Jeremia 6:1-30

6  Soek skuiling, o kinders van Benjamin, vlug uit Jerusalem uit; en blaas die horing+ in Tekoʹa.+ En laat ’n vuursein oor Bet-Hakkeʹrem+ opgaan; want rampspoed het uit die noorde afgekyk, ja, ’n groot ineenstorting.+  Die dogter van Sion het inderdaad die voorkoms gehad van ’n lieflike en verwende vrou.+  Die herders en hulle kuddes het na haar toe gekom. Rondom haar het hulle hulle tente teen haar opgeslaan.+ Hulle het elkeen sy deel afgewei.+  Teen haar het hulle oorlog geheilig:+ “Staan op, en laat ons op die middaguur optrek!”+ “Wee ons, want die dag het gedaal, want die aandskaduwees word al langer!”  “Staan op, en laat ons in die nag optrek en haar woontorings verwoes.”+  Want só het Jehovah van die leërs gesê: “Kap hout+ en werp ’n beleëringskans teen Jerusalem op.+ Dit is die stad waarvan rekenskap geëis moet word.+ Daarin is niks anders as verdrukking nie.+  Soos ’n reënput sy water koel hou, so het die stad sy slegtheid koel gehou. Geweld en plundering word daarin gehoor;+ siekte en plaag is voortdurend voor my aangesig.  Laat jou teregwys,+ o Jerusalem, sodat my siel hom nie vol afkeer van jou afwend nie;+ sodat ek jou nie ’n verlate woesteny, ’n onbewoonde land, maak nie.”+  Só het Jehovah van die leërs gesê: “Hulle sal vir seker die oorblyfsel van Israel net soos ’n wingerdstok afoes.+ Bring jou hand weer soos ’n druiweplukker oor die wingerdstok se hegranke.” 10  “Wie sal ek toespreek en waarsku, sodat hulle kan hoor? Kyk! Hulle oor is onbesnede, sodat hulle nie aandag kan skenk nie.+ Kyk! Die woord van Jehovah het vir hulle ’n smaad geword;+ hulle kan geen behae daarin skep nie.+ 11  En ek het vol geword van die woede van Jehovah. Ek het moeg geword om my in te hou.”+ “Giet dit tegelykertyd uit op die kind in die straat+ en op die intieme groep jong manne; want hulle sal ook gevang word, ’n man saam met sy vrou, ’n ou man saam met iemand wie se dae hulle volle duur bereik het.+ 12  En hulle huise sal beslis aan ander gegee word, die lande en die vrouens tegelykertyd.+ Want ek sal my hand uitsteek teen die inwoners van die land”, is die woord van Jehovah.+ 13  “Want van die geringste onder hulle tot selfs die grootste onder hulle maak almal onregverdige wins;+ en van die profeet tot selfs die priester tree almal bedrieglik op.+ 14  En hulle probeer om die breuk van my volk oppervlakkig te genees+ deur te sê: ‘Daar is vrede! Daar is vrede!’ terwyl daar geen vrede is nie.+ 15  Het hulle hulle geskaam omdat hulle iets verfoeiliks gedoen het?+ In die eerste plek skaam hulle hulle gewis nie; in die tweede plek weet hulle nie eens hoe om verneder te voel nie.+ Daarom sal hulle val onder dié wat val;+ in die tyd dat ek van hulle rekenskap sal eis, sal hulle struikel”, het Jehovah gesê. 16  Só het Jehovah gesê: “STAAN stil op die weë en kyk, en vra na die paaie van lank gelede, waar die goeie weg tog is;+ en wandel daarop+ en vind rus vir julle siel.”+ Maar hulle het bly sê: “Ons sal nie daarop wandel nie.”+ 17  “En ek het wagte oor julle verwek:+ ‘Skenk aandag aan die geluid van die horing!’”+ Maar hulle het bly sê: “Ons sal nie aandag skenk nie.”+ 18  “Daarom, hoor, o nasies! En weet, o vergadering, wat daar onder hulle sal wees. 19  Luister, o aarde! Kyk, ek bring rampspoed oor hierdie volk+ as die vrug van hulle gedagtes,+ want hulle het geen aandag aan my woorde geskenk nie; en my wet—ook dit het hulle bly verwerp.”+ 20  “Wat maak dit vir my saak dat jy selfs wierook uit Skeba+ bring en die goeie riet uit ’n ver land? Julle heelbrandoffers bring geen behae nie,+ en julle offerandes was nie vir my aangenaam nie.”+ 21  Daarom, só het Jehovah gesê: “Kyk, ek lê struikelblokke voor hierdie volk,+ en hulle sal beslis daaroor struikel, vaders en seuns tesame; die buurman en sy metgesel—hulle sal omkom.”+ 22  Só het Jehovah gesê: “Kyk! ’n Volk kom uit die land van die noorde, en ’n groot nasie sal opgewek word uit die mees afgeleë dele van die aarde.+ 23  Na die boog en die werpspies sal hulle gryp.+ Dit is ’n wrede volk, en hulle sal geen medelye hê nie. Hulle stem sal weerklink soos die see,+ en op perde sal hulle ry.+ Dit is in slagorde opgestel soos ’n krygsman teen jou, o dogter van Sion.”+ 24  Ons het die berig daaroor gehoor. Ons hande het slap geword.+ Benoudheid het ons aangegryp, geboortepyne soos dié van ’n vrou wat geboorte gee.+ 25  Moenie uitgaan in die veld nie, en moenie op die pad loop nie; want daar is die swaard wat aan die vyand behoort, daar is skrik rondom.+ 26  O dogter van my volk, omgord jou met saklinne+ en rol in die as.+ Laat jou rou soos dié oor ’n enigste kind wees, die geweeklaag van bitterheid;+ want skielik sal die plunderaar oor ons kom.+ 27  “Ek het jou as ’n metaaltoetser onder my volk gestel, iemand wat deeglik ondersoek instel; en jy moet oplet en jy moet hulle weg ondersoek.+ 28  Hulle is almal die hardkoppigste mense,+ wat as lasteraars rondgaan+—koper en yster. Hulle is almal verderflik.+ 29  Die blaasbalk+ is geskroei. Uit die vuur daarvan kom lood.+ Daar is eenvoudig verniet intensief gelouter, en die slegtes is nie afgeskei nie.+ 30  Verworpe silwer sal mense hulle beslis noem,+ want Jehovah het hulle verwerp.”+

Voetnote