in Sion voor julle oë bedryf het”,+ is die woord van Jehovah. 25  “Kyk, ek is teen jou,+ o verwoestende berg”,+ is die woord van Jehovah, “jy wat die hele aarde verwoes;+ en ek sal my hand teen jou uitsteek en jou van die kranse af wegrol en jou ’n uitgebrande berg maak.”+ 26  “En mense sal nie uit jou ’n klip vir ’n hoek of ’n klip vir fondamente neem nie,+ want jy sal verlate woestenye tot onbepaalde tyd word”,+ is die woord van Jehovah. 27  “RIG ’n baken in die land op.+ Blaas ’n horing onder die nasies. Heilig+ die nasies teen hom. Roep die koninkryke van Aʹrarat,+ Minni en Asʹkenas+ teen hom op. Stel ’n werwingsoffisier teen hom aan. Laat die perde+ soos stekelrige sprinkane opkom. 28  Heilig die nasies teen hom, die konings van Medië,+ die goewerneurs en al die onderheersers daarvan en die hele land waaroor elkeen heerskappy voer. 29  En laat die aarde bewe en ineenkrimp van pyn,+ want teen Babilon het die gedagtes van Jehovah opgekom, om die land van Babilon ’n voorwerp van verbasing te maak, sonder inwoner.+ 30  “Die sterk manne van Babilon het opgehou veg. Hulle het in die versterkte plekke bly sit. Hulle mag het opgedroog.+ Hulle het vroue geword.+ Sy woonplekke is aan die brand gesteek. Sy grendels is gebreek.+ 31  “Die een hardloper hardloop die ander hardloper tegemoet, en die een boodskapper die ander boodskapper,+ om vir die koning van Babilon te vertel dat sy stad aan alle kante ingeneem is,+ 32  en dat die driwwe beset is,+ en dat hulle die papirusbote met vuur verbrand het, en dat die krygsmanne ontsteld is.”+ 33  Want só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: “Die dogter van Babilon is soos ’n dorsvloer.+ Dit is die tyd om haar vas te stamp. Nog ’n klein rukkie en die oestyd sal vir haar kom.”+ 34  “Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, het my opgeëet;+ hy het my in verwarring gebring. Hy het my as ’n leë houer neergesit. Hy het my ingesluk soos ’n groot slang;+ hy het sy buik met my lieflike dinge gevul. Hy het my weggespoel. 35  ‘Mag die geweld wat my en my liggaam aangedoen is, op Babilon wees!’ sal die inwoonster van Sion sê.+ ‘En mag my bloed op die inwoners van Galdeʹa wees!’ sal Jerusalem sê.”+ 36  Daarom, só het Jehovah gesê: “Kyk, ek voer jou regsaak,+ en ek sal beslis vir jou wraak uitoefen.+ En ek sal sy see droogmaak, en ek sal sy putte laat opdroog.+ 37  En Babilon sal kliphope word,+ die lêplek van jakkalse,+ ’n voorwerp van verbasing en iets om oor te fluit, sonder inwoner.+ 38  Hulle sal almal saam soos jong maanhaarleeus brul. Hulle sal beslis soos leeuwelpies grom.” 39  “Wanneer hulle verhit is, sal ek hulle feesmale berei en hulle dronk maak, sodat hulle uitgelate word;+ en hulle sal ’n slaap slaap wat tot onbepaalde tyd duur, waaruit hulle nie wakker sal word nie”,+ is die woord van Jehovah. 40  “Ek sal hulle afbring soos skaapramme om geslag te word, soos ramme saam met die bokramme.”+ 41  “Hoe is Sesag tog ingeneem+ en hoe word die Lof van die hele aarde verower!+ Hoe het Babilon ’n blote voorwerp van verbasing onder die nasies geword!+ 42  Die see het oor Babilon opgekom. Deur die veelheid van sy golwe is hy bedek.+ 43  Sy stede het ’n voorwerp van verbasing geword, ’n waterlose land en ’n woestynvlakte.+ As ’n land sal hulle deur geen mens bewoon word nie, en geen mensekind sal deur hulle trek nie.+ 44  En ek sal my aandag op Bel+ in Babilon rig, en ek sal uit sy mond uithaal wat hy ingesluk het.+ En nasies sal nie meer na hom toe stroom nie.+ Ook sal die muur van Babilon val.+ 45  “Gaan uit hom uit, o my volk,+ en laat elkeen aan sy siel ontkoming verskaf+ van die brandende toorn van Jehovah.+ 46  Of anders sal julle hart vreesagtig wees,+ en julle sal bang word weens die berig wat in die land gehoor sal word. En in een jaar sal die berig kom, en daarna sal daar in ’n ander jaar die berig en geweld op die aarde en heerser teen heerser wees. 47  Daarom, kyk! daar kom dae, en ek sal my aandag op die gesnede beelde van Babilon rig;+ en sy hele land sal beskaamd staan, en al sy gesneuweldes sal in hom val.+ 48  “En oor Babilon sal die hemel en die aarde en alles wat in hulle is, beslis met vreugde uitroep,+ want uit die noorde sal die plunderaars na hom toe kom”,+ is die woord van Jehovah. 49  “Babilon was nie net die oorsaak dat die gesneuweldes van Israel geval het nie,+ maar in Babilon het ook die gesneuweldes van die hele aarde geval.+ 50  “Julle wat aan die swaard ontkom het, gaan verder. Moenie bly staan nie.+ Dink uit die verte aan Jehovah,+ en laat Jerusalem in julle hart opkom.”+ 51  “Ons is beskaamd gemaak,+ want ons het smaadwoorde gehoor.+ Vernedering het ons gesig bedek,+ want vreemdelinge het teen die heiligdomme van die huis van Jehovah gekom.”+ 52  “Daarom, kyk! daar kom dae”, is die woord van Jehovah, “en ek sal my aandag op sy gesnede beelde rig,+ en in sy hele land sal die deurboorde kreun.”+ 53  “Al sou Babilon na die hemel opklim+ en al sou hy die hoogte van sy sterkte ontoeganklik maak,+ van my af sal die plunderaars na hom toe kom”,+ is die woord van Jehovah. 54  “Luister! Daar is ’n geskreeu uit Babilon+ en ’n groot ineenstorting uit die land van die Galdeërs,+ 55  want Jehovah plunder Babilon, en hy sal beslis uit hom die groot stem laat verdwyn,+ en hulle golwe sal onstuimig wees soos baie waters.+ Die gedruis van hulle stem sal beslis weerklink. 56  Want die plunderaar sal oor hom, oor Babilon, kom,+ en sy sterk manne sal beslis gevange geneem word.+ Hulle boë sal verbrysel word,+ want Jehovah is ’n God van vergelding.+ Vir seker sal hy vergeld.+ 57  En ek sal sy vorste en sy wyses, sy goewerneurs en sy onderheersers en sy sterk manne dronk maak,+ en hulle sal ’n slaap slaap wat tot onbepaalde tyd duur, waaruit hulle nie wakker sal word nie”,+ is die woord van die Koning,+ wie se naam Jehovah van die leërs is.+ 58  Só het Jehovah van die leërs gesê: “Hoewel die muur van Babilon breed is, sal dit vir seker gesloop word;+ en hoewel sy poorte hoog is, sal dit met vuur aan die brand gesteek word.+ En die volke sal eenvoudig verniet moet swoeg,+ en die volksgroepe eenvoudig vir die vuur;+ en hulle sal hulle net vermoei.” 59  Die woord wat die profeet Jeremia Seraʹja, die seun van Neriʹa,+ die seun van Magseʹja,+ beveel het toe hy saam met Sedekiʹa, die koning van Juda, na Babilon gegaan het, in die vierde jaar van sy koningskap; en Seraʹja was die kwartiermeester. 60  En Jeremia het in een boek al die rampspoed geskryf+ wat oor Babilon sou kom, ja, al hierdie woorde wat teen Babilon geskryf is. 61  Verder het Jeremia vir Seraʹja gesê: “Sodra jy by Babilon kom en hom sien, dan moet jy al hierdie woorde voorlees.+ 62  En jy moet sê: ‘O Jehovah, u het teen hierdie plek gespreek, om dit te verwoes sodat geen inwoner daarin sal wees nie,+ hetsy mens of mak dier, maar dat dit tot onbepaalde tyd net verlate woestenye sal word.’ 63  En wanneer jy hierdie boek klaar gelees het, moet jy ’n klip daaraan vasbind en dit in die Eufraat gooi.+ 64  En jy moet sê: ‘So sal Babilon sink en nooit weer opkom nie weens die rampspoed wat ek oor hom bring;+ en hulle sal hulle beslis vermoei.’”+ Tot sover die woorde van Jeremia.

Voetnote