Jeremia 52:1-34

52  Sedekiʹa+ was een-en-twintig jaar oud toe hy begin regeer het,+ en hy het elf jaar in Jerusalem regeer.+ En die naam van sy moeder was Hamuʹtal,+ die dogter van Jeremia, uit Libna.+  En hy het bly doen wat sleg was in die oë van Jehovah,+ volgens alles wat Joʹjakim+ gedoen het.  Want weens die toorn van Jehovah het dit oor Jerusalem en Juda gekom, totdat hy hulle van sy aangesig af weggewerp het.+ En Sedekiʹa het teen die koning van Babilon in opstand gekom.+  Uiteindelik, in die negende jaar van sy koningskap,+ in die tiende maand, op die tiende dag van die maand, het Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, hy en sy hele krygsmag, teen Jerusalem gekom,+ en hulle het begin om daarteen kamp op te slaan en daarteen ’n beleëringsmuur rondom te bou.+  So het die stad onder beleëring gekom tot die elfde jaar van koning Sedekiʹa.+  In die vierde maand, op die negende dag van die maand,+ het die hongersnood ook swaar geword in die stad en was daar geen brood vir die volk van die land nie.+  Uiteindelik is daar tot in die stad deurgebreek;+ en wat al die krygsmanne betref, hulle het begin vlug+ en in die nag uit die stad uitgegaan deur die poort tussen die twee mure wat by die koning se tuin is,+ terwyl die Galdeërs rondom teen die stad was; en hulle het gegaan met die pad na die Aʹraba.+  En ’n krygsmag van die Galdeërs het die koning agternagesit,+ en hulle het Sedekiʹa+ in die woestynvlaktes van Jeʹrigo ingehaal; en sy hele krygsmag is van hom af verstrooi.+  Toe het hulle die koning gevange geneem en hom gebring na die koning van Babilon,+ in Ribla,+ in die land Hamat,+ sodat hy regterlike beslissings oor hom kon uitspreek.+ 10  En die koning van Babilon het die seuns van Sedekiʹa voor sy oë doodgemaak,+ en ook al die vorste van Juda het hy in Ribla doodgemaak.+ 11  En hy het die oë van Sedekiʹa verblind,+ waarna die koning van Babilon hom met koperboeie gebind en na Babilon gebring+ en in die huis van bewaking gesit het tot die dag van sy dood. 12  En in die vyfde maand, op die tiende dag van die maand, dit wil sê in die negentiende jaar van koning Nebukadreʹsar,+ die koning van Babilon, het Nebusaraʹdan,+ die hoof van die lyfwag, wat voor die koning van Babilon gestaan het, in Jerusalem gekom. 13  En hy het die huis van Jehovah+ en die huis van die koning en al die huise van Jerusalem verbrand;+ en elke groot huis het hy met vuur verbrand.+ 14  En die hele krygsmag van die Galdeërs wat by die hoof van die lyfwag was, het al die mure van Jerusalem rondom afgebreek.+ 15  En Nebusaraʹdan, die hoof van die lyfwag, het party van die geringes van die volk en die res van die volk wat in die stad oorgebly het+ en die oorlopers wat na die koning van Babilon oorgeloop het en die res van die meesterwerkers, in ballingskap weggevoer.+ 16  En Nebusaraʹdan, die hoof van die lyfwag, het party van die geringes van die land as wingerdarbeiders en as dwangarbeiders laat agterbly.+ 17  En die Galdeërs het die koperpilare+ wat tot die huis van Jehovah behoort het en die waentjies+ en die kopersee+ wat in die huis van Jehovah was, in stukke gebreek en al die koper daarvan na Babilon weggevoer.+ 18  En hulle het die kanne en die skoppe+ en die blussers+ en die bakke+ en die bekers en al die kopervoorwerpe waarmee hulle gedien het, geneem.+ 19  En die hoof van die lyfwag het die komme+ en die vuurbakke en die bakke+ en die kanne en die lampstaanders+ en die bekers en die bakke wat van egte goud was,+ en dié wat van egte silwer was,+ geneem.+ 20  En die twee pilare,+ die een see+ en die twaalf koperbulle+ wat onder die see was, die waentjies, wat koning Salomo vir die huis van Jehovah gemaak het.+ Die gewig van die koper—van al hierdie voorwerpe—is nie bereken nie.+ 21  En wat die pilare betref, agtien el was die hoogte van elke pilaar,+ en ’n draad van twaalf el kon dit omspan;+ en die dikte daarvan was vier vingerbreedtes; dit was hol. 22  En die kapiteel daarop was van koper,+ en die hoogte van die een kapiteel was vyf el;+ en wat die netwerk en die granate rondom op die kapiteel betref,+ dit alles was van koper; en die tweede pilaar het dieselfde gehad, ook die granate.+ 23  En daar was ses-en-negentig granate aan die kante, terwyl daar altesaam honderd granate rondom op die netwerk was.+ 24  Daarbenewens het die hoof van die lyfwag die hoofpriester Seraʹja+ en die tweede priester Sefanʹja+ en die drie deurwagters+ geneem, 25  en uit die stad het hy een hofbeampte geneem wat oor die krygsmanne aangestel was, en sewe manne van dié wat toegang tot die koning gehad het,+ wat in die stad gevind is, en die sekretaris van die leërhoof, wat die volk van die land opgeroep het, en sestig manne van die volk van die land, wat binne-in die stad gevind is.+ 26  En Nebusaraʹdan,+ die hoof van die lyfwag, het hulle geneem en hulle na die koning van Babilon in Ribla+ gebring. 27  En die koning van Babilon het hulle neergeslaan+ en hulle doodgemaak in Ribla,+ in die land Hamat.+ So het Juda uit sy land in ballingskap gegaan.+ 28  Dít is die mense wat Nebukadreʹsar in ballingskap weggevoer het: in die sewende jaar, drieduisend-drie-en-twintig Jode.+ 29  In die agtiende jaar van Nebukadreʹsar+ was daar uit Jerusalem agthonderd-twee-en-dertig siele. 30  In die drie-en-twintigste jaar van Nebukadreʹsar het Nebusaraʹdan, die hoof van die lyfwag, Jode in ballingskap weggevoer: sewehonderd-vyf-en-veertig siele.+ Al die siele was vierduisend-seshonderd. 31  Uiteindelik, in die sewe-en-dertigste jaar van die ballingskap van Joʹjagin,+ die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die vyf-en-twintigste dag van die maand, het Eʹwil-Meroʹdag, die koning van Babilon, in die jaar toe hy koning geword het, die hoof+ van Joʹjagin, die koning van Juda, verhef en hom uit die gevangenis uitgebring. 32  En hy het goeie woorde met hom begin spreek en sy troon verhef bo die trone van die ander konings wat saam met hom in Babilon was.+ 33  En hy het sy gevangenisklere uitgetrek,+ en hy het voortdurend brood+ voor hom geëet, al die dae van sy lewe.+ 34  En wat sy toegewese deel betref, ’n toegewese deel van die koning van Babilon af is voortdurend aan hom gegee, daagliks as sy deel, tot die dag van sy dood,+ al die dae van sy lewe.

Voetnote